Está en la página 1de 89

FP Sc AFRcover 5/1/08 5:07 PM Page 2

Natuurwetenskappe
ONDERSOEKE

met Grondslagfase-leerders

© Western Cape Primary Science Programme (PSP) 2008


1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 1

Natuurwetenskappe

ONDERSOEKE
met Grondfase-leerders

Baie van die idees in hierdie boekie het hul ontstaan te danke aan ’n lang samewerking
tussen Alan en Viv Kenyon. Ons het lank ’n passie vir primêre onderwys en primêre
onderwyserontwikkeling gedeel. Dit dateer uit die progressiewe 1960’s, toe ons begin
onderwys gee het, tot die vroeë 1970’s saam in Londen. Dit het voortgeduur by
Lovedale in Alice en toe by Cape College in Fort Beaufort, waar kollegas en studente
baie van hierdie idees help groei en gekontekstualiseer het. Latere werk met onder-
wysers en in die klaskamer het die praktiese gepastheid van hierdie werk help verfyn.

Vertaling: Ronél Gouws Uitleg: Welma Odendaal


1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 2

Inhoud
Inleiding . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . 3
Afdeling 1
Wat is die beste manier om ys te laat verdwyn? . . . . . . . . . . . . .6
Ondersoek klei . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .10
Ondersoek brood . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .14
Afdeling 2
Ondersoek goggas . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .20
Ondersoek plante . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .28
Afdeling 3
Op hoeveel maniere kan ons ’n flitslig laat brand? . . . . . . . . . . .36
Ondersoek stoot en trek . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .42
Afdeling 4
Ondersoek die fases van die Maan . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .50
Ondersoek die weer . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .55
Slot . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .64
Bylae . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .65

Nasionale Kurrikulumverklaring
Natuurwetenskappe – Grondslagfase
Leeruitkoms 1
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer,
en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en
probleme op te los.
1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 3

Inleiding
In 2004 het die Grondslagfase-onderwysers van nege laerskole in die suidelike
distrik as deel van die MSET-projek saam met die PSP begin werk om
Natuurwetenskap-ondersoeke met hul leerders te ontwikkel en te toets. Die
projek is befonds deur die Shuttleworth-stigting. Hierdie boekie is ’n resultaat
van ons gesamentlike werk oor drie jaar.
Wat is in hierdie boekie?
In hierdie boekie is die nege ondersoeke wat ons met leerders uitgevoer het,
uiteengesit. Hierdie ondersoeke het goed gewerk met leerders in graad R tot
graad 3. Jy sal voorstelle vind vir die gebruik van beskikbare, alledaagse
materiaal om jou te help om hierdie nege ondersoeke met jou klas uit te voer.
Die struktuur van die boekie
Ons begin met ’n fokus op die stel van vrae. Dan is die boekie in vier afdelings
verdeel. Elke afdeling fokus op een van die inhoudsvelde in die
Ys, klei en brood
Natuurwetenskappe-kurrikulum in die Nasionale Kurrikulumverklaring.
Die inhoudsvelde is:
I Materie en Materiale
I Lewe en Lewenswyse
I Energie en Verandering
I Die Aarde en daar buite.
In die NKV word die volgende name vir die vier inhoudsvelde gebruik:
I Die Lewe en Lewende Dinge
I Energie en Verandering Goggas en plante
I Die Aarde en die Ruimte
I Materie en Materiaal/Stowwe.
Die eerste afdeling fokus op Materie en Materiale. In hierdie afdeling sal jy
riglyne vir drie ondersoeke vind: ys, klei en brood.
In die tweede afdeling, Lewe en Lewenswyse, verskyn twee ondersoeke wat jy
met jou leerders kan uitvoer: goggas en plante. Elektrisiteit en
beweging
Die derde afdeling, Energie en Verandering, het voorstelle vir twee ondersoeke:
elektrisiteit en beweging.
In die laaste afdeling, Die Aarde en daar buite, stel ons maniere voor om die
fases van die Maan en die weer te ondersoek.
Hoe om hierdie boekie te gebruik
Moenie voel dat jy van voor tot agter deur hierdie boekie moet werk nie. Wees
vry om stukkies uit te kies. Kies ’n ondersoek om met jou leerders uit te voer
waarin jy geïnteresseerd is en wat hulle sal interesseer. Dink ook aan wat sal
inpas by enige projek of tema waarby jou klas of skool betrokke is. Hierdie Fases van die Maan en
boekie is bedoel as ’n hulpmiddel en om riglyne te verskaf. Dit is nie bedoel die weer
om ’n stel reëls te wees nie. Vertrou jouself en jou leerders.

INLEIDING 3
1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 4

Een ding waaraan jy sal moet dink, is die weer en die tyd van jaar wanneer jy
sekere onderwerpe ondersoek. Byvoorbeeld, die winter sal dalk nie die beste
tyd wees om plante of klein diere te ondersoek nie omdat hulle nie so
beskikbaar is nie.
Ons hoop jy sal die voorstelle prakties en inspirerend vind. Ons hoop ook jy
sal, soos ons, vind dat Natuurwetenskappe ’n fassinerende en wonderlike
leerarea van die kurrikulum is om met jou leerders te ondersoek. Wetenskap
kan ’n sterk grondslag wees en dit kan met goeie, geïntegreerde werk oor die
breë Grondslagfase-kurrikulum skakel.

Die stel van vrae


Dikwels in klaskamers is dit onderwysers wat geneig is om vrae te vra. As
onderwysers verwag ons dan dat ons leerders die vrae moet beantwoord. Óns
glo dat as ’n kurrikulum werklik kindgesentreerd is, ons ons leerders
geleenthede moet gee om vrae te stel. Ons moet seker maak dat hulle baie
kanse het om die vrae wat hulle het te vra. Hulle het ook geleenthede nodig om
hul eie vrae te ondersoek.

ys vandaan?
Waar kom Hoe kom water in
n
’ kraan?
e i pa rty
om gro r ond
ar ie g
Wa e bo d r die
t
groen der onde
en an rond? Waar
kom s
g aad va
Waa ndaan
r ko ?
m w
olke
vand
aan?

eit gem aak?


w o rd elektrisit
Hoe

Waar kom die reën vandaan?

Waa
maa rom aak
n so is di
e Wat m
ms
ske weerlig?
ef?

4 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 5

Jy sal vind dat ons in hierdie boekie dikwels maniere voorstel om leerders aan
te moedig om te dink en om vrae te stel, en selfs om meer vrae te vra. Ons
hoef nie bang te wees dat die leerders vrae sal stel wat ons nie kan beantwoord
Ons stel dikwels nie. Ons hoef nie al hul vrae te beantwoord wanneer hulle dit stel nie.
maniere voor
Dit is regtig belangrik dat ons leerders tyd het om oor sommige van hul vrae na
om leerders aan te dink. Hulle het tyd nodig om aan moontlike antwoorde te dink, om oor die
te moedig om te vrae te wonder en aan moontlike antwoorde te dink. Later wanneer hulle meer
dink en om vrae leer oor wat hulle wil weet, sal hulle die antwoorde ontdek, en ware leer sal
plaasvind. Onthou, wie voorbereid is, ontdek meer. Leerders wat tyd gehad het
te stel.
om oor dinge na te dink, sal gereed wees om te ontdek en te leer omdat hulle
tyd gehad het om oor moontlikhede te wonder.

INLEIDING 5
1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 6

AFDELING 1
Materie en Materiale
Wat is die beste manier om ys te laat
verdwyn?

Hoe om ys te laat
verdwyn, was die
eerste ondersoek wat
ons in die MSET-projek
met Grondslagfase-leerders
uitgevoer het. Dit was ’n baie goeie
manier om te begin en het die ondersoek
behels van iets wat amper alle leerders ken. Die
vraag waarmee ons begin het (Wat is die beste manier om
ys te laat verdwyn?), het gespruit uit die vrae wat onderwysers voor
die eerste werkswinkel by hul leerders gekry het.
Beplan en berei voor vir die ondersoek
Wanneer jy hierdie ondersoek uitvoer, sal jy moet seker maak dat jy genoeg
ysblokkies het sodat elke paar of groepie van drie leerders ’n ysblokkie het. Jy
sal ook moet seker maak dat al die ysblokkies min of meer ewe groot is. Jy sal
moet dink hoe jy die ysblokkies bevrore gaan hou tot jy dit wil gebruik. Een
moontlikheid is om ’n vakuumfles te gebruik. Ons het gevind dat dit ook baie
nuttig is om genoeg polistireenbekers te hê sodat elke paar hul ysblokkie aan
die begin in ’n bekertjie kan hou.

6 FOUNDATION PHASE SCIENCE


1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 7

Maak seker die leerders is aktief


Ons stel voor dat jy ’n dag of twee voor die tyd deur die
hele ondersoek lees. Watter probleme sal jou leerders
waarskynlik teëkom, dink jy? Wat sal jy dalk moet doen
om jou leerders te help? Hoe kan jy seker maak dat jou
leerders die ondersoek uitvoer? Dit is nie ’n demonstrasie
nie. Ons moet vertrou dat die leerders weetgierig, vinding-
ryk en skeppend is. Húlle moet die ondersoek uitvoer.
Hulle moet die aktiwiteit besit. Jou belangrike rol is om
hulle te lei en te ondersteun wanneer jy voel hulle het
hulp nodig.
As die ondersoek nie heeltemal verloop soos jy gehoop of
beplan het nie, maak dit nie saak nie. Laat jou leerders die
ondersoek weer uitvoer. Wetenskaplikes doen hul onder-
soeke gewoonlik meer as een keer. Hulle verander, pas aan
en kontroleer wat hulle doen en wat gebeur. Jou leerders
sal dus soos wetenskaplikes optree!
Wat sal jou leerders waarskynlik doen?
Jy ken jou leerders. Probeer om te voorspel wat hulle gaan doen. Dink aan
waaraan hulle waarskynlik sal dink en wat hulle sal probeer doen om hul
ysblokkie vinnig te laat smelt. Dit sal jou met jou voorbereiding help. Wat die
leerders besluit en beplan om te doen sal moontlik ’n aanduiding van hul
vroeëre kennis wees. Byvoorbeeld, sommige leerders kan dalk die ys in die son
sit. Ander kan dalk hul ysblokkie op ’n donkerkleurige ding in die son sit.
Ander kan weer die ysblokkie fynmaak of dit kou. Party leerders kan selfs
stukkies op die grond laat smelt. Wees oopkop. Verwag dat jou leerders jou
gaan verras met wat hulle doen.
Wat is die beste maniere om ys heeltemal te laat
verdwyn?
Wanneer ons ’n ondersoek beplan, begin ons met ’n vraag. Waar kom ys
vandaan? Waarheen gaan ys? In hierdie geval is ons vraag: Wat is die beste
maniere om ys heeltemal te laat verdwyn? Wie kan hul ysblokkie die vinnigste
laat verdwyn? Dit is ’n bietjie soos ’n resies.
Taak 1
Begin deur jou leerders om jou by-
mekaar te maak. As jy ’n gedeelte met
’n mat in jou klaskamer het, kan jou
leerders daar sit. As jy nie ’n spesiale
hoekie vir lees en stories het nie, kan
jou leerders hul stoele bymekaar skuif
en jy kan by hulle sit vir ’n bespreking.
Jy kan met ’n storie of met ’n bespre-
king oor die weer begin, veral oor warm
weer, en dan oor ysblokkies begin praat.
Vra jou leerders wat hulle van ys weet.
Teken hul reaksies in die vorm van ’n
spinnekopdiagram of ’n kopkaart op
koerantpapier of op die bord aan.

LEWE EN LEWENSWYSE 7
1-FP ScAFR 5/4/08 3:41 PM Page 8

Taak 2
Graad R en Graad 1
As jy met graad R- of graad 1-leerders werk, gee hulle baie noukeurige
instruksies oor wat jy wil hê hulle moet doen. Ons stel voor dat jy vir hulle
presies sê wat jy wil hê hulle moet doen. Sê dat julle as ’n klas gaan probeer
uitvind wat die beste en vinnigste maniere is om ’n blokkie ys te laat smelt.
Verduidelik dan jy wil hê hulle moet in pare werk en jy gaan vir elke paar ’n
blokkie ys gee. Vertel hulle dat julle almal buitentoe sal gaan en jy wil hê hulle
moet kyk wie die beste maniere kan kry om ys heeltemal te laat verdwyn.
Herinner hulle om aan die vinnigste maniere te probeer dink.
Neem jou leerders buitentoe. Laat hulle ’n maat kry of
verdeel hulle in pare. Gee aan elke paar ’n ysblokkie in ’n
polistireenbeker. Jy sal moet besluit hoe ver van die
klaskamer jy hulle gaan neem. Jy kan besluit om op die
speelgrond te werk sodat julle nie die ander klasse hinder
nie. Dit is dalk moontlik om net buite jou klaskamer te
werk. Jy sal ook moet seker maak dat jy elke paar
waarneem. Moedig jou leerders aan om aan verskillende
maniere te dink om hul ys te laat smelt.
Wanneer die meeste van die leerders hul ysblokkies laat
smelt het, neem jy hulle terug klas toe om te bespreek wat
hulle gedoen het en wat hulle uitgevind het.
Graad 2 en Graad 3
As jou leerders reeds ’n jaar of twee op skool is, stel ons
voor dat jy hulle tyd gee om in hul groepies van twee of drie
te beplan om hul ondersoek in twee stadiums uit te voer.
I Sê eerstens hulle moet ’n kort rukkie dink en praat oor
wat hulle kan doen.
I Sê dan hulle moet ’n plan opstel vir wat hulle gaan doen.
Moedig hulle aan om te voorspel wat moontlik kan
gebeur. Beperk die tyd vir hierdie twee take. Dink is
belangrik, maar jy wil ook hê hulle moet hul idees en
planne uittoets.
I Sê volgende vir hulle om hul ondersoek uit te voer.
Verduidelik dat jy wil hê hulle moet waarneem wat
gebeur. Herinner hulle om aan te teken wat hulle sien.
Soos in die geval van die jonger leerders, stel ons voor dat jy
jou leerders vir hierdie ondersoek buitentoe neem. Gee aan
elke paar of groep van drie ’n ysblokkie in ’n polistireen-
beker. Maak seker dat jy kan waarneem wat elke groepie
doen, en dat jy beskikbaar is om die leerders wat sukkel te
help en aan te moedig.
Terwyl hulle wag dat hul ysblokkie smelt, moet hulle dit
dophou en verslag doen oor hoe dit vorder: “Dit het ’n
bietjie gesmelt”, “Dit is halfpad gesmelt”, “Dit is heeltemal
gesmelt”, ensovoorts. Graad 2’s en graad 3’s kan ’n horlosie
gebruik om te meet hoe lank hul ysblokkie neem om te
smelt.

8 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 9

Wat het ons geleer?


Maak jou leerders weer bymekaar vir
’n bespreking. Herinner hulle om hul
planne met mekaar te deel. Vra:
I Wat het julle gedink sal gebeur
voor julle probeer het om die ys te
laat smelt?
I Wat het julle uitgevind? Waarom
het dit gebeur soos dit gebeur het,
dink julle?
I Wat laat ys vinnig verdwyn?
I Waarheen gaan die water?
I Wat het ons geleer?

Die wetenskap van smelting en verdamping


I Smelting is ’n naam vir die proses wanneer ’n vaste stof na ’n
vloeistof verander. Botter smelt. Roomys smelt. Sjokolade smelt.
Ys smelt.
I Verdamping is die term vir die volgende verandering in toestand
wanneer ’n vloeistof lyk asof dit in ’n gas of damp verdwyn.

Laat jou leerders probeer verduidelik wat gebeur het en


waarom. Wanneer hulle dit doen, stel die leerders ’n hipotese
op – of ontwikkel ’n teorie – oor waarom dit gebeur het. Wat
sal gebeur as die leerders die ys kou? As dit gebeur, vra:
Waarheen het die ys gegaan? En toe? Uiteindelik kan jy vra: Wat
Die belangrikste ding gebeur wanneer ons sweet? Dit sal leerders aanmoedig om
is om jou leerders verbande met ander ervarings te trek. Byvoorbeeld, hoe raak
aan te moedig om te wasgoed aan ’n wasgoeddraad droog?
dink, te dink en nog Moenie bekommerd daaroor wees om al die “regte” antwoorde
te dink. te kry nie. Die belangrikste ding is om jou leerders aan te
moedig om te dink, te dink en nog te dink. Hierdie bespreking
is ’n baie waardevolle deel van die ondersoek. Jy lei die leerders
om na te dink oor wat hulle gedoen het en wat hulle gevind
het. Jy help hulle om hul ervarings en gedagtes uit te druk.
Wanneer hulle iets doen (die proses), sal hulle doeltreffend leer.

LEWE EN LEWENSWYSE 9
1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 10

Ondersoek klei
Die “voel-boks” – integreer taal en
wetenskap
’n “Voel-boks” of “voel-sakkie” is ’n baie nuttige hulpmiddel
vir enige laerskoolonderwyser. Dit is ’n boks of sakkie met
verskeie voorwerpe daarin. Die idee is dat iemand hul
hand(e) daarin moet kan sit en aan iets voel sonder dat
enigiemand kan sien wat hulle in hul hand het. ’n Leë
5 liter-vrugtesaphouer of ’n leë boks (met sy deksel) waarin
fotokopieerpapier was, werk goed. Dit werk die beste as
daar twee gate aan weerskante van die boks is sodat
leerders albei hande in die boks kan sit om beter te kan voel
wat hulle vashou.
Jy kan ’n voel-boks (of voel-sakkie) gebruik om jou leerders se
gebruik van beskrywende taal te ontwikkel en uit te brei. Jy kan
dit ook vir Gesyferdheid, Wetenskap en Lewensvaardighede
gebruik. Aangesien hierdie afdeling op Materie en Materiale
fokus, is ’n voel-boks regtig waardevol om jong leerders aan die
eienskappe van materie en materiaal/stowwe te laat dink.
Voor jy die voel-boks met jou leerders gebruik, moet jy beplan wat
jy vir hierdie geleentheid daarin kan sit. Sit bekende voorwerpe
met verskillende teksture en vorms daarin. Vir graad 2’s en 3’s
kan jy voorwerpe met verskillende teksture en vorms daarin sit.
Jy kan byvoorbeeld ’n tandeborsel, tennisbal, ’n spons of
skuurder, ’n naelborseltjie, ’n klip, ’n potlood of ’n pen en ’n
kam daarin sit.
Ondersoek materie deur te voel
Alle grade
Die eerste keer wat jy ’n voel-boks of ’n voel-
sakkie gebruik, maak jy jou leerders om jou
bymekaar. Sê jy wil hê hulle moet baie nou-
keurig luister. Verduidelik dat jy een leerder gaan
vra om sy of haar hande in die boks te kom sit,
om iets op te tel en te voel hoe dit voel. Maak
seker dat die leerders verstaan dat hulle nie die
voorwerp uit die houer mag haal nie. Hulle gaan
net hul tassin gebruik om uit te werk wat hulle
vashou. Sê dat jy nie wil hê die leerder moet vir
die res van die klas vertel
wat sy of hy vashou nie.
In plaas daarvan gaan jy
’n paar vrae vra om te
probeer uitvind wat dit ’n Voel-boks is regtig waardevol
kan wees. Jy gaan dan na
om jong leerders aan die
aanleiding van sy of haar
antwoorde probeer raai eienskappe van materie en
wat dit is. materiaal/stowwe te laat dink.

10 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 11

Kies dan ’n leerder wat noukeurig geluister het om langs


jou te kom staan. Vra vrae wat jou iets oor die vorm,
tekstuur, hardheid en selfs die gebruik van die voorwerp
sal vertel (met ander woorde, oor die eienskappe van die
voorwerp). Byvoorbeeld:
I Watter vorm is die ding wat jy vashou?
I Is dit hard?
I Kan jy dit druk?
I Waarvan is dit gemaak, dink jy?
Onthou, die leerder kan nie die voorwerp sien nie. Sy of hy
raai na aanleiding van hoe die voorwerp voel. Wanneer die
leerder voel hoe die voorwerp voel, gebruik sy of hy taal
om te beskryf hoe dit voel.
Terwyl jy vrae vra, kan jy die res van die klas aanmoedig om geleidelik ook
vrae te vra. Na jy en die klas reg geraai het wat die voorwerp is, nooi jy ’n
ander leerder uit om iets in die boks te kom voel. Moedig weer die ander
leerders aan om vrae te vra. Moedig die leerder wat iets in die voel-boks
vashou aan om vrae te beantwoord oor wat sy of hy vashou. Moedig jou
leerders aan om geleidelik vrae soos joune te vra. Hulle sal dit geniet om
betrokke te wees en sal voel hulle besit die taak. Hulle sal ’n uiters belangrike
vaardigheid leer, naamlik om vrae te vra wat tot nuttige antwoorde lei.
Graad 2’s en Graad 3’s
Jy kan hierdie aktiwiteit met graad 2’s en graad 3’s uitbrei deur elke groep ’n
voel-boks met voorwerpe daarin te gee. Elke persoon kry dan ’n kans om haar
of sy haar hande in die boks te sit, iets te kies, dit noukeurig te voel
(waarneming) en dit te beskryf (verslag te doen). Die res van die groep probeer
raai wat dit is wat beskryf word (vertolking – maak afleidings) deur vrae te vra.
Ondersoek materie deur al ons sintuie te gebruik
Wat jy nodig het
I ’n klein houer met droë poeierklei vir elke groep
I ’n klein drupper vir elke groep
I ’n vel A3-papier met ’n kopkaart daarop geteken vir elke groep (graad 2 of
graad 3)
I twee verskillende kleure vetkryt vir elke groep (graad 2 en graad 3)
I ’n vel koerantpapier met kopkaartlyne daarop (graad R of graad 1)
I twee verskillende kleure kokipenne (graad R of graad 1)
Jy kan droë poeierklei kry by ’n winkel wat handwerkmateriaal of materiaal vir
pottebakkery verkoop. (Op bladsy 82 in die bylaag is die adres van ’n verskaffer
in Kaapstad.)
As jy klein druppers het, kan die leerders gedurende die tweede deel van die
ondersoek baie klein hoeveelhede water by die droë stof byvoeg.
Neem waar en teken aan
Gee aan elke groep ’n vel papier met lyne daarop getrek, en ’n houertjie met
droë poeierklei. Vra jou leerders om die poeier waar te neem. Sê hulle moet
daaraan raak en dit tussen hul vingers voel. Vra hulle om dit met ander stowwe
wat eenders lyk te vergelyk.

LEWE EN LEWENSWYSE 11
1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 12

Vra:
I Hoe lyk dit?
I Hoe voel dit?
I Het jy al ooit iets gesien wat soos dit lyk?
Sê hulle moet praat oor wat hulle sien en voel.
As jy met graad 2’s en graad 3’s werk, vra hulle om hul
waarnemings (kleur, tekstuur, gewig, ens.) op die
kopkaart aan te teken. As jy met graad R’s of graad 1’s
werk, stel ons voor dat jy van groep tot groep beweeg
sodat jy kan kontroleer hoe jou leerders vaar. Hou dan
’n klasbespreking met jou graad R’s of graad 1’s oor wat
hulle waargeneem het. Teken hul waarnemings aan op
die kopkaart wat jy op koerantpapier voorberei het.
Nog ’n moontlikheid is om aan elke groep ’n bank van
woorde te gee om uit te kies en ook wondergom. Dit is
wat die onderwysers by Northwood gedoen het. Toe het
hulle die leerders gevra om die woorde wat die tekstuur,
kleur, ens. die beste beskryf, op hul kopkaart te plak.
Bespreek en kommunikeer
Graad 2’s en Graad 3’s
Vra jou leerders om jou te vertel wat hulle uitgevind het.
Dit is ’n belangrike wetenskapprosesvaardigheid wat jou
leerders se selfvertroue om voor die hele klas te praat,
sal help ontwikkel. Hulle sal ook leer om na mekaar te
luister en sal hoor wat hul maats dink en sê. Teken jou
leerders se bydraes op ’n groter kopkaart op die bord
aan terwyl hulle hul waarnemings met die klas deel.
Ons het gevind dat die meeste klasse geraai het wat die
stof is. Leerders wat tyd in landelike gebiede
deurgebring het, selfs net met vakansie, het die droë klei
herken.
Voorspel en teken aan
Voor jy druppers met water uitdeel, vra
jou leerders om oor die volgende na te
dink:
I Wat sal gebeur as ons ’n paar
druppels water byvoeg?
I Hoe sal die water die klei verander?
As jy met graad 2’s of graad 3’s werk,
vra hulle om hul voorspellings in een
kleur op hul kopkaart aan te teken. As
jy met graad R’s of graad 1’s werk,
gebruik jy een van die kokipenne om
jou leerders se voorspellings aan te
teken. Vra die groepe weer om hul
idees met die hele klas te deel en skryf
hul idees op die kopkaart op die bord.

12 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 13

Ondersoek, neem waar en teken aan


Deel nou die druppers en ’n klein bietjie water vir elke
groep uit. Vra jou leerders om net ’n paar druppels water
by die poeier te sit. Sê dat jy wil hê hulle moet hul
bevindinge in ’n verskillende kleur as hul voorspellings op
hul kopkaarte aanteken. Vra jou leerders wat hulle
uitgevind het. Teken dan hul bevindinge op die kopkaart
op die bord aan.
Kommunikeer
Vra jou leerders:
I Wat het jy gedink (voorspel) sal gebeur?
I Watter veranderinge het jy gesien en gevoel?
I Wat het met die water gebeur?
I Was jou voorspellings reg?
Gebruik ’n verskillende kleur kokipen en voeg jou leerders
se waarnemings en bevindinge by op die hele groep se
kopkaart.

Wat het ons geleer?


Uiteindelik vra jy vir jou klas: “Wat het ons geleer?” Dit is belangrike
terugvoering om jou klas die ondersoek te laat evalueer. Jy kan dat die leerders
in die vorm van ’n tekening aanteken wat hulle dink hulle geleer het. Vra graad
2’s en graad 3’s om hul tekeninge te benoem. Moenie bekommerd wees as
hulle nie al die woorde reg spel nie. Ons wil ontluikende skryfvaardighede
aanmoedig.
Brei die ondersoek uit
Jy kan jou leerders se ervaring en ondersoek van klei uitbrei deur aan elkeen ’n
bietjie “nat” klei te gee. Nat klei is soos deeg sodat jy dit kan vorm om iets te
maak. Dit is nie so nat dat dit soos modder lyk nie. Dit is ferm. Jy kan dit knyp
of druk en iets daarmee maak.
Gee aan elke leerder ’n bietjie klei en vra hulle om die klam klei in ’n slangetjie
uit te rol. Sê hulle moet hul slangetjies meet en die lengte op ’n stukkie papier
aanteken. Vra jou leerders om te voorspel wat dalk kan gebeur. Byvoorbeeld:
“Wat dink jy sal met jou slangetjie gebeur wanneer die klei droog word?
Waarom?”
Sit dan die slangetjies op ’n veilige plek waar dit stadig en
Veranderende eienskappe van materie veilig kan droog word. Sit ’n plastiekbedekking daaroor
Klei is ’n baie fyn vorm van grond. Die deeltjies is sodat dit nie te vinnig droog word nie. As die klei te vinnig
baie klein en glad. Die eienskappe van droë
droog word, sal dit baie maklik breek en selfs verkrummel.
poeierklei verander wanneer dit gemeng word met
’n vloeistof soos water, wat die deeltjies saambind. ’n Laat jou leerders die slangetjies weer meet wanneer dit
Klein bietjie water sal veroorsaak dat die klei gevorm droog is. Hulle kan hul tekeninge benoem. Was hul
kan word. Meer water sal ’n pasta daarvan maak. voorspellings korrek? Wat dink hulle het met hul
slangetjies gebeur? Waarom?

MATTER AND MATERIALS 13


1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 14

Ondersoek brood

Wat jy nodig het


Ons stel voor dat jy nie meer as ses leerders in ’n groep
het nie. As jy net vier in ’n groep het, sal meer leerders ’n
kans kry om aktief deel te neem.
Vir die eerste deel van die ondersoek sal jy die volgende
nodig hê: meel, suurdeeg, suiker, sout, water en olie, en ’n
klein bakkie vir elke groep. Voor jy hierdie ondersoek met
jou leerders uitvoer, moet jy ’n klein bietjie van een van
die bestanddele in elke klein bakkie sit.
Maak seker dat elke groep iets
verskillend het. Dit is belangrik. Jy wil
nie al die bestanddele vir elke groep
gee nie. Jy wil jou leerders verras! As
elke groep iets verskillends het om
waar te neem en te ondersoek is daar
’n goeie rede vir hulle om hul
waarnemings met mekaar te deel. Dit
is die wetenskapprosesvaardigheid van
kommunikasie.

14 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 15

Ondersoek die eienskappe van stowwe


Wanneer jy die bakkies voorberei het, gee jy vir elke groep
’n klein bakkie met een van die bestanddele. As jy graad
2’s of graad 3’s onderrig, gee jy vir elke groep ’n vel A3-
papier en ’n pen sodat hulle hul waarnemings kan
aanteken. Ons het ’n paar vrae voorgestel wat jy kan vra
om hulle te prikkel om waar te neem en noukeurig oor die
stof in die bakkie op hul tafel na te dink. Jy wil ook hê die
leerders moet voorspel wat sal gebeur as hulle ’n bietjie
water of baie water byvoeg.
I Hoe lyk dit? Waarom dink jy so?
I Hoe voel dit?
I Hoe ruik dit?
I Hoe smaak dit?
I Wat dink jy sal gebeur as jy ’n bietjie water daarby sit?
En as jy baie water bysit?

Vra graad 2’s of 3’s om hul waarnemings aan te teken op die vel papier wat jy
hulle gegee het. As jy met graad R’s of graad 1’s werk, vra jy elke groep om hul
waarnemings met die klas te deel. Teken dan hul waarnemings op ’n klaskop-
kaart op blaaibordpapier of op die bord aan.
As niemand voorstel wat jy met al hierdie bestanddele saam kan doen nie, vra
jou leerders wat hulle dink ons kan maak as ons alles meng. Ons dink iemand
sal wel voorstel dat jy brood kan maak!
Wat weet ons van brood?
Voor jy ’n bespreking met jou leerders
het, moet jy dink aan wat hulle van
brood weet. Brood word nog in baie
huise gebak. Dink aan verskillende
soorte brood. Wat van brood vir
spesiale geleenthede? Hoe word brood
vir godsdienstige en kulturele rituele
gebruik? Word brood altyd op die-
selfde manier gebak? Jy kan ook
besluit om verpakkings (plastieksakke,
ens.) van verskillende soorte brood
bymekaar te maak om vir jou klas te
wys.

Moenie hierdie ondersoek uitlaat omdat daar nie


’n oond by jou skool is nie. Selfs al doen jy al die
voorbereiding by die skool saam met jou leerders,
kan jy die brood by die huis bak. Die volgende dag
kan julle die brood saam geniet.

Wanneer jy besluit om die klasbespreking te hê, neem jy ’n vel blaaibordpapier


en ’n paar dik kokipenne of vetkryte. Maak jou leerders om jou bymekaar en
vra hulle wat hulle van brood weet. Teken alles wat hulle jou vertel in die vorm
van ’n spinnekopdiagram of ’n kopkaart aan.

LEWE EN LEWENSWYSE 15
1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 16

Bak brood – ’n geleentheid vir integrasie


Ons hoop regtig jy sal besluit om saam met jou leerders brood by die skool te
bak. Dit was een van die hoogtepunte van die ondersoeke wat ons uitgevoer
het, en ons almal het dit geniet. Dit is ook ’n uitstekende manier om die drie
Grondslagfase-leerareas, naamlik Geletterdheid, Lewensvaardighede en
Gesyferdheid, te integreer. Wanneer ons saam met die leerders brood bak, meet
hulle volume, massa en tyd.
Wat jy nodig het
Vir elke groep sal jy die volgende
nodig hê:
I ’n mengbak
I ’n houtlepel
I ’n beker of koppie
I maatbekers en lepels
I broodmeel
I suurdeeg
I suiker
I sout
I olie
I water.
Jy kan ook besluit om addisionele
bestanddele (eiers, melk, ens.) te
gebruik sodat die groepe verskillende
soorte brood kan maak. Dit is wat
Jean Grooter van Dietrich Moravian in
Philippi gedoen het.

Dit is ook ’n goeie idee om seker te


maak dat die leerders die een of ander
vorm van voorskote het. Jy kan selfs
skoon plastiekvullissakke gebruik en
’n gat aan die onderkant en twee
kleiner gate aan die kante naby die
onderkant daarin knip. Dan gebruik jy
dit onderstebo sodat die leerders dit
kan aantrek.
A Onthou dat plastieksakke waarin
daar nie gate gesny is nie, die
leerders kan laat versmoor.

16 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 17

Gedeelde lees
Maak ’n afskrif van ’n resep vir elke groep, selfs al werk jy met
die jongste leerders. Ons wil hê hulle moet gewoond daaraan
raak om gedrukte teks om hulle te sien. Al gebruik hul ma’s,
tannies, oumas en susters dalk nie resepte nie, is resepte ’n
ander genre (soort) gedrukte teks wat ’n werklike deel van die
lewe is.
Selfs al voel jy dat dit tydmors is omdat jou leerders “nog nie
kan lees nie”, stel ons voor jy gee vir hulle ’n resep. Dit is ’n
ander manier om taal en geletterdheid ’n werklike en sinvolle
deel van hierdie ondersoek te maak. Maak ’n groot weergawe
van die resep om teen die muur te plak. Lees dan die resep
hardop vir jou leerders. Lees die resep weer en vra hulle om
saam met jou te lees.
Bak die brooddeeg
Jy sal moet dink aan hoe die brood gebak gaan word. Die meeste van die skole
waarmee ons gewerk het, het nie stowe nie. Hulle het egter gereël om vetkoek of
roosterbrood te maak, of selfs om draagbare oonde klas toe te bring. Jy sal moet
besluit hoe om hierdie probleem in jou skool op te los. Jy kan besluit om die
brooddeeg aan die einde van die skooldag saam met jou klas te maak en dit dan
huis toe neem en self bak. Jy kan die gebakte brood die volgende dag klas toe
bring en met jou leerders deel.
As jy die brooddeeg huis toe neem om te bak, kan jy dit op verskillende maniere
doen. Dit sal jou en jou leerders in staat stel om teksture en geure te vergelyk.

Proe (en toets) die gebakte brood


Dit is ’n wonderlike manier om taal in jou wetenskapondersoek te integreer.
Deel die brood so billik moontlik met jou leerders. Elke leerder moet iets kry
om te proe – genoeg om te kan beskryf hoe die brood lyk en smaak.
Jy wil ook hê dat jou leerders die voorkoms, tekstuur en smaak met
winkelbrood moet vergelyk. Hulle moet ook sê of alle brood dieselfde is en of
daar verskillende soorte is (byvoorbeeld vetkoek, roosterbrood, volkoringbrood,
witbrood, bruinbrood, platbrood, brood wat met melk gemaak is, brood wat
met eiers gemaak is). Dit is ’n geleentheid om leerders te laat waarneem en dan
verslag te doen oor hul waarnemings en bevindinge.

LEWE EN LEWENSWYSE 17
1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 18

Wanneer elke leerder ’n stukkie brood het, vra jy hulle om


noukeurig daarna te kyk. Vra:
I Hoe sal ons dit beskryf?
I Hoe lyk dit?
Gee die leerders dan tyd om te kyk en te dink en met
mekaar te praat. Jy kan hul reaksies aanteken of julle kan
’n mondelinge bespreking hê.
Vra dan:
I Op watter maniere lyk hierdie brood soos winkelbrood?
I Hoe is dit verskillend?
Gee jou leerders weer tyd om hul stukkie brood waar te
neem en daaroor te dink. As jy hul reaksies aanteken, kan
jy ook hul antwoorde vir die volgende vrae aanteken.
Vra jou klas dan:
I Hoe smaak jou brood?
I Waarom dink jy is dit so?
I Hoe is die tekstuur?
Gee jou leerders weer tyd om hul brood te proe en daaroor
te dink.
As jy verskillende soorte brood gebak het of dit op
verskillende maniere gebak het, kan jou leerders die brode
wat op verskillende maniere gebak is en die verskillende
smake en teksture vergelyk.
Teken aan wat ons geleer het – gedeelde skryf
Besin daarna met jou klas oor wat julle saam gedoen het
en wat hulle geleer het. Neem ’n vel blaaibordpapier en sê
vir jou leerders jy wil hê hulle moet jou help om te skryf
wat hulle gedoen het toe hulle die brood gebak het.
I Vra hulle om jou eers te vertel wat hulle gedoen het.
Wees bereid om te wag terwyl hulle dink.
I Vra die vraag weer, maar op ’n verskillende manier
(byvoorbeeld: Hoe het ons begin toe ons die brood
gemaak het?).
I Wanneer een van die leerders ’n voorstel maak, selfs al
is dit net ’n frase, prys jy daardie leerder. Dit is baie
belangrik om jou leerders aan te moedig. As daardie
leerder se voorstel nie die heel eerste ding is wat julle
gedoen het nie, moet jy hulle herinner dat jy alles wat
hulle gedoen het, wil neerskryf. Wat was die heel eerste
ding wat ons gedoen het?
I Moedig jou leerders aan om jou húl sinne en húl
woorde te gee. Probeer jou bes om nie jou eie woorde te
skryf nie. Skryf neer presies wat die leerders jou vertel.
Nadat jy elke sin geskryf het, laat jy jou leerders die sin
saam met jou lees. Soos wat jy nog sinne byvoeg, moedig
jy hulle aan om alles wat jy neergeskryf het saam met jou
te lees. Probeer hulle aanmoedig om te dink aan die
volgorde van wat hulle gedoen het.

18 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 19

Wanneer jy die ervaring neergeskryf het, lees jy die hele


teks wat jy en jou leerders saam geskep het, hardop. Vra
die leerders of hulle gelukkig is met wat hulle geskep het.
Is die volgorde reg? Kan hulle aan ’n beter manier dink om
iets te sê? Dit is ’n kans vir jou en jou leerders om saam te
redigeer wat hulle gedikteer het. Dit is ’n deel van die
skryfproses. Jou leerders sal soos skrywers dink en optree.
Neem ’n ander kleur kokipen of vetkryt om veranderinge
aan die teks te maak. Later kan jy ’n netjiese, geredigeerde
weergawe uitskryf om in jou klaskamer op te sit. Jy en jou
leerders kan selfs ’n boek van jul gunstelingresepte begin
saamstel.
Gedeelde skryf is ’n goeie manier om sinvolle geletterdheid by wetenskapwerk
in jou klaskamer te betrek. Die leerders sal geïnteresseerd wees in en verstaan
wat jy skryf en wat hulle lees omdat hulle aktief betrokke was by die proses om
brood te bak, én omdat hulle die teks help skep het. Selfs al begin jou leerders
nou eers om te lees, is dit ’n waardevolle ervaring, en sal hulle belangrike lesse
oor lees, skryf en gedrukte teks leer.
Ander taalaktiwiteite wat uit hierdie ervaring kan voortspruit
I Skryf sinne op sinstrokies sodat die leerders dit in ’n logiese volgorde kan sit
Wanneer
wetenskaplikes
volgens die volgorde van wat hulle gedoen het.
ondersoeke wat hulle I Maak ’n boek oor hoe om brood te bak.
uitvoer, beskryf, I Lees die gedrukte teks op die pakkies van die bestanddele wat ons gebruik
gebruik hulle die om brood te bak.
volgende woorde om
I Maak stories en gedigte oor brood bymekaar (byvoorbeeld oor die vyf brode
die proses te beskryf:
Eers
en twee visse).
Daarna I Lees die storie van die Klein rooi hennetjie. Vra: “As die vark (of een van die
Toe/Dan ander diere) hierdie storie vertel het, hoe sou dit anders gewees het?” (Dit is
Daarna kritiese geletterdheid.)
Toe/Dan
I Werk agterstevoor om met die storie van brood: Begin met ’n toebroodjie en
Uiteindelik
laat jou klas dan die storie agterstevoor vertel.
– Die toebroodjie het van twee snye gekom.
Lys van – Die twee snye is van ’n brood gesny.
veranderinge – Die brood het van ’n winkel gekom.
In Wetenskap onder-
– Die winkel het die brood van ’n bakkery gekoop.
soek ons hoe eien-
skappe verander.
– Die brood is in ’n oond gebak, ens. (die tegnologie van verwerking).
Wanneer ons brood I Moedig jou klas aan om te teken en te skryf oor verskillende geleenthede
bak en verskillende wanneer verskillende soorte brood gemaak en geëet word.
bestanddele kombi-
neer, verander die
eienskappe van die Brei die ondersoek uit
bestanddele. Die
eienskappe verander
Verdere vrae om oor na te dink saam met leerders
wanneer ons hulle I Wat gebeur met brood:
meng en die eien- – na ’n ruk?
skappe verander – as jy dit in ’n donker kas los?
wanneer hulle verhit
– as jy dit oop los?
word (gebak of gekook
word). Verhitting lei tot – as dit nat word?
veranderinge wat ons I Waarom raak brood soms muf? Wat is muf? Watter ander dinge raak muf?
gewoonlik nie kan I Wat kan ons met brood doen? Ons kan: roosterbrood maak, broodpoeding
omkeer nie. maak, en wat nog?

LEWE EN LEWENSWYSE 19
1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 20

AFDELING 2
Lewe en Lewenswyse

Ondersoek goggas
Hoe jy ook al oor goggas voel, ons hoop jy sal die verskeidenheid klein
diertjies in jou omgewing saam met jou klas ondersoek. Jong leerders
is dikwels gefassineer deur die diertjies in hul omgewing, en
goggas is ’n wonderlike hulpmiddel vir ondersoeke.
Jy sal mooi moet dink oor die tyd van jaar wat jy kies
om goggas te ondersoek. Ons het die laat
somer of vroegherfs gekies, wanneer
daar nogal baie verskillende goggas
beskikbaar is.

Dit is egter nie die


enigste tyd nie. Jy mag
vind dat die laat lente of
vroegsomer net so ’n goeie
tyd is.

20 FOUNDATION PHASE SCIENCE


1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 21

Wat is goggas?

Wat bedoel ons met goggas? Goggas is klein diertjies, wat ook izinambuzane
genoem word. Sprinkane, vlieë, naaldekokers, kewers, miere, spinnekoppe,
slakke, wurms, akkedisse, verkleurmannetjies, geitjies en enige klein diertjies is
goggas. As ons goggas met jong leerders gaan bestudeer, is daar egter sommige
diertjies wat gevaarlik kan wees om te ondersoek. Die leerders moenie gesteek
of gebyt word nie. Al wil ons ons leerders se weetgierigheid aanmoedig, wil ons
nie hê hulle moet seerkry nie. Dit is egter nie ’n verskoning om hierdie aspek
van Wetenskap te vermy nie.
Lei die ondersoek in
Daar is verskillende maniere waarop jy hierdie ondersoek kan inlei.
Dit sal wonderlik wees as jy jou deur jou leerders kan laat lei. Met
ander woorde, as ’n leerder ’n klein diertjie wat sy of hy gevind
het, klas toe gebring het, kan jy die diertjie as ’n beginpunt gebruik
om daardie diertjie, en klein diertjies in die algemeen, te ondersoek
en meer daaroor uit te vind.
Werk met Graad 2’s en Graad 3’s
Jy sal ’n vel blaaibordpapier en ’n paar dik
kokipenne of vetkryt nodig hê. Berei vir die
bespreking voor deur die woord “goggas” in
die middel van die vel te skryf, en trek dan
lyne vanaf die middel om ’n spinnekopdiagram
of kopkaart om die woord te maak. Probeer om
prente of prenteboeke oor goggas te kry om
met jou leerders te deel. Jy kan die prente teen
’n muur in die klas uitstal, of die boeke op ’n
spesiale tafel sit sodat jou leerders stil daarna
kan kyk wanneer hulle klaar is met ’n taak.

LEWE EN LEWENSWYSE 21
1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 22

Begin deur jou leerders om jou


bymekaar te maak. Jy kan ’n
storie, ’n prent, ’n gogga wat
een van jou leerders gevind het
of ’n klompie verskillende
goggas wat jy gevind het,
gebruik. Dit maak nie saak hoe
jy kies om hierdie ondersoek te
begin nie, maar vra jou leerders
die volgende vrae wanneer jy
die onderwerp bekendgestel het:
I Wat weet ons van goggas?
I Van watter goggas weet jy?
Teken die leerders se reaksies
soos wat hulle reageer aan op
die kopkaart wat jy voorberei
het.
Gebruik die taal wat die leerders gebruik. As hulle tale meng, is dit in orde. Jy
kan dit altyd as ’n geleentheid gebruik om hul eerste taal of ’n addisionele taal
uit te brei en te ontwikkel.
Neem goggas waar As jy met
Wat jy nodig het jonger
Eerstens sal jy vir al die grade skoon papier en potlode nodig hê sodat jou leerders werk,
leerders kan teken wat hulle sien. Dan het jy ’n keuse as jy graad 2- of graad 3- is dit ’n goeie
leerders onderrig. Jy kan óf op een gogga op ’n slag fokus, óf jy kan dat elke
idee om hul
groep ’n verskillende diertjie ondersoek.
waarneming te
Wanneer jy besluit het hoe jy hierdie ondersoek gaan benader, sal jy genoeg
goggas nodig hê sodat elke groep een van die diertjies maklik kan waarneem. lei.
Jy kan self ’n paar voorbeelde kry of jy kan jou leerders buitentoe neem om
goggas te soek.

Krieke

Duisendpoot

22 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 23

As jy met graad R- of graad 1-leerders werk, stel ons voor dat jy op een gogga
op ’n slag fokus. Jy sal heel moontlik verskeie voorbeelde van die diertjie
waarop jy gaan fokus, moet versamel. Wat jy kry en gebruik, sal afhang van
die tyd van jaar en jou skool se ligging. Jy sal egter genoeg diertjies nodig hê
sodat jy elke groep ’n paar kan gee om waar te neem.
Dit maak nie saak watter graad jy onderrig en of jy of jou leerders die goggas
versamel nie, jy sal “hotelle” moet voorberei waar die diertjies kan bly terwyl
julle hulle ondersoek. Dit skakel goed met Tegnologie en jy kan jou leerders by
die bou van die “hotelle” betrek.
Ons het gevind dat skoon, gebruikte, 2 liter-plastiekkoeldrankbottels goed werk.
Jy kan die boonste deel versigtig afsny en dit dan omkeer sodat die diertjies lug
kry, maar nie die “hotel” maklik kan “verlaat” voor jy en jou leerders hulle
ondersoek het nie. Jy kan ook deursigtige plastiekvriessakkies vol lug gebruik.
Jy kan die goggas vir ’n dag of twee hou voor jy hulle vrylaat.
Waarneming met Graad 2 of Graad 3
As jy goggas versamel het vir jou leerders om waar te
neem, gee ’n paar (in hul “hotelle”) vir elke groep. As jou
leerders hul eie goggas versamel het, kan hulle die goggas
in hul deursigtige plastieksakkies waarneem. Sê die
leerders moet baie, baie noukeurig na hul goggas kyk.
Verduidelik dat jy wil hê hulle moet teken wat hulle sien.
Jy sal jou leerders tyd hiervoor moet gee sodat hulle
noukeurige tekeninge kan maak. Teken vereis dat ons
regtig noukeurig waarneem en bewyse verskaf van hoe
noukeurig ons iets waargeneem het, of ons nou goed teken
of nie. Jy kan jou leerders ook vra om hul tekeninge te
benoem.
Waarneming met Graad R of
Graad 1
As jy met jonger leerders werk, is dit
’n goeie idee om hul waarneming te
lei. Begin deur ’n paar goggas op elke
groep se tafel te sit sodat hulle dit kan
waarneem. Dan, met jou leerders om
jou, verduidelik jy dat jy wil hê hulle
moet regtig noukeurig na die diertjies
kyk. Stuur die leerders terug na hul
groepe en vra hulle om na hul goggas
te kyk, en dan roep jy hulle terug om
jou te vertel wat hulle gesien het.

Beweeg van groep tot groep om jou leerders se aandag te vestig op verskillende
aspekte van die goggas wat jy op hul tafels gesit het. Wanneer jy tevrede is dat
hulle ’n redelike geleentheid gehad het om na diertjies te kyk, roep jy hulle
terug na jou. Vra jou leerders wat hulle gesien het, wat hulle opgelet het. Ons is
seker jy sal vind dat jong leerders nogal oplettend is. Jy sal dalk egter hul
aandag op sekere aspekte wil fokus.

LEWE EN LEWENSWYSE 23
1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 24

Toe Cheryl Johannes van Northwood


Primêr sprinkane met haar graad 1’s
ondersoek het, is dit wat sy gedoen
het. Cheryl het die sprinkane met haar
leerders bespreek en hulle toe terug
na hul banke gestuur om noukeurig
na spesifieke besonderhede te kyk.
Toe die leerders tyd gehad het om
weer baie noukeurig na die sprinkane
te kyk, het hulle teruggekom en
verslag gedoen oor ander dinge wat
hulle waargeneem het. Teken in die
vorm van ’n kopkaart aan wat jou
leerders jou vertel, soos Sarah Genever
met haar graad 1’s by Dietrich
Moravian gedoen het.
Laat jou leerders dan na hul banke terugkeer en gee hulle tyd om noukeurig te
teken wat hulle sien. Dit is nie ’n “sagte opsie” nie. Om te teken beteken ook
om te werk. Veral as dit noukeurig gedoen word. Jy sal verbaas wees hoe
noukeurig party leerders hierdie taak uitvoer. Stal jou leerders se tekeninge teen
’n muur in die klaskamer uit, of plak dit in ’n boek oor goggas.

24 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 25

Versamel goggas
As jy besluit om jou leerders self goggas te laat versamel, moet jy hulle baie
duidelike instruksies gee voor hulle die goggas gaan soek. Julle kan ook
bespreek wat die leerders dalk sal vind wanneer hulle goggas versamel.
Herinner jou leerders dat party diertjies kan steek of byt. Sê hulle moenie
probeer om bye en perdebye of spinnekoppe te vang nie. As hulle dink ’n
gogga kan dalk gevaarlik wees, moet hulle jou vra om hulle te help.
Herinner jou leerders om versigtig te wees wanneer hulle miere versamel.
Herinner hulle ook dat party spinnekoppe giftig is en dat dit verstandig is om
spinnekoppe uit te los.
Jy sal die leerders ook iets moet gee om hul gogga in te sit. Ons het gevind dat
klein deursigtige plastiekvriessakkies baie goed werk.
’n Uitgebreide waarneming
Na hierdie aanvanklike waarneming sal ons jou aanmoedig om goggas in meer
besonderhede te ondersoek. Begin deur nog ’n bespreking met jou leerders te
Jy sal voorbeelde op hê. Ons stel voor jy berei vir hierdie bespreking voor deur ’n W-W-L-tabel (Wat
bladsy 74 en 75 in die weet ons? Wat wil ons weet? Wat het ons geleer?) of ’n W-W-D-H-L-tabel (Wat
bylaag kry. weet ons? Wat wil ons weet? Wat dink ons? Hoe kan ons uitvind? Wat het ons
geleer?) te maak.
Dit is ’n goeie manier om seker te maak dat die ondersoeke waardeur jy jou
leerders lei, op hul kennis en belangstellings fokus. Aan die einde van die
ondersoek kan jy jou leerders vra wat hulle uitgevind het en wat hulle dink
hulle geleer het. Dit is dus ’n manier om jou beplanning en assessering van ’n
spesifieke fokus aan te teken.
W-W-D-H-L-tabel
Beplanning van ’n ondersoek met Grondslagfase-leerders

Wat WEET Wat WIL ons Wat DINK HOE kan ons Wat het ons Maak jou klas om jou
ons? weet? ons? uitvind? GELEER? bymekaar. As jy nog nie
voorheen ’n W-W-D-H-L-tabel
gebruik het nie, verduidelik dit
aan jou leerders. Vra hulle wat
hulle van ’n spesifieke gogga
weet. Skryf wat hulle jou
vertel in die “Wat weet ons?”-
kolom. Jy sal dalk verbaas
wees oor watter leerders
inligting kan gee. Vra dan:
“Wat wil ons weet?” Skryf die
leerders se vrae of wat hulle
wil uitvind neer. Vra dan: “Hoe
kan ons uitvind?”
As jy met graad 2’s of graad 3’s werk, kan jy jou leerders vra om in groepe te
werk en eers te bespreek en te beplan wat hulle gaan doen. Vra hulle hoe hulle
antwoorde vir hul vrae kan kry.
As jy met graad R’s of graad 1’s werk, sal jy dit heel moontlik met die hele klas
bespreek en hul voorstelle op ’n vel koerantpapier aanteken.

LEWE EN LEWENSWYSE 25
1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 26

’n Paar moontlike vrae vir ondersoek Sommige diertjies


I Wat doen hierdie diertjies? hiberneer in die kouer
I Wat eet hulle? En wat drink hulle? maande van die jaar.
I Wanneer kruip hulle weg of rus hulle? Hulle kruip weg en is
in ’n minder aktiewe
I Waar kruip hulle weg of rus hulle?
toestand.
I Verander hulle na enigiets anders?
I Hoe verander hulle?
Wat het ons geleer?
Nadat jou leerders hul ondersoeke uitgevoer het, bestee julle tyd daaraan om te
bespreek wat julle geleer het. As jy met graad 2’s of 3’s werk, gee elke groep ’n
kans om verslag oor hul ondersoek te doen – wat hulle beplan het om te doen,
wat hulle werklik gedoen het, wat hulle uitgevind het en wat hulle dink hulle
geleer het.
As jy met graad R’s of graad 1’s werk,
maak jou leerders om jou bymekaar
en vra hulle om na te dink oor wat
hulle pas gedoen het. Vra:
I Wat het ons eerste gedoen?
I Wat het ons volgende gedoen?
I En wat het ons toe gedoen?
I Wat het ons daarna gedoen?
I Wat het gebeur?
I Wat het ons uitgevind?
Op hierdie manier sal jy jou leerders
aanmoedig om oor hierdie ervaring te
besin en jy sal hulle aanmoedig om in
die regte volgorde te gaan deur wat
hulle gedoen het. Dit is baie nuttig in
terme van die aantekening van
wetenskap later in hul skoolloopbaan.
Brei die ondersoek uit
Watter vrae sal ons graag vir ons gogga wil vra?
Terwyl die goggas in jou klaskamer is, kan jy ’n verdere bespreking met jou
leerders hê. Jy kan hulle vra watter vrae hulle graag vir een van die goggas sal
wil vra. Dan kan jy jou leerders se vrae neerskryf. Dit kan ’n beginpunt wees
vir verdere ondersoeke, of navorsing. Jy kan jou skool se Wetenskap- Selfs al werk
koördineerder uitnooi om met die leerders te kom praat en hul vrae te jy met baie
beantwoord. Anders kan jy ’n hoërskoolwetenskaponderwyser uitnooi om met jong leerders
jou leerders te kom praat.
kan jy hulle
Wetenskapjoernale Wetenskap-
Selfs al werk jy met baie jong leerders kan jy hulle Wetenskapjoernale laat hou.
joernale laat
Dit is wat Karen Gallas, ’n graad 1-onderwyseres in Amerika, doen. Aan die
begin van elke jaar gee sy vir elkeen van haar graad 1-leerders ’n Wetenskap- hou.
joernaal. Die leerders vir wie sy klasgee, is gewoond daaraan om joernale in
graad R te hê. Hulle weet dat hul joernaal ’n plek is waar hulle kan teken en
belangrike gedagtes en vrae kan aanteken. “Vir baie leerders gee die proses van
skryf in die joernaal hulle ’n plek om vrae te vra en dan moontlik te probeer
om dit te beantwoord.” (Gallas, 1994:80)

26 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


1-FP ScAFR 5/4/08 2:57 PM Page 27

Selfs al kan die meeste jong leerders nog nie


lees en skryf nie, is hulle in staat om hul
ervarings en gedagtes in joernale spesifiek vir
wetenskap aan te teken (deur te teken).
Karen Gallas beskryf hoe selfs leerders wat
verward is oor wat wetenskap eintlik is,
geleidelik leer besef wat dit behels deur in
hul joernale te teken en te skryf.
Hier langsaan verskyn voorbeelde van ’n
Grondslagfase-leerder se werk uit ’n boek met
die titel Do What Scientists Do: Children
Learn to Investigate their World, deur Ellen
Doris. In hierdie voorbeeld kan jy sien dat
Ginger sy waarnemings en gedagtes oor die
bol wat hy geplant het, aangeteken het.
Joernale kan ’n baie belangrike rol speel om
leerders se wetenskaplike begrip te ontwikkel.
Op bladsy 65–73 in die bylaag is daar
waarnemingsblaaie wat jy vir jou leerders kan
kopieer om aan te teken (te teken en te skryf
oor) wat hulle gesien het.

Maak inligtingsboekies
Nadat julle goggas ondersoek het, sal
jy dalk wil hê dat jou leerders ’n klein
inligtingsboekie moet maak oor elkeen
van die goggas wat hulle ondersoek
het. Elke bladsy kan uit ’n tekening
met ’n sin daaronder bestaan. Dit is
wat Cheryl Johannes gedoen het toe
sy met haar graad 1’s by Northwood
gewerk het.

“Die Slak” van Northwood

LEWE EN LEWENSWYSE 27
2-FPSc AFR 5/4/08 3:03 PM Page 28

Ondersoek plante
iStock Photos

Voorbereiding
Voor jy ’n ondersoek oor plante met jou
leerders begin, kan jy dalk aan die einde
van ’n skooldag op die skoolgrond
rondstap om te kyk watter plante
beskikbaar is. Soms dink ons dat daar
geen plante in ’n spesifieke omgewing
is nie. Miskien is dit omdat ons nie
dink dat die plante daar nuttig of
mooi is nie. Ons is egter seker jy sal
wel ’n paar plante kan kry. Die tyd
van jaar het ook ’n invloed op wat
jy op die skoolgrond sal kry.
Dit is ’n goeie idee om ’n
paar boeke oor Suid-
Afrikaanse plante te kry om
in jou klaskamer uit te stal.
As daar niks by jou skool is
nie, kan jy die plaaslike biblioteek besoek. Vra die kinderbibliotekaresse en
verduidelik dat jy plante met jou leerders gaan ondersoek. Die meeste
kinderbibliotekaresses is baie hulpvaardig en sal jou help om gepaste boeke te
kry. Jy kan dalk selfs storieboeke met prente kry.

28 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:03 PM Page 29

Watter plante ken ons?


Begin deur ’n lys te maak van al die plante waaraan jou leerders kan dink. Jy
sal ’n vel blaaibordpapier en kokipenne of vetkryt nodig hê. Vra jou leerders om
hul oë ’n paar oomblikke toe te maak en te dink aan al die plante wat hulle al
daardie dag gesien het. Gee hulle ’n paar minute om met ’n maat daaroor te
praat. Vra jou leerders dan om jou te vertel van al die plante wat hulle ken en
waaraan hulle kan dink. Terwyl hulle jou vertel wat hulle weet, skryf jy hul
reaksies in ’n lys op die blaaibordpapier. As jy jou leerders om jou
bymekaarmaak, sal almal duidelik kan sien wat jy aanteken.

Wanneer jy ’n lekker lang lys het, werk jy saam met jou leerders deur die lys
en vra hulle om jou te sê watter van die plante bome is. Merk hierdie plante
met ’n verskillende kleur koki of vetkryt. Is daar enige ander bome waarvan jou
leerders weet of waaraan hulle kan dink? Skryf ook die name van hierdie bome
op die lys.
Wat kan ons op die skoolgrond kry?
Organiseer jou leerders in pare en neem
hulle buitentoe om te ondersoek wat op
die skoolgrond groei. Moenie te lank buite
bly nie. Jy wil nou net hê jou leerders
moet gou kyk. Jy wil hulle al hoe meer
bewus maak van die plante in hul
omgewing.
Wanneer julle na die klaskamer terugkeer,
kan jy die name van nog plante byvoeg op
die lys wat jy saam met jou klas gemaak
het. As jy ’n ander kleur vetkryt of koki
hiervoor gebruik, sal jy ’n duidelike rekord
van die drie stadiums van hierdie eerste
aktiwiteit hê. Dit kan ’n rekord van
deurlopende assessering wees.

Jy wil hê hulle Wat weet ons van plante? Wat wil ons weet?
moet neerskryf Graad 2’s en Graad 3’s
wat hulle van Gee vir elke groep ’n vel A4-papier met ’n W-W-L-tabel daarop (sien bladsy
plante weet en 74). Vra jou leerders om te praat oor wat hulle van plante weet en wat hulle
wat hulle wil van plante wil weet. Verduidelik dat jy wil hê elke groep moet die tabel wat jy
vir hulle gegee het, invul. Jy wil hê hulle moet neerskryf wat hulle van plante
weet.
weet en wat hulle wil weet.

LEWE EN LEWENSWYSE 29
2-FPSc AFR 5/4/08 3:03 PM Page 30

Wanneer jou leerders die eerste twee kolomme van die W-W-L-tabel
tabel ingevul het, laat jy elke groep met die klas deel wat Beplanning van ’n ondersoek met Grondslagfase-leerders

hulle geskryf het of plak elke groep se tabel teen die Wat WEET ons? Wat WIL ons weet? Wat het ons GELEER?

klaskamermuur.
Dit is iets wat graad 2’s en graad 3’s onafhanklik behoort
te kan doen. Sê vir jou leerders hulle hoef nie bekommerd
te wees oor spelling en hoe netjies hulle skryf nie. Jy wil
net hê hulle moet hul idees neerskryf. As hulle in ’n groep
werk, behoort hulle in staat te wees om hierdie taak uit te
voer.
Graad R’s en Graad 1’s
As jy graad R’s of graad 1’s onderrig, kan jy hierdie deel as
’n bespreking doen. Maak jou leerders om jou bymekaar
en plak ’n groot W-W-L-tabel op blaaibordpapier op. Vra
jou leerders om jou alles te vertel wat hulle van plante
weet. Jy sal verbaas wees wat sommige van hulle weet.
Leerders wat in landelike gemeenskappe gewoon het, het
dikwels ’n wye kennis van plante en diere. Teken die
inligting wat jou leerders gee aan in die Wat ons van
plante weet-kolom.
Vra jou leerders dan om jou te vertel wat hulle graag van
plante wil weet. Teken jou leerders se vrae in die Wat ons
van plante wil weet-kolom aan. Plak dan die tabel teen ’n
muur waar die leerders dit kan sien terwyl hulle plante
ondersoek.
Noukeurige waarneming van ’n plant
Jy het verskeie keuses vir hierdie waarnemingstaak. Jy kan
’n paar voorbeelde van plante klas toe bring sodat elke groep ’n paar plante het
om na te kyk. Anders kan jy jou leerders vra om ’n plant of ’n plantproduk
klas toe te bring. Dit kan vrugte, groente, blomme of iets wat van ’n plant
gemaak is, wees. Jy kan dit aan jou leerders oorlaat om aan iets te dink en dit
te bring. Jy sal heel moontlik baie verbaas wees oor wat hulle bring. Dit sal jou
insig gee in hoeveel hulle reeds weet.
Jy sal ’n skoon vel papier en ’n paar potlode vir elke
leerder nodig hê. Probeer om jou skoolhoof te oorreed om
goeie tekenpotlode te koop. Teken is ’n wonderlike manier
om leerders regtig noukeurig te laat waarneem. Dit is
makliker om met “sagte” potlode (B, 2B, 3B, ens.) as met
“harde” potlode (H, 2H, 3H, ens.) te teken. Hou hierdie
spesiale “sagte” tekenpotlode op ’n veilige plek. Wanneer
jy wil hê jou leerders moet teken, kan jy dan die regte
toerusting verskaf.
Moedig jou leerders aan om teken as werk te beskou. Dit
is nie iets waarmee hulle moet jaag nie. Dit neem tyd om
noukeurig te teken. Gee jou leerders tyd om regtig nou-
keurig na hul plante te kyk en om te teken wat hulle sien.
Hulle kan ook enige inligting wat hulle het of miskien ’n
vraag wat hulle oor die plant het, byvoeg.

30 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:03 PM Page 31

Wanneer jou leerders klaar is met hul tekeninge, plak jy dit teen die muur. Gee
hulle tyd om na mekaar se werk te kyk. Ons het gevind dat leerders leer om
mekaar se werk te respekteer as ons dit status en respek gee. Wanneer leerders
hul maats se werk sien, leer hulle belangrike lesse oor hoe ’n spesifieke taak
anders gedoen kan word. Ons almal sien dinge verskillend. Tekeninge
weerspieël dit. Jy sal ook Kuns en Kultuur met Natuurwetenskappe integreer en
jy sal waardevolle en estetiese bewyse hê van wat jou leerders kan doen.
Verken die skoolgrond
Voor jy jou leerders buitentoe neem om die skoolgrond te
verken, verduidelik jy dat jy wil hê hulle moet noukeuriger
na die plante kyk. Sê jy wil hê hulle moet baie noukeurig
na die plante kyk om bewyse te kry van hoe plante meer
plante maak.
Verdeel jou leerders in groepe en ken ’n spesifieke deel
van die skoolgrond aan elke groep toe. Neem dan die
leerders buitentoe. Terwyl jou leerders die plante
waarneem, beweeg jy van groep tot groep en luister na
wat hulle vir mekaar sê oor wat hulle raaksien.
Wanneer julle na die klaskamer
terugkeer, hou julle ’n bespreking oor
wat hulle uitgevind het. Vra:
Wat het julle uitgevind?
I Ken julle ander name vir hierdie
plante?
I Is enige van die blare enigsins geëet?
I Wie het dit geëet?
I Hoe weet ons dit?
I Wie het blomme, vrugte of saad
gesien?
Laat jou leerders een plant kies om op te
fokus. Graad 1’s en 2’s kan die lengte en
breedte van die blare meet.

LEWE EN LEWENSWYSE 31
2-FPSc AFR 5/4/08 3:03 PM Page 32

Hoe maak plante meer


plante?
Nog ’n manier om uit te vind hoe plante
meer plante maak, is om jou leerders na
verskillende vrugte te laat kyk. Wys vir
hulle ’n suurlemoen, ’n lemoen of ’n
appel, ’n paar druiwekorrels en ’n tamatie.
’n Klein skorsie of botterskorsie sal ook
goed wees. Piesangs en aarbeie is baie
interessante vrugte om in te sluit. (Aarbeie
se saad is aan die buitekant van die vrug!)
Gee aan elke groep een van die vrugte en
sny dit middeldeur. Vra die leerders om te
kyk waar die saad is. Vra dan: “Moet alle
plante altyd van saad groei?”
Jy sal verbaas wees wat jou leerders weet. Leerders wat op
die platteland gewoon het, sal heel moontlik nogal baie
weet.
I Waar het hierdie plant vandaan gekom?
I Wat het voor dit gebeur?
I En wat het voor dít gebeur?
I En voor dit?
I En voor dit?
I En voor dit?
I Hoe het dit dus alles begin?
Dan kan jy jou leerders
die verskillende stadiums
van ’n spesifieke plant
laat teken en dit rangskik
in die volgorde van hoe
die plant begin het tot
wanneer dit ’n nuwe
plant maak of miskien
doodgaan.

32 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:03 PM Page 33

Wat het ons geleer?


Bestee na die ondersoek tyd met
jou leerders om te besin oor wat
hulle dink hulle geleer het.
Bespreek wat hulle gedoen het en
wat hulle uitgevind het. Teken op
die klas se W-W-L-tabel aan wat jou
leerders jou vertel. Dit is bewyse
van wat jy en jou leerders gedoen
het en sal hulle daaraan herinner.

Ander dinge om oor na te dink


Waarom raak water groen?
Sit water in ’n fles sonder ’n deksel naby ’n venster. Laat
die water groen word.
Vra dan vir jou leerders: Wat gaan aan? Waarom het die
water groen geword?
Hoe kan ons uitvind?
Daar is interessante moontlikhede vir ondersoeke.
Byvoorbeeld:
I Kan jy die groen goed deur ’n snesie sif?
I Wat bly oor as ons die water laat verdamp?
I Sal die groen goed doodgaan as ons die water kook? (Sal die groen goed doodgaan en na die
bodem sink?) As jy dit kan doodmaak, beteken dit mos dit het gelewe!
Laat groei dinge
Sommige plante groei uit ’n deel van ’n plant.
Byvoorbeeld, jy kan ’n viooltjie van ’n blaar laat groei. Sny
of breek ’n blaar by die plant se stingel af. Sit die
afgebreekte blaar se stingel in grond in ’n pot en gee dit
water. Hou die blaar in ’n warm, donker deel van die
klaskamer. Hou die grond klam. Die blaar sal fyn
worteltjies in die grond afstuur.
’n Aartappelplant sal van ’n aartappel groei. As jy ’n
wortel se boonste deel in ’n piering water sit, sal dit
uitloop en ’n wortelplant sal groei.
Baie inheemse plante soos vetplante (waarvan die blare
water stoor) sal van ’n loot of uitloper van die “ma”-plant
groei. Sommige aalwyne groei op hierdie manier.

LEWE EN LEWENSWYSE 33
2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 34

Troetelplante
As jy met graad R’s of graad 1’s werk, vra elke groep
leerders om ’n plant op die skoolgrond te kies en om dit
regdeur die jaar te versorg. Laat elke groep ’n dagboek hou
van wanneer hulle die plant natgooi en dit versorg. Jou
leerders kan ’n maandelikse tabel (soos ’n almanak) invul
en ’n tekening maak van wat hulle op die spesifieke dag
gedoen het.

Maak seker die leerders pas hul plant


goed op en sien veranderinge raak.
Gereelde besprekings deur die jaar sal
hulle aanmoedig om belangstelling te
behou en om te onthou om hul plant
te versorg.
Aan die einde van die jaar kan jy elke
groep help om van hul tekeninge van
gedurende die jaar bymekaar te sit om
’n boek oor daardie plant te maak.
Maak seker dat jy tekeninge insluit
van belangrike dinge wat gebeur het
of wat die leerders waargeneem het.

34 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 35

Vryfprente van blare


Jy sal dunnerige papier en dik
vetkryt (heldergroen, bruin, oranje,
rooi) nodig hê. Laat jou leerders jou
dan help om ’n verskeidenheid
blare (verkieslik wat van ’n plant of
boom afgeval het) vir hierdie
aktiwiteit te versamel. Neem die
blare terug klas toe.

Die leerders moet die papier bo-oor ’n blaar sit en dan met ’n vetkryt vryf oor
die plek waar die blaar is. Die buitelyn en patroon van die blaar behoort te
verskyn. Laat jou leerders met die bokant en die onderkant van blare
eksperimenteer.
I Wat let hulle op?
I Wat kom hulle agter?
Hierdie aktiwiteit sal waarskynlik tot interessante vrae en kommentaar lei en
leerders bewus maak daarvan dat daar name nodig is vir verskillende
blaarrande en nerfpatrone. Dit kan natuurlikerwyse ook tot uitdagende
sortering en klassifikasie lei.
Ons heel eerste eie planteboek
Vra jou leerders aan die einde van die jaar:
I Wat het ons geleer?
I Waaroor kan ons ’n boek maak?
I Wat sal ons insluit?
I Wat sal ons uitlos?
I Hoe kan ons dit doen?
Elke paar of groep van drie leerders kan aan iets dink en
dan ’n prent teken van die plant wat hulle gekies het.
Met jou hulp kan hulle hul werk bymekaarsit en die
stukkies orden. Dan kan hulle jou help om elke stukkie
werk op ’n bladsy in die boek te plak.

LEWE EN LEWENSWYSE 35
2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 36

AFDELING 3
Energie en Verandering
Op hoeveel maniere kan ons ’n
flitslig laat brand?
Daar is verskeie maniere waarop jy hierdie ondersoek kan inlei. Jy kan begin
met ’n bespreking oor dag en nag, en wanneer ons iets soos ’n flitslig nodig het.
Of jy kan ’n storie vertel.

Of jy kan doen wat die Grondslagfase-onderwysers

iStock Photos
by Northwood gedoen het.

Inleiding
Gedurende die pouse net voor die ondersoek het die
onderwysers die vensters in ’n klaskamer met swart papier
toegemaak. Hulle het ook ’n klomp verskillende lampe
skool toe gebring. Die onderwysers het begin deur die
leerders in die donker klaskamer in te lei. Dit was nogal
donker. Jy kon nie jou hand voor jou oë sien nie! Hulle het
die leerders gevra wat hulle kan sien. Toe het hulle die
leerders gevra wat hulle sal help om te sien. Die leerders
het verskeie antwoorde gegee. Stadig het die onderwysers
een of twee lampe aangeskakel. Teen die muur agter in die
klaskamer het die onderwysers swart papier opgesit en
sterre daarop geplak. Dit was wonderlik!
Die onderwysers het die leerders op die mat laat sit en ’n bespreking gelei oor Nou en dan is
wat ons kan gebruik om ons in die donker te help sien as ons nie ligte kan dit die moeite
aanskakel nie. Uiteindelik het iemand voorgestel dat ons ’n flitslig kan gebruik.
werd om iets
Dit was regtig ’n opwindende manier om die ondersoek in te lei, en ons het
regtig spesiaal
bevoorreg gevoel om teenwoordig en deel van die ervaring te wees. Natuurlik
kan ’n onderwyser nie hierdie soort ding elke dag doen nie. Dit is egter nou en te beplan en
dan die moeite werd om iets regtig spesiaal te beplan en voor te berei. Jou klas voor te berei.
sal dit regtig waardeer.

36 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 37

Neem flitsligte waar


Wat jy nodig het
Jy sal ’n werkende flitslig vir hierdie bespreking nodig hê. Ons stel voor dat jy
’n vel blaaibordpapier met ’n eenvoudige tekening van ’n flitslig in die middel
het. Trek ’n paar lyne in die vorm van ’n spinnekopdiagram of kopkaart
daarop.
Waarneming
Vra jou leerders hoe hulle dink ’n flitslig
werk. Wat is al die dele wat ’n flitslig het?
Wat laat die gloeilamp brand? Teken jou
leerders se idees op die kopkaart aan. Ons
dink jy sal vind dat die leerders ’n goeie
idee het van wat in die flitslig is, selfs al
is hulle nie seker presies hoe dit werk nie.
Terwyl die bespreking vorder, haal jy die
flitslig uitmekaar sodat die leerders die
flitslig se sel (wat ons dikwels ’n battery
noem) en die klein gloeilampie sien. Vra
jou leerders: Hoe brand die flitslig?
Vind uit hoe die flitslig brand
Wat jy nodig het
Vir elke groep sal jy die volgende nodig
hê:
I ’n 1,5 volt-sel vir ’n flitslig (battery)
I ’n flitsgloeilamp
I twee plastiekbedekte drade wat elk
omtrent 20 cm lank is.
• Begin deur elke
groep net een Jy kan jou skool se Wetenskap-
draad te gee. koördineerder vra om hierdie toerusting
• Later kan jy elke
groep nog ’n draad
van Rutland Industrie te bestel. Die
gee. adres is op bladsy 82 in die bylaag.
Maak voor jy begin seker dat al die selle
en gloeilampe werk.
Jy sal ook die volgende vir elke groep
moet gee:
I ’n vel papier
I 5 gekleurde flitsselvorms
I 5 flitsgloeilampvorms
I wondergom
I ’n potlood.
Jou leerders kan dit gebruik om hul
bevindinge aan te teken. Daar is op
bladsy 76 in die bylaag ’n bladsy met
flitsselvorms wat jy kan fotokopieer en
uitknip. (Ons het die vorms op blou karton gefotokopieer.) Daar is ook ’n bladsy
met flitsgloeilampvorms op bladsy 77 in die bylaag, wat jy kan fotokopieer en
uitknip. (Ons het die gloeilampvorms op geel karton gefotokopieer.)

ENERGIE EN VERANDERING 37
2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 38

Ondersoek
Vertel aan jou leerders dat jy vir elke groep ’n
1,5 V-flitssel, ’n flitsgloeilamp en ’n stuk
draad gaan gee. Gee dit dan vir elke groep.
Verduidelik dat jy wil hê hulle moet
ondersoek hoe hulle die flitsgloeilamp kan
laat brand.
Beweeg van groep tot groep en kyk wat jou
leerders doen. Ons het gevind dat die leerders
baie weetgierig was en volgehou het. Soos
wat hulle verskillende maniere probeer het,
het ons hulle aangemoedig. Ons het ook
opgelet hoe goed hulle saamgewerk het om
die drade, die sel en die gloeilamp styf vas te
hou. Almal wou deelneem.
Teken aan
Sodra ’n groep dit reggekry het om
hul flitsgloeilamp te laat brand, gee jy
vir hulle:
I 5 blou flitsselvorms
I 5 geel flitsgloeilampvorms
I ’n klein stukkie wondergom
I ’n vel papier.
Wys jou leerders hoe om die blou
flitsselvorm op hul stukkie papier te
plak in ’n soortgelyke posisie as die
posisie waarin dit was toe die
gloeilamp begin brand het. Vra die
leerders dan om jou te wys waar die
gloeilamp was. Plak een van die geel
gloeilampvorms op die vel papier, in
dieselfde posisie waarin dit was toe
die gloeilamp begin brand het. Vra die
leerders dan om die posisie van die draad in te teken.
Wanneer jy jou leerders gehelp het om hierdie prent te
maak van wat hulle gedoen het, vra jy die groepe om aan
’n ander manier te dink om die gloeilamp te laat brand!
Verduidelik dat daar verskeie maniere is en dat jy wil hê
hulle moet soveel moontlik uitvind. Vra hulle om jou te
roep wanneer hulle nog ’n manier gevind het.
Werk met al die groepe op hierdie manier. Selfs al het jy ’n
baie groot klas, is dit moontlik om hierdie ondersoek met
jong leerders uit te voer.
Moedig elke groep aan terwyl jy rondbeweeg. Bied hulp aan as jy dink dat dit
absoluut nodig is. Probeer egter terselfdertyd om die leerders die ondersoek te
laat doen. Jy wil hulle dalk baie graag help, maar MOENIE. Laat jou leerders
die praktiese werk van die ondersoek doen. Ons is seker jy sal verbaas wees
oor die wetenskaplike gedrag wat hulle toon omdat jy dit aanmoedig.

38 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 39

Kommunikeer
Wanneer al jou groepe meer as een
manier gevind het om die gloeilamp te
laat brand, gee jy elke groep ’n kans
om hul metodes met die klas te deel.
Staan by die leerders om hulle te
ondersteun wanneer hulle praat. Laat
hulle hul prente van wat hulle gedoen
het, ophou. Dit is ’n belangrike deel
van die ondersoek. Nie al die groepe
sou dieselfde maniere gevind het om
hul flitslig te laat brand nie. Die ander
leerders sal idees kry vir nog maniere
om die gloeilamp te laat brand.
Vind nog maniere uit om die flitsgloeilamp te laat brand
Gee jou leerders nog tyd om ander maniere te
probeer vind. Daar is ten minste vyf maniere om
die flitsgloeilamp te laat brand. (Al hierdie
maniere verskyn op bladsy 79 in die bylaag.) As
jy met graad 2’s of 3’s werk, kan jy hulle
aanmoedig om al vyf maniere te probeer kry. As
jy met jonger leerders werk, sal jy kan aanvoel
wanneer hulle lank genoeg gewerk het. Jy kan die
leerders altyd later weer ’n geleentheid gee om dit
te doen. Dit sal dan interessant wees om te sien of
hulle van die maniere wat hulle gevind het,
onthou, en of hulle heeltemal nuwe maniere vind.
Laat jou leerders hul name op hul prente skryf. Dan kan jy dit teen die
klaskamermuur uitstal.
Noukeurige waarneming van ’n flitsgloeilamp
Graad 2’s en Graad 3’s
In hierdie aktiwiteit wil jy hê jou leerders moet die flitsgloeilamp noukeuriger
waarneem. Hoe lyk die gloeilamp? Wat is die kenmerke daarvan?
Berei voor vir die waarneming
Jy sal vir hierdie aktiwiteit ’n groot tweedimensionele
(plat) model van ’n flitsgloeilamp moet maak. (Ons het die
dele vir hierdie model op bladsy 78 gegee. Jy kan dit
fotokopieer en uitknip. Ons het weer geel karton vir die
flitsgloeilamp en blou karton vir die flitssel gebruik.)
I Knip die groot gloeilampvorm uit.
I Knip die ander vorm vir die metaalbasis van die
gloeilamp uit.
I Plak die onderste deel van die gloeilamp op die
regterkantste reghoek sodat dit oor die ingekleurde
driehoek pas.
I Gebruik ’n groot swart vetkryt of kokipen om die twee
dik drade te teken, soos aangedui.

ENERGIE EN VERANDERING 39
2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 40

I Knip ’n klein ovaal kraletjievorm uit ’n kleurprent in ’n tydskrif en plak dit


oor die swart lyne wat jy geteken het. (Dit stel die glaskraletjie voor wat keer
dat die twee dik drade aan mekaar raak.)
I Maak ’n filament van ’n rolletjie dun draad, en maak dit
vas oor die punte van die dik swart lyne. Een manier is
om die punte van die rolletjie draad deur die karton te
steek en om kleeflint te gebruik om dit aan die
agterkant vas te plak.
I Vou die linkerkant van die basis van die gloeilamp oor
die regterkant. Nou is jou model van ’n flitsgloeilamp
amper klaar.
I Gebruik stukke wondergom om die metaalsoldeermerk
aan die kant van die houer en die onderste metaalpunt
van die flitslig voor te stel.
I Uiteindelik kleur jy die trapesiumvorm tussen die
metaalhouer en die metaalpunt van die flitssel in. Dit
wys die laag swart plastiek wat die metaalsilinder van
die metaalpunt skei.
Hierdie model is spesiaal ontwerp sodat jy kan wys hoe die binneste dele van
die gloeilamp gerangskik is. Wat in ’n gloeilamp gebeur, sal altyd ’n misterie vir
die leerders bly tensy hulle kan nadink oor hoe die drade gerangskik is en dan
kan uitvind wat gebeur.
Werk met die leerders
Teken ’n gesig op die bord. Vra:
I Watter kenmerke het ons op ons
gesigte? Wat is die verskillende
dele?
Selfs baie jong leerders sal voorstelle
kan maak. Soos wat hulle voorstelle
maak, teken jy die kenmerke in en
benoem elkeen.
Vertel jou leerders nou dat jy dieselfde
ding met die flitsgloeilamp wil doen.
I Wat is die kenmerke of dele van ’n
gloeilamp?
Gee die leerders ’n paar minute om
noukeurig waar te neem. Terwyl hulle
dit doen, teken jy die buitelyn van ’n
flitsgloeilamp op die bord. Wanneer jy
dink dat jou leerders gereed is, vra jy
hulle om jou te vertel wat hulle sien.
Soos wat hulle jou vertel van die
verskillende kenmerke wat hulle
opgelet het, teken en benoem jy
daardie dele.

40 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 41

Begin met die ronde glasdeel en vra:


Elektrisiteit
Elektrisiteit is ’n vorm
I Wat sien ons hier?
van energie. I Wat sien ons binne-in die glasbal?
Van elektriese energie I Wat sien ons tussen die twee dik drade?
kan ons die volgende I Wat sien ons tussen die twee dik drade naby aan die basis/aan die
kry:
onderkant?
• hitte-energie (stowe
en verwarmers) I Wat is onder die glaslamp?
• klankenergie I Wat kan ons aan een kant van die metaalhouer naby die bokant sien?
(radio’s, selfone, I Wat is aan die onderkant van die flitsgloeilamp?
deurklokkies) I Wat kan ons tussen die metaalhouer en die metaalbasis sien?
• bewegingsenergie
I Is daar enigiets anders wat jy waargeneem het?
(waaiers,
speelgoed- Wys dan die model van die flitsgloeilamp wat jy gemaak het. Vra:
karretjies). I Wat dink jy sal ons vind as ons die metaalhouer kan oopmaak?
I Wat sal daarin wees?
I Waarheen gaan die twee drade?
Gee hulle tyd om te dink. Wat voorspel hulle sal die
rangskikking van die drade wees? Moedig hulle aan om
weldeurdagte raaiskote te waag. Maak dan jou model oop
en wys hulle hoe een draad met soldering aan die
metaalhouer verbind is, en hoe die ander draad na die
metaalpunt aan die onderkant van die flitsgloeilamp gaan.
Gebruik nou jou model om te wys dat daar ’n volledige
roete, of stroombaan, vir die elektrisiteit is wanneer die
gloeilamp brand. Die elektrisiteit kan vrylik in ’n volledige
baan beweeg. Dit beweeg vanaf die flitssel, deur die draad
na die metaalkassie, en dan na die een dik draad. Van daar
gaan dit deur die dun filamentdraad. Dit veroorsaak dat
die filament brand, en dit gaan langs die ander dik draad
weer terug na die flitssel.
Wat het ons geleer?
Maak uiteindelik tyd om saam met jou
leerders oor hierdie ervaring te besin.
Gebruik die kopkaart wat jy aan die
begin van hierdie ondersoek gemaak
het toe jy jou leerders ’n flitsgloeilamp
noukeurig laat waarneem het en hulle
laat dink het oor hoe dit werk. Lees
alles op die kopkaart saam met jou
leerders.
Laat jou leerders dan praat oor wat
hulle gedoen het en wat hulle
uitgevind het toe jy elke groep ’n
flitssel en ’n flitsgloeilamp gegee het.
Moedig die stiller leerders aan om
deel te neem.

ENERGIE EN VERANDERING 41
2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 42

Ondersoek stoot en trek

iStock Photos
Wat jy nodig het
Jy sal genoeg ou tydskrifte nodig hê sodat daar ten minste
een tydskrif vir elke twee leerders is. Jy sal ook baie
gepaste voorwerpe nodig hê wat jou leerders by die huis
en uit hul daaglikse lewe ken. Probeer seker maak dat jy
’n verskeidenheid voorwerpe het sodat jy jou leerders
verskillende ervarings kan gee om te beklemtoon hoeveel
stoot, trek en draai ’n deel van hul lewens is. Ons het die
volgende gebruik: speeldeeg, klei, ballonne,
klippe, metaal, stukkies hout, rekkies,
wondergom, sponse, sagte balletjies, ’n veer,
papier, leë plastiekhouers met deksels om oop
en toe te draai, leë houers met deksels om af
te trek of terug op te druk, ensovoorts. Sit die
dinge wat jy versamel het in ’n groot boks of
mandjie sodat dit gereed is vir die eerste deel
van die ondersoek.
Maak ook seker dat jy albasters, ballonne,
klein speelgoedkarretjies, ’n paar gladde
houtplanke en twee of drie bakstene het. As
jy met graad 2’s of graad 3’s werk, stel ons
voor dat jy ook maatbande of baie lang liniale
beskikbaar het.

42 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 43

Lei die ondersoek in


Stoot en trek is ’n deel van ons daaglikse lewens. Om die
waarheid te sê, soos wat Audrey Dryding by die werks-
winkel waargeneem het: “Alles wat ons doen, behels ’n
stoot, ’n trek of ’n draai!” Ons het ’n prentestorieboek
gekry om hierdie ondersoek in te lei: Die yslike raap. Dit is
’n tradisionele verhaal uit Rusland wat deur Leo Tolstoi
geskryf is. Die Ladybird-uitgawe is beskikbaar in
Afrikaans.
In die storie plant ’n ou man rape. Een van die rape raak
yslik groot en wanneer die ou man dit probeer uittrek, kan
hy nie. Hy roep toe sy vrou. Uiteindelik help sy vrou, sy
kleindogter en verskeie diere hom en hulle kry dit reg om
die raap uit te trek. Die taal van die storie is eenvoudig en
daar is baie herhaling. Dit is ideaal vir die Grondslagfase.
Die storie verskyn op bladsy 80 in die bylaag.
Wanneer stoot ons en wanneer trek ons?
Praat met jou leerders oor stoot en trek wanneer jy die storie vir hulle gelees of
vertel het. Vra:
I Wanneer stoot ons?
I Wanneer trek ons?
Jy kan hulle vra om verskillende dinge in die klaskamer te
beweeg. Byvoorbeeld, jy kan een van die leerders vra om
’n venster of die deur oop te maak. Wanneer die leerder
dit doen, vra jy: “Wat doen jy? Stoot jy of trek jy?” Of in
plaas van om die leerder wat die aksie uitvoer te vra, moet
die ander leerders baie noukeurig kyk wat gebeur. Terwyl
die leerder ’n venster of deur oopmaak of toemaak, vra jy
vir die klas: “Wat doen sy of hy? Stoot of trek sy of hy?”
Neem dan die boks of mandjie met die verskillende
voorwerpe wat jy bymekaargemaak het. Gee ’n paar
verskillende dinge vir elke groep. Sê dat jy wil hê hulle
moet ondersoek wat hulle moet stoot en wat hulle moet
trek. Dit is baie waarskynlik dat die woord “draai” nou ter
sprake sal kom. Byvoorbeeld, wanneer ons ’n lap uitdraai,
is dit ’n kombinasie van ’n stoot (met een hand) en ’n trek
(met die ander hand).
Woordspinnekoppe
Jy sal drie velle blaaibord-
papier en ’n paar dik koki-
penne of vetkryt vir hierdie
aktiwiteit nodig hê. Skryf een
van die volgende drie woorde
in die middel van elke vel:
I Stoot
I Trek
I Draai.

ENERGIE EN VERANDERING 43
2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 44

Teken ’n kring om die woord, net soos jy in ’n kopkaart sal


maak. In plaas van ’n kopkaart gaan jy egter ’n
woordspinnekop maak. Die idee is om jou leerders te laat
dink aan al die woorde (heel moontlik meestal
werkwoorde) wat die beweging behels wat in die woord
op die bladsy beskryf word. As jy die woord “Stoot” in
die middel van die papier geskryf het, moet
jou leerders probeer dink aan woorde wat te
doen het met stoot.
Dit is ’n nuttige manier om jou leerders aan
woorde te laat dink en om hul woordeskat uit
te brei en te ontwikkel. Wanneer hulle dink aan
die aksies wat met hierdie drie bewegings te
doen het, berei jy hulle voor vir die volgende
taak.
Soek voorbeelde van stoot en trek
I Jy sal baie ou tydskrifte vir hierdie taak nodig
hê. Jy moet ten minste genoeg hê om een
tydskrif vir elke paar leerders te gee om na te
kyk. Jy sal ook genoeg skêre nodig hê sodat
elke paar een kan hê.
I Vra jou leerders om prente te soek waarin
hulle ’n stoot of ’n trek kan sien. As jy met
jonger leerders werk, kan jy hulle vra om
net prente met ’n stoot te soek, of hulle
kan net prente met ’n trek soek.
I Wanneer jou leerders verslag doen en hul
prente wys, sal al die leerders al die prente
sien, en daar sal prente wees van mense of
dinge wat stoot en daar sal prente wees
van mense of dinge wat trek.
Ouer leerders kan elke beweging benoem.
Verskillende werkstasies
’n Ander manier waarop jy aan jou leerders
’n ondersoekervaring kan gee, is om
verskillende “werkstasies” op te stel. Al
behels dit versigtige beplanning en voorbereiding, is dit ’n opwindende manier
om leerders om ’n ryk ervaring te gee. Een ding is dat hulle betrokke sou wees
by verskillende ondersoeke met dieselfde fokus. Wanneer die leerders verslag
doen oor wat hulle gedoen het, sal hul klasmaats wil hoor wat die ander
groepe gedoen het.
Lees eerstens deur die vier voorgestelde ondersoeke hieronder. Maak dan die
materiaal wat jy sal nodig hê bymekaar. Onthou, jy doen Wetenskapondersoeke
met jou leerders. Nader die Wetenskapkoördineerder of jou skoolhoof oor die
koop van toerusting. Skole het ’n begroting vir die koop van materiaal wat vir
leer en onderrig gebruik word. Al klink sommige van die voorwerpe wat
hieronder genoem word nie soos “wetenskaptoerusting” nie, toon die gebruik
van hierdie materiaal duidelik stoot en trek.

44 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 45

WERKSTASIE 1
Wat het ’n stoot nodig, wat het ’n trek nodig
en wat het ’n draai nodig?
Jy sal ’n verskeidenheid goed wat jou leerders ken, moet
versamel. Soek by die huis en in die klaskamer. Jy kan
die volgende insluit: ’n plastiekbottel met ’n skroefdop,
iets met ’n deksel dat jy aftrek en opdruk, ’n pen of
potlood, ’n uitveër, ’n skuifspeld, sagte balletjies, lyn,
’n rekkie, ’n paar ballonne, wondergom, speeldeeg,
klippe, iets gemaak van metaal, iets gemaak van hout,
’n veer, ensovoorts. Sit al die goed in ’n redelike
groot vlak boks (die deksel van ’n boks vir
fotokopieerpapier werk goed) sodat ’n groep leerders
maklik iets kan beetkry om uit te vind of jy dit
moet stoot, trek of draai.
Vra jou leerders om die voorwerp te ondersoek om uit te vind of hulle moet
stoot, trek of draai. Verduidelik dat jy die voorwerpe in drie groepe wil sorteer:
dié wat ons moet stoot, dié wat ons moet trek en dié wat ons moet draai. As jy
met graad 2’s of 3’s werk, kan jy ’n taakkaart met instruksies maak. As jy met
graad R’s of graad 1’s werk, sal jy hulle heel moontlik mondelinge instruksies
gee.
’n Voorbeeld van ’n taakkaart
Wat het ’n stoot nodig? Wat het ’n trek nodig? Wat het ’n draai nodig?
As jy met graad 2’s of 3’s werk, kan jy
Ondersoek wat jy in die boks kry. jou leerders ook vra om hul
bevindinge aan te teken. Jy kan hulle
Wat het ’n stoot nodig? Sit alles bymekaar.
’n tabel met drie kolomme gee om
Wat het ’n trek nodig? Sit alles bymekaar. elke voorwerp in die gepaste kolom
aan te teken, of jy kan hulle vra om
Wat het ’n draai nodig? Sit alles bymekaar.
hul bevindinge te teken.
Teken elke ding wat ’n stoot nodig het in die Stoot-kolom

Teken elke ding wat ’n trek nodig het in die Trek-kolom

Teken elke ding wat ’n draai nodig het in die Draai-kolom

Stoot Trek Draai


’n Voorbeeld van ’n tabel
Graad R’s en graad 1’s kan ook hul
bevindinge aanteken deur elke
voorwerp in een van drie kolomme te
teken. Wanneer die leerders dan
verslag doen oor wat hulle uitgevind
het, sal hulle ’n tekening hê om hulle
te herinner aan wat hulle uitgevind
het.

ENERGIE EN VERANDERING 45
2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 46

Werkstasie 2
Wat laat ’n speelgoedkarretjie vinniger ry?
Jy sal ten minste ses klein speelgoedkarretjies nodig hê.
Jy behoort dit redelik goedkoop by ’n kettingwinkel te
kan koop. Dit is dikwels beskikbaar in stelle van drie of
vier. Probeer egter om ’n verskeidenheid karretjies,
bakkies en vragmotors te kies. Dit sal beteken die
leerders kan nadink oor:
I Wat veroorsaak dat een voertuig vinniger as ’n ander
beweeg?
I Wat veroorsaak dat een voertuig verder met dieselfde
stoot beweeg?
Deel 1
I Merk ’n deel van die klaskamer af
waar die groep hierdie aktiwiteit
kan uitvoer.
I Trek ’n wegspringstreep vir die
leerders om hul resies te begin.
I Verduidelik aan die groep dat jy wil
hê hulle moet die vinnigste
voertuig kry.
I Maak dit duidelik aan die leerders
waar hulle met hul karretjies kan
“jaag”.
I Sê hulle moet seker maak hulle begin almal by die wegspringstreep.
I Sê een leerder moet vir die ander sê wanneer om te begin.
I Gee dan vir elke leerder in die groep een van die karretjies.
I Sodra die afsitter “Gaan!” sê, moet elke leerder hul karretjie net één stoot
gee om dit te laat ry.
I Watter karretjie ry die vinnigste? Waarom?
I Watter karretjie ry die verste? Waarom dink hulle is dit so?
Graad 2’s en graad 3’s kan die afstand meet wat hul karretjies beweeg het.
Deel 2
In die tweede deel van die ondersoek
moet jy ’n steil afdraand maak. Jy kan
een of twee bakstene gebruik om een
kant van ’n stywe bord of plank op te lig.
Maak ook plek in jou klaskamer waar jou
leerders met hul karretjies kan “jaag”.
I Sê jou leerders moet beurte maak om
elke karretjie sonder ’n stoot van die
bokant van die afdraand te laat ry.
I Watter karretjie gaan die verste?
Waarom is dit so, dink hulle?
I Vra hulle om die inligting aan te
teken. Graad 1’s kan die karretjie wat
die verste gaan, teken. Graad 2’s en
graad 3 kan ’n tabel invul.

46 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 47

I Graad 2’s en graad 3’s kan die afstand meet wat hul karretjies vanaf die
onderkant van die afdraand gery het.
I Laat die groep hul ondersoek verskeie keer herhaal. Vra die leerders om die
resultate elke keer aan te teken.
I Watter verskil maak dit as hulle die helling van die afdraand verander? Ry
die karretjies dan verder? Moedig jou leerders aan om enige verskille te
probeer verduidelik.
I As die leerders ’n blok hout aan die onderkant van die afdraand sit, stop dit
die karretjies? Of laat die karretjies die blok beweeg? Wat gebeur as hulle
nog ’n blok hout daar sit?
As jy met graad 2’s of 3’s werk, maak
seker dat jou leerders hul bevindinge
aanteken. Hulle kan dit doen deur te
teken, deur ’n tabel in te vul of selfs
deur ’n grafiek te maak.
I Watter karretjie het die verste sonder
die afdraand gery?
I Watter karretjie het die verste gery toe
die afdraand gebruik is?
Wanneer jou leerders aan die klas
verslag doen oor hul bevindinge, vra jy:
I Wat laat die karretjies vinniger gaan?
I Gaan die karretjies vinniger teen ’n
afdraand af?
I Maak die afdraand se helling ’n verskil? Waarom is dit so, dink jy?
Hulle kan ook dink oor hoe jy twee verskillende karretjies ewe hard kan stoot.
WERKSTASIE 3
Albasters Begin en stop
Hoe kan jy ’n albaster laat beweeg? Jy sal ’n sakkie albasters en strooitjies vir hierdie
Wat doen jy om dit te laat beweeg? ondersoek nodig hê.
Dink aan verskillende maniere om dit te laat
Gee die albasters vir ’n groep leerders en laat hulle ’n
beweeg.
rukkie daarmee speel. Vra dan jou leerders om te
Watter manier is beter as ander maniere?
ondersoek hoe hulle die albasters kan laat beweeg.
Waarom is hierdie manier die beste?
Vra:
I Hoe kan jy ’n albaster laat beweeg?
I Wat doen jy om dit te laat beweeg?
I Is daar verskillende maniere om ’n albaster te laat beweeg?
I Is daar een manier wat beter as ander maniere is?
I Waarom is dit so, dink jy?
Gee jou leerders tyd om na te dink oor hoe hulle die albasters kan laat
beweeg. Moedig hulle dan aan om te dink wat hulle kan doen om
albasters te laat beweeg en om albasters te laat ophou beweeg.
Vra:
I Aan hoeveel maniere kan jy dink om ’n albaster te laat ophou beweeg?
I Watter manier werk die beste?
I Wat laat iets begin beweeg?

ENERGIE EN VERANDERING 47
2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 48

Volgende gee jy jou leerders strooitjies en vra hulle om hul strooitjies te gebruik
om hul albasters te laat beweeg. Kan hulle die strooitjies gebruik om die
albasters te laat ophou beweeg? Gee die leerders tyd om te eksperimenteer en
soveel maniere moontlik te kry om die strooitjies te gebruik om hul albasters te
laat beweeg en te laat ophou beweeg.
WERKSTASIE4
Wat “trek” magnete na hulle aan?
Jy sal ’n verskeidenheid voorwerpe wat van verskillende
materiaal gemaak is, bymekaar moet maak. Probeer om
baie verskillende dinge te versamel wat jou leerders
tuis, in die omgewing of by die skool kan kry. Sit
hierdie verskillende voorwerpe op ’n groot skinkbord
of in die vlak deksel van ’n groot boks sodat al die
leerders in ’n groep die voorwerpe kan bykom om die
eienskappe daarvan te ondersoek.
Jy sal ook ’n magneet vir elke leerder nodig hê. Dit
is die beste as al die leerders in ’n groep die
ondersoek gelyktydig kan doen sodat niemand moet
wag om ’n magneet te gebruik nie.
Sit die skinkbord met die verskillende voorwerpe op die tabel en gee aan elke
leerder ’n magneet. Vra jou leerders om die verskillende stowwe te ondersoek
en om al die dinge te kry wat die magnete aantrek – wat die magnete na hulle
“trek”. Vra die leerders om twee stelle voorwerpe te maak. Hulle moet een stel
voorwerpe maak wat die magnete aantrek en hulle moet een stel voorwerpe
maak wat die magnete nie aantrek nie. Vra jou leerders om hul bevindinge in ’n
tabel met twee kolomme aan te teken of deur tekeninge te maak.

48 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 49

Weer eens, as jy graad 2’s of 3’s onderrig, kan jy die


instruksies op ’n taakkaart skryf. Voeg ’n paar verdere vrae
by, soos:
’nMagneet trek sekere dinge aan.
I Wat trek dit aan?
I Wat trek dit nie aan nie?
I Wat gebeur as jy twee magnete neem en dit in
verskillende posisies sit?
I Draai een magneet om. Wat gebeur nou?

Magnete
’n Magneet trek sekere dinge aan.
Wat trek dit aan?
Wat trek dit nie aan nie?
Wat gebeur as jy twee magnete neem en dit in
verskillende posisies sit?
Draai een magneet om. Wat gebeur nou?

As jy met graad R’s of graad 1’s werk, moet jy seker maak


dat jy tyd daaraan bestee om tussen die leerders rond te
beweeg en hulle te ondersteun en aan te moedig. Maak
seker dat hulle hul bevindinge aanteken. Selfs jong
leerders kan teken wat hulle in hul ondersoeke gesien het.

’n Laaste woord
Stoot en trek Soos ons by die werkswinkel ontdek het, is stoot en trek ’n deel van ons
is deel van daaglikse lewens. Twee onderwysers betrokke by die projek het ’n
ons daaglikse liggaamsopvoedingles gebruik sodat hul leerders stoot en trek kon ondersoek.
Dit was regtig interessant en het duidelik getoon net hoeveel stoot en trek ’n
lewens.
deel is van elke beweging wat ons maak.

ENERGIE EN VERANDERING 49
2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 50

AFDELING 4
Die Aarde en daar buite

Ondersoek die fases van die maan


Een van die inhoudsvelde in die Natuurwetenskappe-kurrikulum fokus op Die Aarde en daar buite.
Met ander woorde, ons word aangemoedig om te ondersoek en meer uit te vind oor die Aarde en
die hemelruim. Mense is nog altyd gefassineer met wat hulle sien in die hemelruim sien – snags en
bedags. Maande is na rangskikkings sterre (konstellasies) vernoem. Junie is byvoorbeeld vernoem
na die Pleiades, wat in isiXhosa iSilemela genoem word. In baie kulture is daar stories vertel om
spesifieke groepe sterre te verduidelik.

50 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 51

Hierdie ondersoek fokus op die verskillende fases van die Maan. Jy sal jou
leerders die Maan oor ’n tydperk van ten minste 30 dae moet laat waarneem.
As hulle geïnteresseerd is, kan die waarneming selfs langer aanhou. Ons was
opgewonde om agter te kom dat selfs graad 1’s aan die begin van die jaar in
staat was om so ’n lang waarneming vol te hou. Hulle was ook in staat om aan
te teken wat hulle gesien het!
Maankyk-kalender Wat jy nodig het
Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag
Wat sal jy nodig hê? Ons verskaf ’n voor-
beeld van ’n Maankyk- kalender op
bladsy 83 in die bylaag. Ons stel voor jy
fotokopieer en vergroot dit sodat jou
leerders kan aanteken wat hulle sien. Ons
het ook ’n lang sigsag-boek gemaak as ’n
verdere manier om aan te teken hoe die
Maan lyk. Ons het ook ’n Maankalender
vir Afrika wat die veranderende fases van
die Maan vir die hele jaar wys, opgesit.
Hierdie almanakke word gemaak deur
Clip-Clop, ’n klein maatskappy in Kaap-
stad, en is beskikbaar by hulle. Jy sal hul
kontakbesonderhede op bladsy 82 in die
bylaag vind.

Jy sal ook moet dink oor die tyd van


jaar wanneer jy hierdie ondersoek
uitvoer. Ons het die fases van die
Maan gedurende die eerste kwartaal
van die jaar waargeneem, wanneer die
lug in die Wes-Kaap gewoonlik helder
is. Jy sal mooi moet dink oor wanneer
die lug waarskynlik die helderste vir
jou en jou leerders gaan wees. Dit kan
frustrerend wees as dit baie bewolk is
en die leerders nie die Maan kan sien
nie.

DIE AARDE EN DAAR BUITE 51


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 52

Wat weet ons van die Maan?


Eerstens moet jy uitvind wat jou leerders van die Maan
weet. Jy sal ’n vel blaaibordpapier en ’n paar dik
kokipenne of vetkryt nodig hê. Skryf die woord Maan in
die middel van die vel papier en trek ’n kring om die
woord. Voeg dan lyne by om ’n kopkaart (gedagtekaart)
te maak van wat jou leerders jou vertel.
Maak jou leerders om jou bymekaar en vra hulle wat
hulle jou van die Maan kan vertel. Jy kan verwag dat
hulle dinge soos die volgende sal sê:
I Die Maan is nie altyd dieselfde vorm nie. Soms dit is
rond, soos ’n kring of ’n bal.
I Ander kere is dit die vorm van ’n piesang, ’n halwe
lemoen of selfs ’n rugbybal! (Daar
is ’n baie goeie skakel hier met
wiskundetaal.)
I Sommige leerders sal dalk ook sê
dat die Maan nie altyd in dieselfde
posisie is nie. Dit lyk asof dit
beweeg. (Al lyk dit asof die Maan
regdeur die nag in ’n boog deur die
naghemel beweeg, weet ons dit
beweeg eintlik baie stadig. Dit
neem die Maan 29 —41 dae om een
keer om die Aarde te beweeg. Dit is
die wenteling van die Aarde wat dit
laat lyk of die Maan vinniger
beweeg.)
I Die leerders kan vir jou vertel dat die Maan soos die son in ’n 24 uur-siklus
opkom en gaan sak. (Om die waarheid te sê, dit is omdat die Aarde een keer
elke 24 uur om sy eie as wentel. Dit is nie omdat die Son en Maan beweeg
nie.)
I Jy kan ook verwag dat die leerders jou sal vertel van verskillende beelde wat
hulle op die gesig van die Maan sien. Ons het gevind dat sommige leerders
sê hulle het ’n vrou met ’n bondel hout op haar kop, ’n baba op haar rug en
’n hond wat langs haar loop, gesien. Een van die leerders het vir ons gesê
dat hy ’n perd gesien het!
I Die leerders sal heel moontlik oor die kleure van die maan praat. Ons het
gevind dat die leerders silwer, goud en rooierig oranje genoem het.

Party leerders sê hulle het ’n


vrou met ’n bondel hout op haar
kop, ’n baba op haar rug en ’n
hond wat langs haar loop,
gesien. Een van die leerders het
Haas Vrou Kewer gesê dat hy ’n perd gesien het!

52 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 53

Wat wil ons van die Maan


weet?
Vind dan uit wat jou leerders van die
Maan wil weet. Neem ’n skoon vel
blaaibordpapier en skryf bo-op Wat
ons van die Maan wil weet. Skryf dan
jou leerders se vrae neer. Vrae wat jou
leerders waarskynlik sal vra, is heel
moontlik:
I Wat gebeur met die Maan?
I Wat is die Maan?
I Hoe is dit op die Maan?
I Kan jy die Aarde van die Maan
sien?
I Waarom lyk die Maan verskillend
op verskillende aande?
I Hoe ver is die Maan van ons, dink
jy?
I Hoe kan ons uitvind?
Jy sal nie in staat wees om al jou
leerders se vrae te ondersoek nie. Jy
kan egter sommige ondersoek. In
party gevalle sal jy boeke by jou
plaaslike biblioteek kan kry om van
jou leerders se vrae sal beantwoord. Jy
kan ook ’n besoek aan die Iziko
Planetarium reël. Hul telefoonnommer
en adres verskyn op bladsy 82 in die
bylaag.
Sê vir jou leerders dat as hulle meer
oor die Maan wil uitvind, hulle die
Maan elke aand vir ’n paar weke lank
sal moet waarneem. Plak ’n vergrote
afskrif van die Maankyk-kalender
(sien bladsy 83) op en vra jou leerders
om daardie aand spesifiek na die
Maan te kyk. Herinner hulle dat jy
hulle die volgende dag sal vra wat
hulle gesien het, en watter vorm die
Maan was.
Herinner jou leerders aan die einde
van elke dag gedurende die volgende
vyf weke dat jy wil hê hulle moet die
Maan waarneem. Verduidelik dat jy
verwag dat hulle die volgende dag
verslag moet doen oor hul waarne-
mings. Laat hulle elke dag op die
Maankyk-almanak teken wat hulle die
vorige aand gesien het.

DIE AARDE EN DAAR BUITE 53


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 54

Geleidelik sal jy en jou leerders ’n patroon sien. As julle vir vyf weke met die
waarneming aanhou, sal hulle begin sien dat die patroon homself herhaal.
Miskien sal nie al jou leerders onthou om die Maan waar te neem nie. Sommige
sal egter. Ons is ook seker dat jy sal vind dat meer en meer leerders soos wat
die tyd verbygaan, sal onthou om na die Maan te kyk.
Werk met Graad 1’s
Sukaina Mitchell, ’n graad 1-
onderwyseres in die projek, het haar
leerders wat net vir ’n paar weke op
skool was, gekry om met hierdie lang
waarneming vol te hou. Met Sukaina
se ondersteuning het hierdie jong
leerders hul bevindinge op die
Maankyk-almanak en in ’n sigsag-
boek aangeteken. Sukaina het ook
hierdie ondersoek gebruik om met
vorm te skakel, en sodoende
Wiskunde met hierdie
Natuurwetenskap-ondersoek
geïntegreer.
Dinge om aan te dink en met jou leerders te
bespreek
Jy kan ook voorstel dat jou leerders hul gesinne vra wat
hulle van die Maan weet. Dan kan hulle hierdie inligting
met die res van die klas deel. Hierdie inligting kan
kulturele inligting (kennis en gelowe) oor die Maan insluit.
I Byvoorbeeld, sommige mense glo dat dit die beste tyd is
om saad en plantjies te plant wanneer die Maan groei.
Hulle glo dat saad en plantjies nie so goed groei as hulle
geplant word wanneer die Maan kwyn (kleiner word)
nie.
I Sommige mense sê dat wanneer die Maan in ’n
spesifieke posisie is, dit beteken dat dit gaan reën.
I Waarom huil honde wanneer die maan vol is?

Die Maan
Die Maan het fases.
Ons sien die Maan
omdat dit die Son se lig
weerkaats.

54 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 55

Ondersoek die weer

Aan die begin van die projek het onderwysers hul leerders gevra wat hulle
graag oor hul wêreld wil uitvind. Onder die vrae wat die leerders gestel het,
was verskeie oor die weer en natuurverskynsels.
I Beweeg wolke werklik? Hoe? (graad 1)
I Wat maak weerlig? (graad 2)
I Wat veroorsaak donderweer? Waarom is dit so hard? (graad 2)
I Waar kom wolke vandaan? (graad 3)
In reaksie op hierdie vrae het ons negende ondersoek op die weer gefokus.
Daar is baie maniere waarop jy die
weer as ’n fokus van ondersoek kan
inlei. Jy kan hierdie onderwerp met
werk oor die veranderende seisoene
skakel, of jy kan die weer as ’n uitbrei-
ding van jou daaglikse aantekening van
die weer met jou klas ondersoek.
Een manier om te begin
As jy besluit om die weer met die
seisoene te skakel, stel ons voor dat jy
begin deur ’n bespreking oor die
seisoene te hê. Laat jou leerders dink
aan hoe die weer op daardie dag is. Vra
hulle hoe dit die afgelope paar weke
was (warm, koel, nat, winderig, warm,
ens.)

DIE AARDE EN DAAR BUITE 55


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 56

Vra dan:
I Hoe laat word dit soggens lig?
I Ongeveer hoe laat word dit saans donker?
Teken op ’n vel blaaibordpapier aan wat jou leerders jou
vertel. Dit kan in die vorm van ’n kopkaart of miskien ’n
tabel wees. As jy met jonger leerders werk, is dit belangrik
om die leerders se inligting op ’n duidelike manier aan te
teken, en verkieslik in die vorm van ’n diagram. As jy ’n
lys maak, moet jy seker maak dat jou skrif groot en
duidelik is.
As jy met graad 2’s of 3’s werk, kan jy jou leerders laat waarneem en aanteken
hoe laat dit soggens lig word en hoe laat dit saans donker word. Hulle kan die
tye ook in ’n koerant kontroleer. Dit kan dan tot ’n fokus op dag en nag lei.
’n Ander manier
As jy besluit om jou daaglikse verslaghouding van die weer met jou leerders uit
te brei, kan jy ook ’n bespreking hê. Vra jou leerders:
I Waai die wind altyd in dieselfde rigting?
I Wat is die verskillende woorde wat mense gebruik wanneer hulle oor die
wind se beweging praat? (bv. bries, stormwind) Jy kan woordspinnekoppe
van hierdie woorde maak.
I Hoeveel reën kry ons in ’n week of ’n maand (hierdie tyd van die jaar)?
I Is ons skaduwees altyd ewe groot?

56 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 57

Werk met Graad R’s


Vroeg een lenteoggend het Nigel, ’n graad R-onderwyser in Londen, sy leerders
buitentoe geneem om mekaar se skaduwees op groot velle papier te teken. Die leerders
het hul eie skaduwees ingekleur, dit uitgeknip en opgehang.
’n Paar weke later het Nigel die leerders weer buitentoe geneem. Hierdie keer het hy
hulle om twaalfuur uitgeneem. Toe die leerders buite kom, kon hulle nie hul skaduwees
sien nie. Die skaduwees was baie kleiner. Party kinders was nogal bekommerd!
Toe Nigel later sy kollegas hiervan vertel, het een van die Intermediêre Fase-
onderwysers gesê: “O goed! Nou kan jy verduidelik waarom hul skaduwees so klein
was of verdwyn het.”
“Nee,” het Nigel gesê. “Ek gaan nie dit doen nie. Ek wil hê hulle moet aanhou om
daaroor na te dink, en wanneer hulle ouer is en van die beweging van die Aarde leer,
sal hierdie ervaring hulle help om dit te verstaan.”
Dit is belangrik. Ons wil hê ons leerders moet aanhou wonder oor goed. Later sal hulle
dan leer waarom hul skaduwees klaarblyklik verdwyn het.
Graad 2’s en 3’s kan hul skaduwees meet. Op hierdie manier sal jy jou
wetenskapondersoek met Wiskunde integreer.

As jy graad R’s of graad 1’s onderrig, kan jy doen wat Nigel gedoen het en
hulle om mekaar se skaduwees laat teken en dit dan teen die klaskamermure
hang. Die leerders kan hul skaduwees meet deur hul voete of handspan te
gebruik.

Ondersoek die weer


Jy sal moet besluit hoe lank jy wil hê hierdie ondersoek moet aanhou. Jy kan
besluit dat jou leerders die weer vir ’n maand moet ondersoek. Of hulle kan die
ondersoek vir ’n hele kwartaal laat aanhou. Dit is jou keuse. Die belangrike
ding is dat jy jou leerders aanmoedig om “soos wetenskaplikes te dink en op te
tree” (Skamp, 1998).

DIE AARDE EN DAAR BUITE 57


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 58

Wat doen wetenskaplikes? Hulle neem iets waar en teken hul bevindinge Praat met jou
gereeld vir ’n tydperk aan. As jy jou leerders wil aanmoedig om soos
leerders oor die
wetenskaplikes te dink en op te tree, moet jy hulle die weer ten minste drie
keer ’n dag laat aanteken. Bespreek met jou leerders wat jy wil hê hulle manier waarop
moet doen. Moedig hulle aan om voor te stel wanneer goeie tye sal wees om wetenskaplikes
die weer te kontroleer. Besluit dan op drie tye gedurende die dag wanneer werk. Verduidelik
die leerders die weer gereeld vir ’n vasgestelde tydperk sal kontroleer.
dat jy wil hê hulle
Beplanningsborde vir ondersoeke moet nadink oor
Wanneer jy bespreek hoe jy die ondersoek met jou leerders sal uitvoer, kan wat hulle kan
jy dit nuttig vind om ’n “beplanningsbord” te gebruik. Ons het twee goeie
voorbeelde van ’n beplanningsbord in ’n Australiese boek, Teaching Primary uitvind en kan
Science Constructively, gekry (Skamp, 1998:44). meet.

Leerders skryf reaksies op


stroke papier en plak dit met
Vorm op stywe wondergom op die bord.
karton oorgetrek
met plastiek BEPLANNINGSBORDE VIR ONDERSOEKE
sodat die bord Die vraag Watter suiker los die vinnigste op?
weer gebruik Wat het gebeur?
kan word. Wat sal ek Die soort suiker – strooisuiker,
verander? witsuiker, bruinsuiker, blokkies suiker
Hoe sal ons
Wat sal ek meet? Hoe vinnig die suiker oplos – tyd dit billik hou?
Die vrae verskaf
ondersteuning
Wat sal ek Hoeveelheid water, water se
vir leerders dieselfde hou? Wat sal ons
temperatuur, hoeveelheid suiker, manier nodig hê?
wanneer hulle van roer
hul ondersoek
beplan. Hoe sal ek my Soort suiker Tyd geneem Wat sal
resultate aanteken? om op te los ons doen?

Die bord kan Wat is


deur individue of die vraag?
klein groepies Wat sal ek Soorte suiker, bekers, water, lepel,
gebruik word. ’n nodig hê? stophorlosie
Groter bord kan
vir die hele klas
gemaak word. (Aangepas uit Goldsworthy & Feasey, 1994)

Jy kan een van hierdie beplanningsborde gebruik of jy kan


een aanpas om met jou klas te gebruik. Praat met jou
leerders oor die manier waarop wetenskaplikes werk.
Verduidelik dat jy wil hê hulle moet nadink oor wat hulle
kan uitvind en kan meet. Jy kan die volgende vrae gebruik
om die bespreking te lei:
I Wat sal ons meet? (rigting van die wind, hoeveelheid reën,
grootte van skaduwee)
I Sal ons enigiets moet verander? (die plek waar ons meet)
I Wat sal ons dieselfde hou? (die tyd van dag wanneer ons
meet)
I Hoe sal ons ons resultate aanteken? (in ’n tabel of grafiek)
I Wat sal ons nodig hê? (’n windkous, ’n reënmeter, papier
en kryt/vetkryt/potlode)

58 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 59

Neem die weer waar en


teken dit aan
Graad 2’s en Graad 3’s
Na die eerste twee of drie dae wat
julle die weer waarneem en aanteken,
kan jy ’n rooster opstel. Dan kan die
leerders beurte maak om die weer te
kontroleer en hul waarnemings op die
weerdiagram aan te teken. (Daar is ’n
voorbeeld van ’n weerdiagram op
bladsy 84 in die bylaag.)
Moedig jou leerders na ’n week aan
om patrone te soek. Vra hulle om te
voorspel hoe die weer die volgende
dag of oor die naweek gaan wees.
Moedig jou klas aan om na die
weervoorspelling oor die radio of op
TV te luister of te kyk. Vra hulle om
op te let wat die minimum en
maksimum temperature is wat vir
Kaapstad voorspel word, en die rigting
van die wind. Die leerders kan met
die klas of fase se windkous
kontroleer of die voorspelling reg is.
Hulle kan ook die reën met ’n
tuisgemaakte reënmeter meet. (Op die
volgende bladsye verskyn instruksies
vir hoe om een te maak.)
Die leerders kan ook na weervoorspellings in koerante
kyk. Nie al die gemeenskapskoerante het die weervoor-
spelling vir die naweek nie. Miskien kan jy en jou
leerders die koerant se kantoor skakel en hulle vra om
hierdie inligting in te sluit. Die Burger se weervoorspel-
ling is baie duidelik.

DIE AARDE EN DAAR BUITE 59


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 60

Een manier om ’n windkous te maak


Wat jy nodig het
I die boonste deel van ’n been van broekiekouse
I ’n dun stok (’n tappen van omtrent 80 of 90 cm lank)
I dun draad (’n stuk van omtrent 75 cm)
I ’n bottel (vir die stok om in te staan)

1. Rek die broekiekousbeen ’n bietjie sodat dit groot


genoeg is vir die wind om daardeur te waai.
2. Werk die draad om die rand van die boonste deel van
die broekiekous, net soos wat jy met ’n naald en garing
op ’n stuk lap sal werk.
3. Maak seker jy hou die sirkel.
4. Draai die kort punt van die draad om die lang punt.
5. Draai die lang punt van die draad om die bokant van
die stok vas.
6. Sit die stok in die bottel.

7. Kies ’n redelik oop ruimte op die skoolgrond waar die windkous veilig sal
wees. Sit die bottel stewig in ’n vlak gat in die grond.
8. Maak seker dat die opening van die windkous wat aan die stok vas is, wyd
oop is.
Een manier om ’n reënmeter te
maak
Wat jy nodig het
’n Plastiekbottel met ’n redelik plat
onderkant en plat kante.
1. Sny die bokant van die bottel af en keer
dit om om ’n tregter te maak. Sit die
“tregter” terug in die bottel.
2. Jy kan jou leerders die kant van die bottel in sentimeter
met ’n waterbestande kokipen laat afmerk.
3. Kies ’n oop ruimte op die skoolgrond waar die
reënmeter veilig sal wees. Sit die reënmeter stewig in ’n
gat in die grond.
4. Elke oggend (wanneer dit reën) kontroleer jou leerders
hoeveel reën daar in die bottel is. Wanneer hulle die
hoeveelheid aangeteken het, gooi hulle die reënwater uit
en sit die reënmeter terug op sy plek.

60 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 61

Brei die ondersoek uit


Jy kan hierdie ondersoek uitbrei deur op ’n plaaslike natuurverskynsel te fokus,
byvoorbeeld swaar reën in die winter of veldbrande in die somer. Jy kan ook ’n
probleem as ’n konteks vir jou leerders se ondersoek stel. Een suksesvolle
manier waarop jy dit kan doen, is deur prente te gebruik.
Die gebruik van prente met leerders
Jy sal prente van verskillende voorbeelde van die weer bymekaar moet maak
om met jou leerders te gebruik. Jy sal ten minste 20 prente nodig hê. Jy sal ook
blaaibordpapier en ’n kokipen nodig hê.
Begin deur een prent te kies om te demonstreer wat jy wil hê jou leerders moet
doen.
Sit die prent op die blaaibordpapier. Maak jou leerders om jou bymekaar en
laat hulle oor die prent gesels. As jy met graad R’s of graad 1’s werk, skryf jy
hul kommentaar in die vorm van ’n kopkaart rondom die prent.

As jy met graad 2’s of 3’s werk, vra jy hulle om aan vrae


te dink om oor die prent te vra. Skryf hul vrae in die vorm
van ’n kopkaart of spinnekopdiagram rondom die prent.
Wanneer jou graad 2’s of 3’s aan verskeie vrae gedink het,
probeer hulle om aan moontlike antwoorde vir die vrae te
dink.

DIE AARDE EN DAAR BUITE 61


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 62

Verdere werk met graad 2’s en Graad 3’s

I Sprei nou die prente op die banke


uit. Sê dan vir die leerders dat jy
wil hê elkeen moet na die prente
kyk en besluit van watter een prent
sy of hy die meeste hou. Maak dit
baie duidelik dat niemand ’n prent
mag optel en vashou nie. Die
prente móét op die banke bly.
I Dan kies elke leerder ’n maat en
stel hul maat bekend aan die prent
wat hulle gekies het. Dit sal
beteken dat elke paar oor twee
prente praat.
I Dan sluit elke paar by ’n ander
paar aan en gesels oor die vier
prente wat hulle gekies het.
I Hierna kies elke groep van vier een van die vier prente. Hulle sal as ’n groep
met hierdie een prent werk.
Hierdie proses is ’n bietjie omslagtig, maar die moeite werd. Die leerders sal
moet dink en besluite neem. Hulle sal moet onderhandel wanneer hulle net een
prent moet kies. As meer as een groep met dieselfde prent wil werk, sal dit
verdere onderhandeling beteken. Dit is egter vaardighede wat jou leerders in
die lewe sal nodig hê.
Vra nou jou leerders om die prent wat hulle gekies het te bespreek. Gee aan
elke groep ’n groot stuk papier en ’n bietjie wondergom sodat hulle hul prent
op die papier kan plak. Elke groep sal ook ’n vetkryt of ’n pen nodig hê.
Verduidelik dat jou leerders aan soveel moontlik vrae moet dink. Laat hulle
dink aan vrae wat begin met Wie, Waar, Wanneer, Wat, Hoe en Waarom. Sê
hulle moet hul vrae neerskryf.
Wanneer al die groepe ’n paar vrae neergeskryf het, laat jy elke groep hul prent
en vrae met die klas deel. Jy kan ook dat die klas, of verskillende groepe, aan
moontlike antwoorde dink vir die vrae wat hulle gestel het.

62 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 63

Dink na oor swaar reën en vloede


Wat gebeur wanneer daar swaar reën is?
I Wat is die uitwerking daarvan?
I Hoe voel mense as dit baie reën, dink jy?
I Wat kan hulle doen om vloede te keer?
I Wat het hulle in die verlede gedoen?
I Wat is die uitwerking op die geboude
omgewing – sypaadjies, afloop?
I Graad 3’s kan aan die stadsraad skryf.
Wat het ons geleer?
Wanneer hierdie ondersoek tot ’n einde
kom, hou julle ’n bespreking oor wat jou
leerders geleer het. Gaan deur die
beplanningsbord wat jy en jou leerders vir
hierdie ondersoek gebruik het. Laat jou
leerders oor hul bevindinge praat en verslag
doen. Wat het hulle uitgevind? Wat het
hulle geleer? Wat anders sal hulle wil weet?
Hoe kan hulle dit uitvind?
Dit is ’n baie belangrike deel van die
ondersoek. Dit is iets wat wetenskaplikes
doen wanneer hulle ondersoeke uitvoer.
As ons ernstig daaroor is om ons leerders
soos wetenskaplikes te laat dink en
optree, kan ons dit nie bekostig om
hierdie deel uit te laat nie.

Hierdie stel prente is


beskikbaar van die PSP.

DIE AARDE EN DAAR BUITE 63


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 64

Slot
Ons hoop jy het hierdie boekie nuttig gevind, en dat jy
geïnspireer is om Wetenskap met jou leerders te deel. Ons
hoop jy het die ondersoeke saam met jou leerders geniet.
Ons hoop ook dat die voorstelle wat ons gemaak het, jou
aangemoedig het om ander vrae wat jou leerders dalk het,
te ondersoek.
Ons weet dat baie Grondslagfase-onderwysers hul leerders
aanmoedig om hul wêreld te verken en te bestudeer. Dit is
so belangrik. Jong leerders is so “wakker” en geïnteresseerd
in wat om hulle aangaan. Ons moet ruimte in die besige
skooldag maak en geleenthede vir leerders skep om met
ons ondersteuning hul vrae op te volg en verder te verken.

In hierdie boekie het ons maniere voorgestel om die onder-


soeke met ander leerareas te integreer. Die Nasionale Kurri-
kulum dring daarop aan dat ons leerareas integreer. Weten-
skap bied talle geleenthede om met Geletterdheid en
Gesyferdheid te skakel. Ons kan stories in ’n wetenskap-
ondersoek gebruik. Wetenskap kan woordeskat en geleent-
hede verskaf wat ons kan gebruik om ons leerders se taal-
gebruik uit te brei en te ontwikkel. Wanneer dit by die
ontwikkeling en uitbreiding van ons leerders se taal en
geletterdheid kom, moet ons interessante en werklike
(outentieke) tekste gebruik om mee te werk. Wetenskap
kan die inhoud vir daardie tekste verskaf. Natuurlik vereis
baie ondersoeke ook dat ons meet en getallebegrippe en
-vaardighede gebruik.
As ons ruimte vir ons Grondslagfase-leerders maak om hul
wêreld te verken en te ondersoek, sal hulle geïnteresseerd
wees in en opgewonde wees oor hierdie aspek van die
kurrikulum. Ons sal hulle ook voorberei op verdere
ervaringe in Natuurwetenskappe wat hulle later in hul
skoolloopbaan sal teëkom. En wie weet … een van die
leerders wat ons onderrig, word dalk in die toekoms ’n
belangrike wetenskaplike. Ons moet bereid wees om hulle
te ondersteun terwyl hulle hul wêreld verken en meer
daaroor ontdek.

64 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 65

BYLAE
W a a r n e m i n g s b l a a i e – Afrikaans

Naam van Wetenskaplike . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

Ek kyk na ..................................................

Ek het opgemerk

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

BYLAE 65
2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 66

Naam van Wetenskaplike . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

Ek kyk na ..................................................

Ek het opgemerk

..........................................................

..........................................................

..........................................................

..........................................................

..........................................................

..........................................................

66 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 67

. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .Waarneming

Datum . . . . . . . . . . . . . . . . . .

Ek kyk na
..........................................................
..........................................................
’n Prent van wat ek sien

Hier is ’n paar dinge wat ek opgemerk het

..........................................................

..........................................................

..........................................................

..........................................................

..........................................................

..........................................................

BYLAE 67
2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 68

W a a r n e m i n g s b l a a i e – Engels

Name of Scientist ............................................

I looked at .................................................

I noticed

..........................................................

..........................................................

..........................................................

..........................................................

..........................................................

..........................................................

68 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 69

. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .Observation

Date ...................

I looked at
..........................................................
..........................................................
A picture of what I saw

Here are some things I noticed:

..........................................................

..........................................................

..........................................................

..........................................................

..........................................................

..........................................................

BYLAE 69
2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 70

Name of Scientist ...........................................

I looked at .................................................

I noticed

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

70 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 71

W a a r n e m i n g s b l a a i e – isiXhosa

Igama loSonzululwazi .........................................

Ndajonga ..................................................

Ndaqaphela

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

............................

BYLAE 71
2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 72

Igama loSonzululwazi . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

Ndajonga ..................................................

Ndabona

..........................................................

..........................................................

..........................................................

..........................................................

..........................................................

..........................................................

72 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 73

. . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .Endikuqapheleyo

Umhla . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .

Ndajonga
..........................................................
..........................................................
Umfanekiso wento endiyibonileyo

Nazi izinto endiziqapheleyo:

..........................................................

..........................................................

..........................................................

..........................................................

..........................................................

..........................................................

BYLAE 73
K-W-L-Tabel
2-FPSc AFR

74
Beplanning van ’n ondersoek met Grondslagfase-leerders
5/4/08

Wat WEET ons? Wat WIL ons weet? Wat het ons GELEER?
3:04 PM
Page 74

NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


W-W-D-H-L-tabel
2-FPSc AFR

BYLAE
Beplanning van ’n ondersoek met Grondslagfase-leerders
5/4/08

Wat WEET ons? Wat WIL ons weet? Wat DINK ons? HOE kan Wat het ons GELEER?
ons uitvind?
3:04 PM
Page 75

75
2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 76

Flitsselle

76 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 77

Flitsgloeilampe

BYLAE 77
2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 78

Model van ’n flitsgloeilamp

78 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 79

Vyf maniere om ’n flitsgloeilamp te laat brand

Hulle sal dit heel moontlik op hul eie regkry deur te toets en probeer.

Maar nie dit nie of dit nie

Dit lyk of hulle nie besef dat die gloeilamp steeds sal werk as dit op sy
sy lê nie.
As jy ’n paar “laterale denkers” het, sal jy dalk vind dat een of twee
groepe dit regkry.

BYLAE 79
2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 80

Die yslike enorme raap


Leo Tolstoi

Lank, lank gelede het ’n ou man ’n klein raap geplant en gesê:


“Groei mooi, klein raap, groei soet. Groei mooi, klein raap, groei sterk.”
En die raap het mooi en soet en sterk en yslik geword.
Een dag besluit die ou man om die raap uit te trek. Hy trek en hy trek, maar hy kan
dit nie uittrek nie. Hy roep toe die ou vrou. Die ou vrou trek die ou man. Die ou man
trek die raap. Hulle trek en hulle trek, maar hulle kan dit nie uittrek nie.
Die ou vrou roep toe haar kleindogter. Die kleindogter trek die ou vrou.
Die ou vrou trek die ou man. Die ou man trek die raap.
Hulle trek en hulle trek, maar hulle kan dit nie uittrek nie.
Die kleindogter roep toe die swart hond. Die swart hond trek die kleindogter.
Die kleindogter trek die ou vrou. Die ou vrou trek die ou man.
Die ou man trek die raap.
Hulle trek en hulle trek, maar hulle kan dit nie uittrek nie.
Die swart hond roep toe die kat. Die kat trek die hond. Die hond trek die kleindogter.
Die kleindogter trek die ou vrou. Die ou vrou trek die ou man.
Die ou man trek die raap.
Hulle trek en hulle trek, maar hulle kan dit nog nie uittrek nie.
Die kat roep toe die muis. Die muis trek die kat. Die kat trek die hond.
Die hond trek die kleindogter. Die kleindogter trek die ou vrou.
Die ou vrou trek die ou man. Die ou man trek die raap.
Hulle trek en hulle trek, en daar trek hulle die raap uit!

80 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 81

Taakkaarte

Wat het ’n stoot nodig? Wat het ’n trek nodig?


Wat het ’n draai nodig?
Ondersoek wat jy in die boks kry.
Wat het ’n stoot nodig? Sit alles bymekaar.
Wat het ’n trek nodig? Sit alles bymekaar.
Wat het ’n draai nodig? Sit alles bymekaar.
Teken elke ding wat ’n stoot nodig het in
die Stoot-kolom.
Teken elke ding wat ’n trek nodig het in
die Trek-kolom.
Teken elke ding wat ’n draai nodig het in
die Draai-kolom.

Watter karretjie ry die verste?


Een leerder is die afsitter wat die resies laat begin.
Die ander leerders kry elkeen ’n karretjie.
Sit die karretjies op die wegspringstreep.
Wanneer die afsitter sê “Gaan!”,
gee jy jou karretjie een stoot.
Watter karretjie ry die vinnigste?
Waarom?
Watter karretjie ry die verste?
Waarom is dit so?
Hoe ver het elke karretjie gery?
Meet die afstande met ’n maatband.
BYLAE 81
2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 82

Albasters
Hoe kan jy ’n albaster laat beweeg?
Wat doen jy om dit te laat beweeg?
Dink aan verskillende maniere om dit te laat beweeg.
Watter manier is beter as ander maniere?
Waarom is hierdie manier die beste?

Nuttige adresse
Kleiverskaffer Clip-Clop
Kiln Contracts (Pty) Ltd Fiona & Chris Berensford
Celieweg Posbus 2735
Retreat 7945 Clareinch 7740
Kaapstad Kaapstad
Tel: (021) 701-6682 Tel: (021) 671 6686
Wetenskaptoerusting Faks: (021) 671 6686

Rutland Industries Iziko Planetarium


Posbus 27036 Iziko Suid-Afrikaanse Museum
Benrose 2011 Koningin Victoriastraat 25
Johannesburg Tuine 8001
Tel: (011) 618-3646 Kaapstad
Faks: (011) 614-9810 Tel: (021) 481-3822
Kirstenbosch-uitreikvergroeningsprogram Suid-Afrikaanse Astronomiese
Tel: (021) 799-8740; (021) 799-8670 Observatorium
Observatoryweg
Observatory 7935
Kaapstad
Tel: (021) 447-0025

82 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR

BYLAE
Maankyk-kalender
5/4/08

Sondag Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag


3:04 PM
Page 83

83
2-FPSc AFR

84
Ons weer
5/4/08

Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag


Voor- Wat regtig Voor- Wat regtig Voor- Wat regtig Voor- Wat regtig Voor- Wat regtig
3:04 PM

spelling gebeur spelling gebeur spelling gebeur spelling gebeur spelling gebeur
Weer
Page 84

Minimum
Maksimum
Wind
Weer

Minimum
Maksimum
Wind
Weer

Minimum
Maksimum
Wind
Weer

Minimum
Maksimum
Wind
Weer

Minimum
Maksimum
Wind

NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 85

L e e r u i t k o m s 1 : Wetenskaplike Ondersoek
Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te
reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te
ondersoek en probleme op te los.

Graad R-vlak Graad 1-vlak Graad 2-vlak Graad 3-vlak

Beplanning van ondersoek


Leerder dra by tot die Leerder beplan ’n Leerder beplan ’n Leerder gebruik die
beplanning van ’n ondersoek ondersoek as deel van materiaal wat deur die
ondersoekende onafhanklik. ’n groep. groep gekies is om die
aktiwiteit. groep se plan te
kommunikeer.

Uitvoering van ondersoek en versameling van data


Leerder neem deel aan Leerder neem Leerder neem Leerder neem
beplande aktiwiteit. onafhanklik deel aan onafhanklik of as deel konstruktief aan die
beplande aktiwiteit. van ’n groep deel aan aktiwiteit deel en
beplande aktiwiteit. verstaan die doel
daarvan.

Evaluering van data en kommunikasie van bevindings


Leerder dink en praat Leerder dink oor wat Leerder wys en Leerder verduidelik en
oor wat gedoen is. gedoen is en sê wat verduidelik wat beplan dink na oor watter
uitgevind is. is en hoe dit gedoen optrede beplan is en of
is. dit moontlik was om
hierdie plan uit te
voer.

BYLAE 85
2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 86

Natuurwetenskappe: Kernkennis en -begrippe vir die Grondslagfase

Materie en Materiaal/Stowwe
Eienskappe en Gebruike van Struktuur, Reaksies en Veranderings van
Materiaal/Stowwe Materiaal/Stowwe

Samevattende stelling: Ons kan materiaal/ Samevattende stelling: Ons kan stowwe op
stowwe volgens die eienskappe daarvan verskillende maniere wysig na aanleiding van
klassifiseer ten einde soorte en patrone te ons begrip van die substruktuur daarvan.
bepaal. Eienskappe bepaal die seleksie van
materiaal vir spesifieke doeleindes.

I Verskillende stowwe het verskillende I Stowwe kan gemeng word en soms kan
eienskappe, soos tekstuur, kleur, sterkte en veranderings gesien word, bv. die oplossing
gewig, en kan volgens hierdie eienskappe van ’n vaste stof of nuwe kleure wanneer
geklassifiseer word. Ons maak dinge uit die voedselkleurstowwe of verf gemeng word.
materiaal of stowwe wat die eienskappe besit
wat ons wil hê.

Die Lewe en Lewende Dinge


Lewensprosesse en Gesonde Interaksie in Omgewings Biodiversiteit, Verandering en
Leefwyse Kontinuïteit

Samevattende stelling: Lewende Samevattende stelling: Samevattende stelling: Die


dinge, met inbegrip van mense Organismes in ekosisteme is vir enorme diversiteit van
en onsigbare organismes, kan hul oorlewing afhanklik van lewensvorme kan verstaan
in terme van lewensprosesse, die teenwoordigheid van word in terme van ’n
funksionele eenhede en stelsels abiotiese faktore en van hul geskiedenis van verandering in
verstaan word. verwantskap met ander omgewings en in eienskappe
organismes. van plante en diere regdeur die
wêreld oor miljoene jare heen.

I Baie van ons liggaamsdele, en diere vir kos. Ons teel interessante sigbare verskille
soos ledemate, kop, oë, ore, sekere diere en kweek het, maar ook ooreenkomste
voete, stem ooreen met dele sekere plante as gewasse. waarvolgens hulle
van diere, en in baie gevalle I Ons sien kulturele diversiteit gegroepeer kan word.
gebruik diere dit vir in die soorte kos waarvan I Plante en diere verander
dieselfde doeleindes as ons. mense hou. soos hulle groei, soos die
I Diere en plante het I Party diere, soos vlieë en jare verbygaan en soos die
soortgelyke behoeftes as ons bosluise, dra kieme wat seisoene verander.
ten opsigte van kos, water mense kan siek maak.
en lug. I Daar is ’n groot verskeiden-
I Ons is afhanklik van plante heid plante en diere wat

86 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS


2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 87

Energie en Verandering
Energie-oordrag en -stelsels Energie en Ontwikkeling in Suid-Afrika
Samevattende stelling: Energie word deur Samevattende stelling: Energie is beskikbaar uit
biologiese of fisiese stelsels uit energiebronne ’n beperkte aantal bronne, en die volhoubare
oorgedra. Met elke energie-oordrag word die ontwikkeling van lande in ons streek is
energie beskikbaar vir ons gebruik minder; afhanklik van die oordeelkundige gebruik van
daarom moet ons weet hoe om energie-oordrag energiebronne.
te beheer.

I Wanneer ons sê ons voel “vol energie”, I Mense wat nie genoeg kos het nie of nie die
bedoel ons ons voel gereed om vinnig te regte kos het om te eet nie, voel moeg en het
beweeg of baie werk te doen. min energie.

Die Aarde en die Ruimte


Ons Plek in die Ruimte Atmosfeer en Weer Die Veranderende Aarde

Samevattende stelling: Ons Samevattende stelling: Die Samevattende stelling: Die


planeet is ’n klein deeltjie van atmosfeer is ’n stelsel waarin aarde bestaan uit materiaal
’n uitgestrekte sonnestelsel in die land, mere en oseane in wat voortdurend deur kragte
’n onmeetlike sterrestelsel. wisselwerking met mekaar is, onder en bo die oppervlak
en waarin energie en water van verander word.
plek tot plek verplaas word.

I Baie verskillende voorwerpe I Die weer verander dag na I Grond en rotse wissel van
kan in die lugruim waar- dag op maniere wat plek tot plek in voorkoms
geneem word. Voorbeelde is aangeteken en soms en tekstuur. Deur ondersoek
voëls, wolke, vliegtuie, die voorspel kan word. Daar is te doen, kan leerders uitvind
son, sterre, die maan, af en toe ongewone dat sommige soorte grond
planete en satelliete. Al weergebeurtenisse, bv. makliker as ander soorte
hierdie voorwerpe het storms, oorstromings of verweer, terwyl sommige
eienskappe, liggings/posisies tornado’s, wat mense se soorte grond plantlewe beter
en bewegings wat ondersoek lewens raak. as ander onderhou. Hulle
kan word om patrone, kan probeer uitvind wat
verbande en tendense te party van die faktore wat
bepaal. hierby betrokke is, kan
wees.

BYLAE 87
2-FPSc AFR 5/4/08 3:04 PM Page 88

Grondslagfase-onderwysers wat aan hierdie drie jaar lange projek deelgeneem het

ALPINE Me Mgumane Me Petersen


Me Lavona Allies Me T Ngudle Me Jackie Roman
Me Cheryl Bocks Me Mandisa Peko Me Sharifa Smith
Me Valencia Daniels Me Rorwana Me Anna-Marie Willemse
Me Shahida Davids
LINGE PHILIPPI K (ZANEMFUNDO)
Me Audrey Dryding
Me Ntombizodwa Galo
Me Ida George Me Ntombodidi Cabane
Me Nomonde Gxabela
Me Zelma Johnson Me Nosipho Dondolo
Me Noxolo Hina
Me Faldielah Khatieb Me Hombakazi Kula
Me Nothemba Jay
Me Sukaina Mitchell Me Nokuthula Mandindi
Me Mandisa Lali
Me Rosina Pontac Me Lillian Mankayi
Me Alicia Lupuwana
Me Belinda Tarantal
Me Nozuko Maqungo Me Phumza Mgetu
Me Magdelena Weitz
Me Nonyameko Ncosani Me Mutiwe Mguzulo
Me Linda Wildeman
Me Ntombomzi Ntozini Me Nozuko Mtshekexe
DIETRICH MORAVIAN Me Vinah Qhina Me Ntombizilungile Ndzube
Me Kathleen Boltney Me Ntombi Veleko Me Thobeka Notshulwana
Me Jean Cloete Me Nombulelo Xhego
Me Nomvuyiseko Ntshonga
Me Sarah Genever
NOMLINGANISELO Me Feziwe Nyengane
Me Teresa Jacobus
Me Nontobeko Malotana Me Nontombizanele Potwana
HILLWOOD Me Nomonde Manyelana Me Theliswa Sibawu
Me G Basson Me Nonkumbulelo Mayeki Me Bulelwa Sibozo
Me Maria Botha Me Nontombi Mdani
Me Nomaindia Sotondashe
Me Kathleen Bouwer Me Patiswa Mpetsheni
Me Felicia Clayton (Klein) Me CN Msebe UKHANYO
Me Wilma Cloete Me NC Ndevana Me Zola Bonga
Me Martha Damons Me TC Nontulo Me Lumka Gcuze
Me Martha Julies Me Ntamo Me L Jafta
Me Marlene Levine (Esterhuizen) Me Lindiwe Plam
Me Bulelwa Koni
Me E Manasse Me N Windvoel
Me Phumzile Luthuli
Me Reginette Marais Me NM Yekiso
Me C Matthews Me Bongiwe Mtintsilana
NORTHWOOD Me Ndileka Mvandaba
Me Freda Mellem
Me R Adams Me Siphokazi Ntinga
Me Marlene Morgan
Me Bonita Daries
Me Nosipho Nyaba
INTSHINGA Me De Bryn
Me Nonkosi Daweti Me Avril Dixon Me Linda Nyengane
Me N Madlingozi Me Danree Hector Me Dolly Pudumo
Me Maureen Makiva Me H Hull Me Kholeka Sishuba
Me L Matiwane Me Cheryl Johannes Me Thozama Songwiqi
Me N Matrose Me Amina Patel Me Nobalindi Yukutwana

88 NATUURWETENSKAP VIR GRONDFASE-LEERDERS