Está en la página 1de 82

’n Voorbeeld van ’n leerervaring in Natuurwetenskappe

DIE LEWE EN
LEWENDE DINGE

Western Cape Primary Science Programme ©2005


Rasionaal
Hierdie materiaal is geskryf om onderwysers in hul werk met leerders rondom die
inhoudsveld Die Lewe en Lewende Dinge te ondersteun. Dit is nie ’n volledige
werkskedule nie. Dit bied moontlikhede vir onderwysers om ander leerervaringe in te
sluit en dit verder uit te brei en te ontwikkel.
Hierdie voorbeeld-leerervaring wys hoe jy te werk kan gaan om die drie leeruitkomste
in die Natuurwetenskappe-leerarea van die HNKV te bereik.
Leeruitkoms 1: Wetenskaplike Ondersoek
A Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike
verskynsels te reageer, en om binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die
omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.
Leeruitkoms 2: Konstruksie van Wetenskapkennis
A Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en
omgewingskennis toe.
Leeruitkoms 3: Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing
A Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en
tegnologie, die samelewing en die omgewing te toon.
Ons weet dat kinders van nature weetgierig en oplettend is. Kinders leer oor die wêreld
deur waar te neem, vrae te vra en sin van hul ervaring te probeer maak.
Wetenskaponderrig behoort hierdie natuurlike neigings toe te laat om te ontwikkel.
Moedig jou leerders aan om vrae te vra. Vrae is ’n geleentheid om die klas by
waarnemings en besprekings te betrek.
In Wetenskap wil ons hê leerders moet die volgende doen:
A ontwikkel ’n lewendige weetgierigheid oor die wêreld om hulle
A stel vrae met selfvertroue
A bring hul vrae in verband met wat hulle in hul tuisomgewing en in die wêreld
waarneem.
Dit kan lei tot ’n ryke omgewing om in te dink, te praat en te skryf. Kinders met
hierdie weetgierigheid sal leer en sal ook in skeppende mense ontwikkel.

Assessering
Die assesseringstake in hierdie groep leerervaringe skakel direk met die HNKV-
assesseringstandaarde. Dit is ontwerp om leerders aan te moedig om te wys wat hulle
weet en dink en om hul vrae op te teken en aan jou te wys.
Kursus aangebied deur Rose Thomas en Nontsikelelo Mahote
Boekie ontwerp deur Welma Odendaal, geïllustreer deur Nicci Cairns en Janet Ranson
en vertaal deur Ronél Gouws
Erkennings: Di en Johnny Hutton-Squire
Stigting vir Heuningbye en heuningprodukte (kontakbesonderhede bladsy 58)
Western Cape Primary Science Programme
Edith Stephens Wetland Park
Lansdowneweg, Philippi, 7785
Posbus 24158, Lansdowne, 7779, Suid-Afrika
Tel: 021 691-9039 Faks: 021 691-6350
E-pos: info@psp.org Webtuiste: www.psp.org.za
Inhoud
AFDELING 1
Leerervaringe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .1–29
Assesseringstake
LU1. Biodiversiteit: die baie verskillende soorte plante en diere . . . . . . . . . . . . . . .6
LU2. Verdeel diere in groepe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .16
LU3. Verskillende soorte byekorwe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .24
Voorgestelde werkskema . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .30
AFDELING 2
Hulpmiddels vir onderwysers
Taakkaart 1 Sorteer die gewerweldes deur ’n klassifikasiesleutel te gebruik . . . . . .32
Prente van diere . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .34
Taakkaart 2 Assesseringstaak vir LU1
Ondersoek die biodiversiteit van plante rondom ons . . . . . . . . . . . . .37
Sleutel om blare te sorteer . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .39
Taakkaart 3 Voedselkettings en voedselwebbe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .40
Tuin-ekosisteem-legkaart . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .41
Taakkaart 4 Assesseringstaak vir LU2
Ons maak ons eie voedselweb . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .42
Identifikasie van ongewerweldes . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .43
Taakkaart 5 Lewensiklusse van plante en diere . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .45
Prente van lewensiklusse . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .46
Taakkaart 6 Assesseringstaak vir LU3
Verskillende soorte byekorwe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .53
Feiteblad: Waarom is bye so belangrik vir die wêreld? . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .56
Taakkaart 7 Die biodiversiteit van die Kowierivier . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .59
Plakkaat van die Kowierivier . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .60
Sleutel vir die Kowierivier-plakkaat . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .62
Sleutel vir die diere van die Kowierivier . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .64
Agtergrondinligting oor biodiversiteit . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .65
AFDELING 3
Assessering . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .67
Klasrekordblad . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .68
Assesseringsinstrument . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .70
AFDELING 4
Uittreksels uit die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring vir `
Natuurwetenskappe Graad R tot 9 . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .71
Kernkennis en -begrippe vir Die Lewe en Lewende Dinge (HNKV) . . . . . . . . . . . . . . . . .72
Leeruitkomste en assesseringstandaarde (HNKV) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .78
AFDELING 1
Leerervaringe
Ons is almal afhanklik van mekaar
1. Biodiversiteit: die baie verskillende soorte plante en diere . . . . . . . . . . . . . . . . . .1

2. Sorteer diere in groepe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .3


Assesseringstaak vir LU1:
Ondersoek die biodiversiteit van plante rondom ons . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .6

3. Voedselkettings en -webbe: plante en diere is afhanklik van mekaar


om te oorleef . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .12
Assesseringstaak vir LU2:
Ons maak ons eie voedselweb . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .16

4. Lewensiklusse van plante en diere . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .17

5. Ons is almal afhanklik van bye . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .21


Assesseringstaak vir LU3:
Verskillende soorte byekorwe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .24

6. Ons is almal afhanklik van mekaar . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .27

7. Voorgestelde werkskema . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .30


Biodiversiteit: die baie verskillende
1 soorte plante en diere
Sleutelbegrippe Onderwysertaak
• Daar is baie verskillende
soorte plante en diere. Dit Inleiding
word biodiversiteit 1. Vra leerders om saam met ’n maat te werk en mekaar te vertel van
genoem. (Bio- beteken lewe
en diversiteit beteken baie die verskillende plante en diere waarvan hulle weet.
verskillende soorte.) 2. Deel ’n verskeidenheid prente van plante en diere uit (sien prente
vanaf bladsy 34 om te fotokopieer).
3. Bespreek hierdie vrae met die leerders. Aanvaar baie verskillende
idees en menings.

Vra
Waarom, dink jy, is daar so baie verskillende soorte plante en diere op
aarde?
4. Stel die term biodiversiteit bekend. Skryf dit in groot letters op die
bord en verduidelik dat ons gaan uitvind wat dit beteken.
5. Vra leerders om aan diere of plante te dink waarvan die name met
B, I, O, D, I, V, E, R, S, I, T, E, I, T begin. Skryf die name van die
plante of diere langs die betrokke letters en vorm elke woord so.
6. Vra leerders wat hulle dink die woord biodiversiteit beteken.
Verduidelik dat biodiversiteit ’n woord is wat na die baie
verskillende plante en diere wat op aarde lewe, verwys. Verduidelik
dat ons (mense) ook deel van die aarde se biodiversiteit is.

Maak ’n klasuitstalling of plakkaat


7. Maak ’n kleurvolle uitstalling of plakkaat van plante en diere.
Organiseer dit rondom die woord biodiversiteit. Die leerders kan
prente van diere en plante bring, dit teken, daaroor skryf of diere
en plante klas toe bring. Die uitstalling of plakkaat moet ’n groot
verskeidenheid plante en diere bevat.
Gedurende die volgende week of twee laat jy die leerders prente en
die name van plante en diere op die plakkaat byvoeg. Dit hoef nie
noodwendig by die letters in die woord biodiversiteit te pas nie.
Wat jy hier probeer doen, is om ’n beeld te vorm wat die diversiteit
van lewende dinge toon.

Biodiversiteit beteken al die lewende dinge op aarde en


Vaslegging
elkeen se habitat (die spesiale plek waar dit lewe). Skryf ’n opsomming op
die bord om te
Biodiversiteit is alle lewe op ons planeet Aarde en waar verduidelik wat
dit lewe. biodiversiteit beteken.
Biodiversiteit is al die verskillende vorms van lewe wat Die leerders kan dit in
saam op ons aarde lewe. Dit sluit plante, diere, mense en hul boeke afskryf.
mikro-organismes en elkeen se habitat in.

1
Verduidelik dat mikro-organismes die klein kieme (bakterieë en virusse)
is wat ook op aarde lewe. Hulle is ook deel van die aarde se
biodiversiteit, selfs al kan ons dit nie maklik sien nie.

Vra en dink na oor


A Waarom, dink jy, dit is belangrik dat daar baie verskillende soorte
plante en diere op aarde is?
A Waarom, dink jy, moet ons bekommerd wees as daar baie min van
elke soort plant of dier oor is?
A Waarom, dink jy, moet ons bekommerd wees as daar al hoe minder
natuurlike gebiede (habitats) op aarde oor is?

druiwe
BIO- DIVERSITEIT
o va
isikh

vlieg
een d

m
wu r
er d
see
- an
em rob
oo
n

inkvis see
pla
kki
e

tongvis

impala tobie

2
2 Sorteer diere in klasse
Sleutelbegrippe Inleiding
Bring ’n paar bene (beendere) klas toe of vra leerders om bene te
• Wetenskaplikes groepeer
bring.
diere in twee hoofgroepe:
gewerweldes (diere met ’n Vra leerders om te sê van watter diere die bene kom.
ruggraat) en
ongewerweldes (diere Verduidelik dat sommige diere bene het, maar ander nie. Vra leerders
sonder ’n ruggraat). om voorbeelde te noem.
• Gewerweldes kan verder in
vyf verskillende groepe Die diere met bene word gewerweldes genoem en die diere wat nie
(klasse) gesorteer word. bene het nie, word ongewerweldes genoem.
• Daar is baie verskillende
groepe ongewerweldes en
daar is baie verskillende Onderwysertaak
soorte ongewerweldes is.
1. Deel prente van die gewerwelde
diere op bladsy 34 uit.

Erdwurm Jellievis

Ongewerweldes
Gewerweldes

Die geraamte van ’n tipiese soogdier Die bene in ’n mens se hand

Aan die onderwyser 2. Vra die leerders om te besluit watter diere hulle dink gewerweldes
en watter diere ongewerweldes is. Vra hulle dan om die
In hierdie oefening sal gewerweldes te sorteer in groepe wat bymekaar pas. Hulle moet
leerders dalk sukkel om
dolfyne en walvisse redes gee waarom hulle die diere op ’n sekere manier groepeer.
(soogdiere), pikkewyne 3. Verduidelik aan die leerders dat hulle gewerwelde diere op ’n meer
(voëls) en vlermuise wetenskaplike manier gaan sorteer.
(soogdiere) te klassi- 4. Gebruik weer dieselfde prente en deel ook die sorteersleutel op
fiseer. Dit is nie maklik
bladsy 5 uit.
om hulle met die
sleutel te klassifiseer 5. Help die leerders om die vyf klasse gewerweldes te benoem
nie. Jy kan egter vir
die leerders sê tot
watter klasse hulle
behoort.

3
TAAKKAART 1
Leerdertaak
taakkaart om
te fotokopieer Sorteer gewerweldes met behulp van ’n
op bladsy 32. klassifikasiesleutel
1. Sorteer die prente van diere in gewerweldes en ongewerweldes.
Sorteer dan die gewerweldes in groepe. Gee ’n rede waarom jy sekere
diere saamgegroepeer het.
2. Gebruik die sorteersleutel op bladsy 5. Volg die vrae een vir een om
jou prente te sorteer tot jy vyf verskillende groepe het.
3. Gee elke groep ’n naam.
4. Wanneer jy die diere in hul klasse gesorteer het, trek jy die tabel
hieronder oor en vul dit in.
Klasse gewerwelde diere
Naam van klas visse paddas reptiele voëls soogdiere

Tekening van
een dier

geelstert brulpadda skilpad hoender vark


Name van nog snoek spookpadda krokodil arend hond
voorbeelde
sardien reënpadda slang vink muis
leervis

Een kenmerk vinne asem lug in skubberige lê eiers warm-


vel bloedig

4
Sorteringsleutel vir Aktiwiteit 2
In biologie bestudeer ons lewende dinge. As ’n mens lewende
dinge bestudeer, help dit om hulle in groepe of stelle te sit. Ons
moet al die lewende dinge van dieselfde soort in elke stel sit. ’n vlermuis
Hier is veertien diere. Hulle lyk almal verskillend. Hulle kan almal
verskillende dinge doen. Ons kan hierdie diere in groepe verdeel.
’n geelbek

’n padda
’n akkedis

’n haai
’n bobbejaan
’n arend
’n volstruis ’n florel
’n haas

’n hoender

’n krokodil
’n leeu ’n slang

Kyk na die feite oor (eienskappe van) elke dier. Ons kan stelle diere met dieselfde
eienskappe maak. Skryf die name van die diere in elke stel neer.

FEITE (a) Sit al die diere met vere in een stel.


1. Waar woon die diere? (b) Kan al hierdie diere vlieg?
(a) Sit al die diere wat op land woon, in een (c) Sit al die diere met skubbe in een stel.
stel. (d) Is al hierdie diere visse?
(b) Sit al die diere wat in water woon, in ’n (e) Maak stelle van al die diere met:
ander stel. (i) vere
(c) Watter diere pas nie mooi in een van (ii) hare of pels
hierdie stelle nie? (iii) droë skubbe
2. Hoe beweeg diere? (iv) skubbe of vinne
(a) Sit al die diere wat vlieg, in een stel. (vi) ’n gladde, droë vel met segmente
(b) Sit al die diere wat swem, in ’n ander
stel. VOORBEELD:
(c) Sit al die diere met vlerke in een stel. • Diere wat op land woon: ’n slang, ’n
(d) Is alle diere wat vlieg, voëls? akkedis, ’n haas, ’n bobbejaan, ’n leeu, ’n
(e) Is alle diere wat swem, visse? arend, ’n vlermuis, ’n volstruis en ’n
(f) Woon alle diere wat bene het, op land? hoender.
3. Watter soort vel het diere? • ’n Krokodil woon op land en in die water.

5
Assesserings-
taak vir LU1 Ondersoek die biodiversiteit
van plante rondom ons
Sleutelbegrippe Onderwysertaak
• Daar is baie verskillende
soorte plante.
Moedig die leerders aan om aan die diversiteit van plante te begin
• Elke soort plant se blare is dink deur ’n ondersoek te doen. Die ondersoek is in die vorm van ’n
’n spesifieke vorm. Ons kan opname van die verskillende plante in jul omgewing. Leerders versamel
’n plant identifiseer deur na
en sorteer verskillende soorte blare. Dit sal hulle help om die blare te
sy blaarvorm te kyk. Ons
kan ook sê of twee plante beskryf en te klassifiseer en om te sê hoeveel verskillende soorte
verskillend is deur hul plante daar in hul omgewing is.
blaarvorms te vergelyk.
• Ons kan die biodiversiteit
van plante in ’n gebied tel
Ondersoek die biodiversiteit van
deur te tel hoeveel plante rondom ons
verskillende soorte blare
ons kan kry. A. Beplan die ondersoek
• Blare kan in verskillende
vorms geklassifiseer word.
Vra: hoeveel verskillende soorte
plante, dink jy, is daar in ons
Hierdie ondersoek is omgewing (op ons skoolgrond,
daarop gerig om die ons buurt, ens.)?
volgende graad 5-
assesseringstandaarde lyk hulle almal eenders?
vir LU1 te bereik:
op watter manier is
Beplan ondersoek
hulle verskillend?
A Lys, met bystand, wat
bekend is oor bekende en op watter manier is
situasies en materiaal hulle dieselfde?
en stel vrae vir
ondersoek voor.
Voer ondersoek uit
en versamel data
het alle plante dieselfde
A Voer instruksies en
prosedures uit wat ’n blare, bas, sade of
klein aantal stappe vrugte?
behels.
Evalueer data en
kommunikeer het dieselfde soort plante
bevindings dieselfde of verskillende blare,
A Doen verslag oor die stingels, sade of vrugte?
groep se prosedure en
die resultate wat
verkry is. hoe kan ons uitvind
hoeveel verskillende
soorte plante daar is?

6
Moedig leerders aan om soveel moontlik maniere van sortering te
noem. Hulle kan die verskillende maniere op die bord skryf en dit dan Aan die onderwyser
in hul boeke afskryf. Aanvaar ’n wye verskeidenheid idees. Na leerders
Jy kan ook die
hul voorstelle gemaak het, verduidelik jy dat een van die maniere
verskeidenheid blom-
waarop ons kan uitvind hoeveel verskillende plante daar is, is deur hul plante ondersoek deur
blare te versamel, te sorteer en te tel. na hul verskillende
soorte blomme, vrugte
Die fokus is dus op hierdie idee of sade te kyk. Jy kan
Ons tel die aantal verskillende blare wat ons in ’n gebied of habitat die verskeidenheid
kan vind en dit sal ons vertel hoeveel verskillende soorte plante daar bome uitken deur
is. vryfafdrukke van
boombas te maak.
Voorbereiding Leerders sal papier en
’n potlood hiervoor
Verdeel die leerders in groepe en besluit in watter gebied hulle hul
nodig hê.
blare sal versamel. Ons tel biodiversiteit altyd in ’n spesifieke gebied
wat duidelik gedefinieer is. Sodoende kan jy twee verskillende gebiede
se biodiversiteit vergelyk. Vra leerders om ’n blaar van elke verskillende
plant wat hulle in daardie gebied kan kry, te versamel. Wanneer hulle
hul blare versamel het, sorteer hulle dit op hul eie manier. Kontroleer
wat hulle doen. Hulle moet in staat wees om te verduidelik waarom
hulle dit op ’n spesifieke manier gesorteer het.
Na hulle hul eie sortering gedoen het, verduidelik jy dat wetenskap-
likes dit nuttig vind om die blare te sorteer deur na hul vorm en hul
rande te kyk. Dit help hulle om die verskille tussen die blare te
verstaan sodat hulle die verskillende blare en plante makliker kan tel.

Verskillende blaarvorms

a rond b hartvormig c eiervormig d niervormig e pylvormig f ellipties

g palmvormig ) h handvormig i riemvormig


(soos jou handpalm

7
TAAKKAART 2
Verskillende blaarrande

a glad b saagvormig c getand d hobbelrig e golwend

Berei groot stukke papier met die tabel op die volgende bladsy voor. Die
leerders kan hul blare op so ’n tabel klassifiseer

8
Leerdertaak ASSESSERINGSTAAK VIR LU1
Ondersoek die biodiversiteit van plante
rondom jou
taakkaart om te
fotokopieer op A. Beplan die ondersoek
A Besluit waar jy blare gaan versamel.
bladsy 37
B. Versamel en sorteer die blare
A Versamel soveel moontlik verskillende soorte blare in jou
omgewing.
A Werk saam met jou groep en sorteer die blare wat jy dink
bymekaar pas, in groepe.
A Verduidelik waarom jy hulle in daardie groepe sit.

C. Klassifiseer, beskryf en tel die blare en deel die


resultate
1. Kyk na die blaarvorms. Kyk ook na die blaarrande.
2. Maak ’n tabel of plakkaat soos die een hieronder. (Jy sal ’n groot
stuk papier nodig hê.) Knip die vorms in die sleutel op bladsy 39
uit en plak elkeen langs die geskikte opskrif. Sorteer dan die
blare wat jy gekry het volgens die tabel.

Blaar-
vorms

Blaar-
rande Rond Hart- Ovaal Nier- Pylvormig Ellipties Palm- Hand- Riem-
vormig vormig vormig vormig vormig

Glad

Vo
Saag- orb
vormig ee
ld
va
Getand n vo
lt oo
ide
Hobbel- ka
rig art
op
bla
Golwend ds
y8

Totaal

9
Leerdertaak (vervolg)
Leerdertaak
3. Sit elke blaar in die kolom volgens sy vorm. Sit dit in die ry langs die
korrekte blaarrand.
4. As jy blare kry waarvan die vorm of rand verskillende van diee van
die tabel verskil, teken jy die vorm of rand en gee jou eie naam vir
die rand of vorm.
5. Tel op hoeveel van elke soort jy gekry het.

D. Deel die resultate


Teken- en skryftaak
1. Kies drie verskillende blare wat jy interessant gevind het. Teken
hulle. Maak ’n opskrif en skryf watter vorm elkeen is. Benoem hul
rande.
2. Beskryf die blaar in ’n paar sinne. Beskryf sy vorm, sy rand, sy kleur
en enige ander interessante kenmerke.
3. Skryf ’n sin oor hoeveel verskillende soorte blare die hele klas
altesaam gekry het.
4. Stal jul tekeninge teen die klaskamermuur uit.

Vaslegging
Wat het ons oor ons plantdiversiteit geleer?
Vra elke groep om oor hul bevindinge verslag te doen en te tel hoeveel
van elke soort blaar hulle gekry het. Die aantal verskillende blare sal jou
’n biodiversiteitstelling van die plante gee, dit wil sê, die
plantbiodiversiteit in jou omgewing is die aantal verskillende soorte
plante wat volgens hul blare geïdentifiseer is.

Vra en dink na oor


A Het julle almal ewe veel van elke soort blaar gekry?
A Kan jy verduidelik waarom of waarom nie?
A Wat sê die verskillende soorte blare vir jou?
A Waarom, dink jy, is daar so baie verskillende soorte blare en plante?
A Verskillende plante kan eenderse blare hê. Waarom is dit so, dink jy?
A As jy die biodiversiteit in ’n ander gebied getel het, dink jy jy sou
kon verwag om dieselfde hoeveelhede te kry? Waarom of waarom nie?

10
Assesseringstaak Assesseringskriteria vir LU1
Ondersoek die biodiversiteit van die plante A. Beplan die ondersoek
rondom ons Leerders moet die volgende doen:
Noem ten minste twee maniere waarop ons
kan uitvind hoeveel verskillende soorte plante
daar is. Byvoorbeeld deur op verskillende
kenmerke soos die volgende te let:
A verskillende blomme
A verskillende soorte bas
A verskillende blare, ens.
A en tel dan die aantal die verskillende
soorte.
B. Versamel en sorteer die blare
Leerders moet die volgende doen:
A Versamel ’n verskeidenheid verskillende
blare.
A Sorteer blare in groepe gebaseer op
soortgelyke kenmerke en verduidelik wat
hierdie kenmerke is (werk hul eie
klassifikasiestelsel uit en verduidelik dit).
C. Klassifiseer, beskryf en tel die blare en
deel die resultate
Leerders moet die volgende doen:
A Klassifiseer die blare korrek volgens die
tabel.
A Teken en beskryf drie blare deur die
sleutelwoorde vir die vorms en rande in
die tabel te gebruik.
A Die tekeninge moet netjies en duidelik
wees en die vorm en rand duidelik wys.
A Die tekeninge moet ’n gepaste opskrif en
korrekte byskrifte hê.
A Die leerder moet in staat wees om die
blare op ander maniere te beskryf, soos
hul kleur, grootte en tekstuur.
A Stal hul blare uit.

11
Voedselkettings en -webbe
3 Plante en diere is afhanklik van
mekaar om te oorleef
Sleutelbegrippe Onderwysertaak
• Alle diere is afhanklik van
plante vir hul kos.
• Ons almal is afhanklik van Inleiding
’n verskeidenheid plante en
diere om te oorleef. Verduidelik en vra
• Plante maak hul eie kos en
A Kan jy sonder ander mense oorleef?
word produsente genoem.
Hulle maak kos vir hulleself A Kon jy vandat jy ’n baba was sonder ander mense oorleef het? Wat
en vir diere. het ander mense vir jou gedoen?
Uitbreidingsbegrippe
A Kan jy nou sonder ander mense oorleef?
• Diere wat slegs plante eet,
word primêre (die eerste) Maar ons het nie net mense nodig nie. Wat anders het ons nodig?
verbruikers genoem.
• Diere wat ander diere en Wat dink jy sal met die aarde en met ons gebeur as daar nie so baie
plante eet, word sekondêre plante en diere was nie?
(die tweede) verbruikers
genoem.
• Diere wat die sekondêre Voedselkettings
verbruikers eet, word
Vra leerders om aan een soort kos wat hulle vandag geëet het, te dink
tersiêre (die derde)
verbruikers genoem. Hulle en om dit terug te voer na die plante waar dit vandaan kom en dan
is altyd vleiseters terug na die son.
(karnivore).
Let Wel: Die pyltjies gaan altyd vanaf die kos na die dier wat dit eet.
Die pyltjies gaan in die rigting van die energievloei.
Byvoorbeeld:

Son d Mieliepitte d Hoender d Mens


Die son gee die mielies energie en help hulle om te groei. Die hoender
eet die mielies en kry energie daaruit. Die mens eet die hoender om
energie te kry.

Son d Gras d Koei (vleis en melk) d Mens


Die son help die gras om te groei. Die koei eet die gras. Die mens eet
die vleis en drink die melk van die koei.

12
Dit word ’n voedselketting genoem en dit wys die verskillende plante en
diere waarvan ons afhanklik is. Ons weet egter dat ons meer as een soort
kos eet en ons is dus afhanklik van meer as een plant of dier vir ons kos.
Diere en plante is afhanklik van mekaar. Om die waarheid te sê, alle lewe
is onderling afhanklik. Byvoorbeeld, baie plante kan nie voortplant tensy
’n dier hulle bestuif of hul saad versprei nie.

Voedselwebbe
Plante, diere en mense is onderling afhanklik. Dit beteken ons is almal
afhanklik van mekaar om te oorleef. Dit is realistiese om die verband
tussen plante en diere met behulp van ’n voedselweb eerder as ’n
voedselketting voor te stel aangesien dit die veelvoudige verband tussen
lewende organismes toon.
Onderwysertaak
1. Deel die voedselweblegkaart van die tuin-ekosisteem uit (bladsy 41).
Gee, indien moontlik, een legkaart vir elke twee leerders. Vra hulle om
die legkaart uit te werk en dit dan in hul boeke te teken en die
pyltjies in te sit. Die pyltjies gaan van die kos na die dier wat dit eet.
Daar sal meer as een pyltjie tussen sommige diere en plante wees.
2. Leerders moet die vrae oor die voedselweb in hul boeke beantwoord.
Leerdertaak
Voedselkettings
1. Kies enige soort kos wat jy vandag geëet het. Teken en benoem ’n
voedselketting om te wys waar jou kos vandaan gekom het. Wys die
stappe terug tot by die son. Skryf om jou voedselketting te
taakkaart om te
verduidelik. Onthou, die pyltjies gaan vanaf die kos na die dier wat
fotokopieer op
dit eet.
bladsy 40.
Voedselwebbe
1. Gebruik die legkaart van die tuinekosisteem op bladsy 41.
2. Werk die voedselweb in die legkaart uit.
3. Teken dit dan in jou boek en sit die pyltjies in. Die pyltjies gaan
van die kos na die dier wat dit eet. Daar sal meer as een pyltjie
tussen sommige diere en plante wees.

Vrae
Beantwoord hierdie vrae oor die tuin-ekosisteem. Skryf die antwoorde
in jou boek.
A Waarom begin die voedselweb met die onderste plante?
Hierdie plante voed nie op enigiets nie. Hulle maak hul eie kos deur
lug, water en energie van die son te gebruik. Alle diere is afhanklik
van die plante vir kos.
A Wat wys die pyltjies?
Die pyltjies wys die energie gaan vanaf die kos na die dier wat dit eet.
A Waarom het sommige diere meer as een pyltjie wat daarna gaan?
Hierdie diere eet meer as een ding en elkeen het sy eie pyltjie.

13
Leerdertaak (vervolg)
Leerdertaak
A Waarom het sommige diere en plante meer as een pyltjie wat
van hulle gaan?
Hierdie diere en plante word deur meer as een dier geëet.
A Wat is ontbinding? Waarom is dit belangrik vir die voedsel-
web?
Ontbinding is wanneer dooie plante en diere in die grond verrot. Dit
verryk die grond. Dit is belangrik, want goeie grond help die plante
om te groei. Hierdie plante verskaf kos aan die diere.

Onderwysertaak Stel bekend en verduidelik


Stel die volgende terme aan die leerders
Aan die onderwyser bekend. As ’n uitbreidingsaktiwiteit kan jy
Voedselwebbe die trofiese vlakke op ’n prent van die
In ’n voedselweb is daar altyd plante én diere. tuinvoedselweb verduidelik.
Hulle kry hul kos op verskillende maniere. Primêre produsente: Die plante in ’n
Produsente voedselweb word die primêre produsente
Die plante maak hul eie kos en verskaf ook kos genoem. Dit is omdat hulle gedurende
aan die diere. Hulle word dus die produsente
fotosintese kos vir hulleself en vir ander
genoem.
lewende dinge maak. Hulle gebruik energie uit
Planteters, vleiseters, en trofiese vlakke
Sommige diere is planteters (herbivore). Ander
sonlig, water en koolsuurgas uit die lug om
diere is vleiseters (karnivore); hulle eet diere. koolhidrate (soos glukose en stysel) te maak.
Sekere vleiseters eet egter diere wat op hul beurt Dit is die stapelvoedsel van alle lewende
plante eet. Byvoorbeeld, ’n leeu eet ’n springbok, organismes.
wat gras eet. Ander vleiseters eet egter diere wat Primêre verbruikers: Die diere in ’n
diere eet. Byvoorbeeld, ’n voël eet ’n akkedis, wat voedselweb wat slegs plante eet, word
vlieë en sprinkane eet. In ’n voedselweb is daar dus primêre verbruikers genoem. Dit is omdat
verskillende soorte voeding. Hierdie verskillende
hulle slegs die primêre produsente eet, wat
soorte (vlakke van) voeding word trofiese vlakke
die plante is. Hierdie diere word ook
(voedingsvlakke) genoem.
Ontbinding planteters genoem, want hulle eet net plante.
Wanneer plante en diere doodgaan, ontbind Voorbeelde van planteters is skape, bokke,
(verrot) hulle. Dit beteken dat hul dooie liggame beeste en baie insekte.
deur klein diertjies, swamme en bakterieë in die
grond geëet en afgebreek word. Hierdie
organismes word ontbinders genoem. Hulle help
om alle lewende dinge uiteindelik na die grond te
laat terugkeer. Dit verryk die grond en laat toe dat
nuwe lewe groei.

14
TUIN-EKOSISTEEM Janfiskaal

TERSIÊRE VERBRUIKERS

Liewenheersbesie Spinnekop Padda


SEKONDÊRE VERBRUIKERS

Plantluis Kriek Mot


/ ruspe Erdwurm Duisendpoot
PRIMÊRE VERBRUIKERS

Roosstruik Varkoor Gousblom ONTBINDERS


PRIMÊRE PRODUSENTE

Detritus

Sekondêre verbruikers: Die diere in ’n voedselweb wat die primêre


verbruikers eet, word sekondêre verbruikers genoem. Dit is omdat hulle
diere, wat plante eet, eet.
Tersiêre verbruikers: Die diere in ’n voedselweb wat die primêre en
sekondêre verbruikers eet, word tersiêre verbruikers genoem. Dit is
altyd vleiseters.
Ontbinders: Dit is klein organismes soos bakterieë, swamme,
erdwurms, vlieë en larwes wat in die grond en in kompos lewe. Hulle
voed op dooie plant- en dierliggame en help dit om te verrot en af te
breek tot dit weer deel van die grond word.
Vra leerders om die name van hierdie kosvlakke op hul tekeninge van
die tuin-ekosisteem in te skryf.

Vaslegging
Kontroleer dat die leerders die voedselweb korrek voltooi het.
Kontroleer ook in die uitbreidingsoefening dat hulle die verskillende
trofiese vlakke verstaan.
Bespreek die vrae met die leerders na hulle dit beantwoord het. Laat
hulle dan nog besonderhede by hul antwoorde byvoeg, indien nodig.

15
Assesserings-
taak vir LU2 Ons maak ons eie voedselweb
Hierdie assesseringstaak is daarop gerig om kenmerke van voorwerpe, materiaal en
die volgende graad 5-assesseringstandaarde te organismes te noem en te beskryf.
bereik: Kategoriseer inligting:
Onthou betekenisvolle inligting: Skep eie kategorieë voorwerpe en organismes
Gebruik, ten minste, eie vlotste taal om en verduidelik eie reël vir kategorisering.

Leerdertaak
Teken jou eie voedselweb
Die voedselweb moet die volgende bevat:
1. Daar moet ten minste tien lewende dinge wees, insluitend gewerweldes
én ongewerweldes.
2. ’n Mens moet deel van die voedselweb wees.
3. Byskrifte moet die name van die plante en diere aandui.
4. Pyltjies moet wys wat die verskillende diere eet.
5. Vir die uitbreidingsaktiwiteit: Byskrifte moet die primêre produsente, primêre
verbruikers, sekondêre verbruikers en tersiêre verbruikers aandui.
A Probeer om ’n paar regte plante en diere wat jy naby jou huis of skool
gesien het, in jou voedselweb te gebruik.
A Gebruik die identifikasielys van ongewerweldes op bladsy 43 om jou te help
om van die diere te benoem en te identifiseer.
Skryf
Skryf ’n paar sinne oor wat jy oor voedselwebbe geleer het.

Vaslegging
Verduidelik
Ons het ’n uitdrukking in Suid-Afrika: “Umntu ngumntu ngabantu.” Dit beteken:
“’n Mens is ’n mens deur ander mense.” Ons is dus almal afhanklik van mekaar
en het mekaar nodig.
A Wat beteken dit?
A Is dit waar?
A Is ons net van mense afhanklik? Waarom sê jy so?

Assesseringstaak Assesseringskriteria vir LU2


Teken ’n voedselweb. Die voedselweb moet die volgende bevat:
A Daar moet ten minste tien lewende dinge wees, insluitend gewerweldes
en ongewerweldes asook ’n mens. Vir uitbreiding moet dit korrek in die
vier trofiese vlakke gegroepeer wees.
A Byskrifte moet die name van die plante en diere aandui.
A Pyltjies moet wys wat die verskillende diere eet. Die pyltjies moet vanaf
die kos na die diere wat dit eet, wys.
A Die tekening moet netjies en duidelik wees.
A Uitbreidingsaktiwiteit: Korrekte byskrifte moet die primêre
produsente, primêre verbruikers, sekondêre en tersiêre verbruikers
aandui. (Mense sal sekondêre verbruikers wees, want hulle eet plante én
diere.)

16
Lewensiklusse van plante
4 en diere
Sleutelbegrippe Inleiding Onderwysertaak
• Alle plante en diere gaan
deur verskillende stadiums
Die menslike lewensiklus
terwyl hulle groei. A Stel die prente van Madiba hieronder bekend.
• Die groeiproses van ’n A Lei ’n klasbespreking oor sy lewe.
lewende ding word sy
lewensiklus genoem.
• Die lewensiklus herhaal
Vra
homself van geslag tot A Hoe oud is hy?
geslag. A Wat het hy gedoen voor hy president geword het?
• Wanneer ’n dier nie sy
A Waar is hy gebore?
lewensiklus kan voltooi nie,
word die diversiteit en A Waar het hy grootgeword?
oorlewing van die hele A Het hy enige kinders?
spesie geaffekteer.
A ens.
Versamel prente van die stadiums in die menslike lewensiklus
(voorbeelde op bladsy 18).

Oudpresident Nelson Mandela as ’n jong man


in die 1960’s (links) en ’n meer onlangse foto
van Madiba in sy sewentigs (bo).
Foto: Iziko SA Nasionale Galery

A Vra leerders om jou te help om hierdie prente op die bord te


rangskik.
A Stel sleutelwoorde soos die volgende bekend en skryf dit op die
bord: baba, peuter, kind, tiener, jong mens, volwassene, ou mens.
A Stel die prosesse van groei en ontwikkeling bekend.

17
Vra
A Hoe het die mens vanaf ’n baba na ’n kleuter ontwikkel? (Hy/sy het
gegroei en leer loop.)
A Hoe het die kind ’n tiener geword? (Sy/hy het ouer, groter geword
en borste, spiere, hare onder die arms, ens. ontwikkel.)
A Hoe het die jong mens ’n volwassene geword? (Hulle het volwasse
geraak, getrou, kinders gekry, ens.)
A Ensovoorts

Leerdertaak A. Orden ’n lewensiklus


A Orden die prente van ’n mens se lewe van geboorte tot bejaardheid.
taakkaart om
Jy kan ook prente van jou eie gesin gebruik of teken.
te fotokopieer op
A Skryf byskrifte vir elke stadium en sit dit onder die prente.
bladsy 45.
A Skryf die storie van die lewensiklus.

1. Verduidelik dat wanneer Mandela sterf, dit nie die einde van die
Onderwysertaak Mandela-familiegroep is nie, want hy het kinders wat op hul beurt
weer kinders sal hê. Die familiegroep gaan dus van geslag tot
geslag voort.
2. Verduidelik dat ons ’n prent wat ’n storiewiel genoem word, kan
gebruik om te wys wat ’n lewensiklus is. Wys hoe om die storiewiel
te rangskik deur die padda en die appelboom as voorbeelde te
gebruik. Verduidelik die verskillende stadiums en prosesse aan die
leerders. Verduidelik in die geval van die appelboom dat die by
stuifmeel van een appelbloeisel na ’n ander neem. Bestuiwing moet
plaasvind, anders sal daar nie appels uit die bloeisels ontwikkel nie.
3. Deel nog prente van lewensiklusse en storiewiele uit sodat die
leerders dit kan rangskik en daaroor kan skryf. (Sien voorbeelde op
bladsy 46.)

18
Leerdertaak B. Orden ’n lewensiklus op ’n storiewiel
A Orden die prente van ’n lewensiklus.
In groepe
A Sit die prente op ’n storiewiel. Maak seker jy het genoeg spasies op
die storiewiel vir al jou prente.
A Benoem elke stadium.
A Wys en vertel jou ordening vir die klas.
A Skryf die storie van die lewensiklus langs die prente op die
storiewiel.
A Skryf en verduidelik hoe die plante of diere in elke lewensiklus
afhanklik van ander lewende dinge is om hul lewensiklus te voltooi.

’n Storiewiel van ’n lewensiklus


Eiers het water nodig.

Die volwasse eiers


padda het
Paddavisse het
water en
water en kos van
grond en
plante nodig.
insekte vir
kos nodig.

volwasse paddavisse paddavisse


met pote
padda
Paddavisse met pote het
water nodig en het ook kos
van plante en diere nodig.

Onderwysertaak Terwyl leerders hul ordening van die lewensiklus op die storiewiel
vertel, skryf jy ’n lys toepaslike stadiums en prosesse op die bord.
(Stadiums: volgroeid, volwasse, baba, eiers, ruspe, larwe, papie,
kleintjies, tieners, adolessente, oues, paddavisse, saad, plantjie,
vrugte, blom, ens.)
(Prosesse: lê eiers, plant voort, broei uit, groei en ontwikkel, raak
oud, ontkiem, blom, bestuif, word ryp, versprei saad, ens.)
Verduidelik die prosesse aan die leerders. Vra hulle dan om die
verskillende prosesse wat in hul lewensiklus plaasvind, te benoem.

Vaslegging
Leerders moet verstaan dat elke plant en dier deur dieselfde stadiums
van ontwikkeling as ander van sy soort gaan.
Skryf dit op die bord sodat die leerders dit in hul boeke kan skryf.

19
Leerdertaak
Individueel

C. Maak jou eie lewensiklus


A Teken ’n lewensiklus van ’n plant of dier wat jy al gesien het of
waarvan jy weet.
Aan die onderwyser A Sit jou tekeninge op ’n storiewiel. Maak seker jy het genoeg
’n Lewensiklus spasies vir al jou prente op die storiewiel.
Elke plant en dier het ’n
A Benoem elke stadium.
lewensiklus. Dit beteken
dit gaan deur dieselfde A Benoem elke proses wat die dier deurgaan soos wat dit
stadiums in sy lewe as ontwikkel.
ander van sy soort. A Skryf die storie van die lewensiklus langs die prente op jou
Plante en diere groei en storiewiel.
ontwikkel soos wat
A Skryf en verduidelik hoe die plant of dier in die lewensiklus wat
hulle van een stadium
na die volgende jy geteken het, afhanklik van ander lewende dinge is om hul
verander. lewensiklus te kan voltooi.

Vra
A Wat dink jy sal met die plant of dier gebeur as dit om die een of
ander rede nie sy lewensiklus kan voltooi nie? (Dit sal nie meer
enige kleintjies kan hê of maak nie.)
A Wat sal met die kleintjies gebeur? (Die kleintjies sal doodgaan.)
A Wat sal met die res van die spesie gebeur as een dier nie sy
lewensiklus kan voltooi nie? (Die genepoel van daardie spesie sal
kleiner raak en daar sal minder variasie in die hele spesie wees.)
A Kan jy aan ’n paar dinge dink wat kan keer dat ’n dier sy
lewensiklus voltooi? (As daar geen kos vir die dier is nie; as die
habitat of landskap verander en die dier nie meer ’n veilige plek
het om sy kleintjies groot te maak nie; as die klimaat verander en
die volwassenes en kleintjies nie in daardie omstandighede kan
oorleef nie; as die dier deur mense, roofdiere of siekte bedreig
word, ens.)
Die leerders moet verstaan dat daar natuurlike bedreigings vir plante
en diere is, maar daar is ook mensgemaakte bedreigings, soos
besoedeling, vernietiging van die landskap, jag, te veel visvang.

Mensgemaakte bedreigings vir die omgewing ...


jag, oopmynbou, viertrekvoertuie

20
5 Ons is almal afhanklik van bye
Sleutelbegrippe Inleiding Onderwysertaak
• Baie plante is afhanklik van Lees en bespreek
bye vir bestuiwing sodat Bring ’n bietjie heuning klas toe sodat die leerders
hulle vrugte en sade kan
dit kan proe. (As jy heuning in ’n heuningkoek
maak en hul lewensiklus
kan voltooi.
kan kry, sal dit nog beter wees, want dan kan
• Bye het ook blomme se jy die washeuningkoek vir hulle wys.)
nektar en stuifmeel nodig Bring ook gouestroop.
om hul eie lewensiklus te
voltooi.
• Boere is afhanklik van bye
Vra
om hul gewasse te bestuif A Hoe smaak dit?
sodat daar goeie vrugte vir A Waar kom die heuning vandaan?
die mark kan wees.
A Waardeur word heuning gemaak?
• Byeboere gebruik bye om
heuning te maak, wat hulle A Is heuning dieselfde as gouestroop? Wat is verskillend?
kan verkoop. Hulle huur
ook die bye aan boere uit. Aan die onderwyser – Hoe bye heuning maak
• Byeboere het die
Sommige leerders ken moontlik gouestroop en het dit al geproe. Dit is ’n
tegnologie ontwikkel om
mensgemaakte stroop wat van suikerriet gemaak word. Heuning word egter
bye aan te hou.
deur heuningbye, wat insekte is, gemaak. Die bye drink die nektar uit blomme
en maak heuning in hul liggame. Hulle bring dan die heuning op (spoeg dit
uit) en bêre dit in die heuningkoek om hul kleintjies te voer. Met ander
woorde, die nektar gaan deur die by se liggaam en verander in die proses in
heuning. Dit is amper soos koeie wat gras eet en melk maak.
Bye bestuif die meeste vrugtebloeisels, soos tamaties, appels, pruime, pere,
lemoene, nartjies, pomelo’s, suurlemoene, perskes, appelkose en pampoene.
(Dit is alles vrugte omdat dit ’n saad in ’n vlesige vrug het.) Bye bestuif ook
die meeste van ons die blomme van groente, soos patats, uie en aartappels. Bye bestuif ook
stapelvoedsel, soos neute, soos amandels, se blomme.
rys, suiker, mielies,
koring, rog en Lees die inligting op bladsy 22, Bye en boere is afhanklik van
hawer, behoort tot mekaar, oor hoe appelboere in Elgin naby Kaapstad bye gebruik, saam
die grasfamilie en met die leerders. Hou ’n klasbespreking oor bye.
word hoofsaaklik
deur die wind
Vra en dink na oor
A Weet jy van enige plante wat afhanklik van bye vir hul bestuiwing
bestuif. bye bestuif
is?
egter dikwels ook A Dink aan al die soorte kos wat jy vandag geëet het. Van watter
hierdie plante. plante kom dit en waardeur word die plante bestuif?
A Wat sal met ons kos en met ons gebeur as al die bye doodgaan?
A Hoe voel jy oor bye? Is jy bang vir hulle?
A Hoe moet ons optree as ’n by naby ons kom? (Ons moet baie stil en
kalm bly en nie weghardloop of skreeu nie. Uiteindelik sal die by
wegvlieg. Ons moenie bye doodmaak nie.)
A Wat sal ons sonder bye doen?
A Wat sal boere sonder bye doen?
A Waarom moet ons bye beskerm?

21
Bye en boere is afhanklik van mekaar
Werkby besig op die
heuningkoek in die korf Werkby versamel stuifmeel
en nektar van ’n blom
Koninginby lê
eiers in selle
na sy met ’n
hommelby
(mannetjieby)
gepaar het

Selle van die Stuifmeelmandjie


heuningkoek
Bylarwe

Bypapie

Boere het bye nodig om hul gewasse te bestuif


Bye is baie belangrik vir die boere van Elgin naby Kaapstad. Die boere is
afhanklik van bye om hul vrugtebome te bestuif om goeie vrugte te kan maak.
In die lente kry die appel-, peer- of pruimbome almal gelyktydig bloeisels. Die
boorde is groot en miljoene bloeisels moet binne net ’n paar dae bestuif word.
Daar is nie genoeg wilde bye in die gebied om al hierdie bloeisels te bestuif
nie. Die boere huur dus bye van ’n byeboer om die werk te kom doen.
Boere het baie bye vir bestuiwing nodig
Eers moet die boer uitwerk hoeveel byekorwe nodig sal wees. Gewoonlik is twee
korwe vir ’n boord nodig, afhangend van die boord se grootte. Daar is omtrent
3 000 bye in elke korf. Elke korf het ’n koninginby en werkbye. Die koninginby
lê die eiers en die werkbye kyk na die koningin en die eiers tot hulle uitbroei.
Die ouer werkbye vlieg rond en versamel stuifmeel en nektar van blomme en
bestuif terselfdertyd die blomme.
Die boer kweek spesiale bome om die bye te lok
In elke boord (byvoorbeeld in ’n appelboord) snoei die boer die bome sodat
hulle nie te hoog is nie en al die takke die regte hoeveelheid sonlig kry. Hy
plant ook ’n paar bome in die middel van die boord, wat hy nie snoei nie, en
hierdie bome is hoër as die ander bome. Dit word die bestuiwers genoem. ’n
Bestuiwer is ’n boom van ’n ander soort appel, wat gelyktydig as die ander
appelbome blom. Omdat dit soveel hoër as die ander bome is, lok dit die bye
eerste. Die bye versamel stuifmeel van die bestuiwer en neem dit na die ander

22
bome. Dit is sodat kruisbestuiwing kan plaasvind. Kruisbestuiwing sorg
dat die vrugte beter is.
Byeboere bring bye na die boer
Byeboere bring hul bye (in byekorwe) na die boere. Die boer moet die
byeboer betaal vir elke dag wat die bye in die boorde is. Die byeboer
moet op sy beurt die bye goed versorg. Die byeboere hou daarvan om
hul bye na die appelboorde te bring, want appelbloeisels het ’n goeie
voorraad nektar om die bye te voer. Peerbloeisels het egter nie baie
nektar nie en die bye raak uitgeput omdat hulle nie genoeg nektar kry
nie. Die byeboer moet ook toesien dat die bye in ’n skoon korf en teen
die regte temperatuur gehou word en genoeg water het. Die byeboere
maak ook geld deur heuning te verkoop.
Meer mense word opgelei om byeboere te word
Baie mense in die landelike gebiede van Suid-Afrika leer hoe om
byeboere te word sodat hulle bye kan aanhou en so ’n inkomste kan
verdien. Hulle huur die bye uit om die boere se boorde te bestuif en
hulle verkoop ook die heuning wat die bye maak. Byeboere help ook
om bye te beskerm. Bye is een van ons lewende nasionale skatte
omdat ons afhanklik van hulle is om ons plante wat voedsel voorsien,
te bestuif.

Onderwysertaak Neem waar


Neem leerders buitentoe waar daar blomme is of bring ’n paar klas toe
en wys leerders die geel stuifmeel in die blomme. Laat hulle van die
stuifmeel op hul vel vryf. Kyk buite of daar enige bye is wat blomme
bestuif. Wys leerders ook dat daar in blomme ’n taai, soet sap is wat
nektar genoem word. Dit is wat die bye eet en waarvan hulle heuning
maak. Wanneer bye blomme bestuif, dra hulle die stuifmeel van een
blom na die volgende terwyl hulle stuifmeel vir hulleself versamel.

Stuifmeel kom hier op


Verduidelik
die helmknoppies voor. 1. Verduidelik dat bye om die volgende redes baie belangrik is:
Eerstens, bye is noodsaaklik vir die voedselweb omdat hulle
bestuiwers is.
A Vrugte en sade kan slegs uit blomme ontwikkel na hulle bestuif
is.
A Sonder bestuiwers soos bye sal boere nie in staat wees om ons
kos te kweek nie.
A Sade, neute en vrugte wat na bestuiwing ontwikkel, verskaf kos
vir diere.
A Bestuiwing verseker ook dat daar bevrugte sade is sodat ’n nuwe
geslag plante kan groei.
– Ander insekte soos skoenlappers, perdebye, kewers en motte
bestuif ook blomme.
Tweedens, bye is belangrik omdat hulle heuning, byewas en propolis
(byekos) maak.
’n Byeboer 2. Vra leerders om die feiteblad Waarom is bye so belangrik vir die
wêreld? op bladsy 56 te lees. Bespreek die feite oor bye en
byeboerdery.

23
Assesserings- Daar word reeds duisende jare lank met bye in verskillende soorte
taak vir LU3 korwe geboer. Hier is ’n paar voorbeelde van byekorwe.

Leerdertaak 1. Lees oor die byekorwe


Ou Egiptiese korwe. Hier is Egiptiese
Assesseringstandaarde byeboere wat heuningkoeke uit hul korwe
Hierdie assesseringstaak is daarop gerig om die volgende graad 5- haal. Hierdie korwe was hol en van droë
assesseringstandaarde in LU3 te bereik: modder uit die Nylrivier gemaak. Sulke
• Verstaan wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en korwe is 4 400 jare gelede die eerste keer
inheemse kennis: Identifiseer maniere waarop produkte en tegnologie uit gebruik. Die bye bou hul washeuning-
ander tye en kulture aangepas is.
koeke, wat van die bokant hang, binne-in.
• Verstaan die impak van wetenskap en tegnologie: Identifiseer die positiewe
en negatiewe uitwerking van wetenskaplike ontwikkelings of tegnologiese
produkte op die gehalte van mense se lewens en/of die omgewing.

taakkaart om
Muurskildery in
die grafkelder
te fotokopieer
van Rekhmire, op bladsy 53.
Wesoewer,
Luxor. Hier sien
’n mens hoe
heuning uit
korwe gehaal
word en in
houers gepak
word. Egipte,
c.1450 VHJ.

Moderne Egiptiese
Ingange vir die bye
korwe. Hierdie
byekorwe word vandag
nog in Egipte gebruik. Kleipype
Die korwe is van klei
gemaak. Die bye bou hul
washeuningkoeke, wat
van die bokant hang,
binne-in. Die byeboer
haal die heuning agter
uit die korf.

Afrika-boomstamkorwe. Hierdie korwe


word van stukke hol boomstompe gemaak.
Dit word in Kenia in Afrika gebruik. Die bye
bou hul washeuningkoeke, wat van die
bokant hang, binne-in. Die korwe word in
bome gesit waar die bye stuifmeel versamel.
Hierdie korwe word vandag nog steeds
gebruik. Die byeboer haal die heuning agter
uit die korf.

24
Kripvormige korwe. Hierdie soort deksel
byekorf is oorspronklik in Kenia en in
Tanzanië gebruik. Dit word nou ook in ander
dele van Afrika gebruik. Die korwe word heuningkoek
van hout gemaak. Die heuningkoeke hang houtraam
van houtrame, wat verwyder kan word.
Byeboer met beskermende
klere
gaatjies waar
die bye kan
Roker ingaan

Langstroth-korf. Hierdie soort bokskorf word


Raam met heuning- in Afrika en in baie dele van die wêreld gebruik.
koek pas in die boks Dit is vernoem na die man wat dit uitgevind het.
Dit is van hout gemaak. Die heuningkoeke hang
Heuningbokse van die rame, wat verwyder kan word. Hierdie
korwe word gebruik deur byeboere wat hul bye-
korwe aan boere uithuur. Dit is maklik om van
Broeiboks
plek tot plek te beweeg. Byeboere dra spesiale
klere om hulleself teen bysteke te beskerm.

2. Bespreek in jou groep:


Groepwerk A Hoe werk hierdie verskillende byekorwe?
A Wat is goed aan hierdie byekorwe, dink jy?
A Het byekorwe baie sedert die ou Egiptiese korwe verander?
A Wat is eenders in al die byekorwe?
A Waar sal jy ’n byekorf sit?
A Is byeboerdery nuttig vir die omgewing?
A Hoe help byeboerdery die omgewing?
3. Trek ’n tabel soos die een hieronder en vul die inligting oor elke soort
korf in.
Soort korf Waarvan is Waar gaan die Waar in die Waar maak Wat is die
die korf bye by die korf maak die die byeboer voordele van
gemaak? korf in? bye heuning- die korf oop hierdie soort
koeke vas? om heuning korf?
uit te haal?
Ou Egiptiese
korwe
Moderne
Egiptiese korwe
Afrika-boom-
stamkorwe
Kripvormige
korwe

Langstroth-korf
25
Individuele werk 4. Maak jou eie ontwerp van ’n byekorf. Dit moet gerieflik vir die bye wees en
maklik vir die byeboer wees om te gebruik. Teken ’n prent van jou korf en
die omgewing waarin dit is. Teken en skryf om te verduidelik hoe dit werk.
Verduidelik hoe bye en byeboere die omgewing help.

Assesseringskriteria om begrip van bye,


korwe en byeboerdery te assesseer
Assesseringstaak Assesseringskriteria
Maak jou eie Die tekening en/of verduideliking van die ontwerp moet
ontwerp van ’n toepassing en begrip van die volgende kennis toon:
byekorf Oor die korf
a ’n Hol houer
a ’n Opening vir die bye om in en uit te kom
a ’n Klein platform vir die bye om op te land en van te vlieg
a Hoog bokant die grond vir veiligheid
a In ’n geskikte omgewing
a Het plekke vir die bye om broeiheuningkoeke te bou en bêreplek vir
heuningkoeke wat van die bokant hang
a ’n Opening vir die byeboer om heuning van die heuningkoeke naaste aan
die buitekant van die korf uit te haal sonder om die broeiheuningkoeke te
versteur
Oor die prosesse van byeboerdery en die gedrag van bye
a Verstaan sommige van die prosesse van byeboerdery, soos om heuning uit
te haal, ’n swerm te vang, die korwe na ’n boord te neem, bye wat lomerig
raak wanneer daar rook is
Oor hoe bye en byeboere die omgewing affekteer
a Verduidelik ’n paar punte wat begrip toon van hoe die omgewing as gevolg
van bye en byeboerdery baat. Byvoorbeeld, bye bestuif blomme sodat
vrugte en sade kan vorm en die plant kan voortplant, verskaf kos vir ander
lewende dinge, maak heuning vir kos, ens.

Vaslegging
Gee leerders opbouende
terugvoering oor die taak.

Bespreek
A Sal jy daarvan hou om bye
as ’n stokperdjie aan te
hou? Waarom of waarom
nie?
A Watter soort mens sal dalk
’n byeboer word?
A Sal jy daarvan hou om
eendag ’n byeboer te wees?
Waarom of waarom nie?

26
6 Ons is almal afhanklik van
mekaar
Sleutelbegrippe Voorbereiding Onderwysertaak
• Plante en diere lewe saam Kowierivier-plakkaat: Laat die leerders, indien moontlik, elkeen ’n
en is afhanklik van mekaar afskrif van die plakkaat (bladsy 62) inkleur voor julle hierdie aktiwiteit
om hul lewensiklusse
suksesvol te voltooi.
doen. Die prente het kleurkodes. Dit sal die leerders help om die
• Ons moet waarde aan alle plakkaat beter te leer ken. As hulle in groepe werk, kan die vel papier
lewe op aarde heg. in vier of ses dele gevou word (afhangend van die grootte van die
groep) en elke leerder kan ’n spesifieke deel inkleur. Gee hulle ’n paar
dae om dit in hul eie tyd te doen.

Inleiding
1. Vra leerders om na die plakkaat van die lewe in die Kowierivier in
die Oos-Kaap te kyk. (Sien die plakkaat en die sleutel op bladsy 60
en 64.)
2. Lees die storie oor die plakkaat (bladsy 64) vir die leerders.

Vra
A Wat sien jy op die plakkaat?
A Watter soort landskap is dit?
A Was jy al ooit op so ’n plek?
A Ken jy enige van hierdie plante of diere?
A Waarom, dink jy, is daar so baie plante en diere op hierdie plek?
Wat maak almal daar?
A Kan jy enige lewensiklusse op die plakkaat sien?
3. Vra leerders om die vrae oor die plakkaat te beantwoord.
4. Na die aktiwiteit kan die groepe hul ingekleurde plakkate en hul
antwoorde teen die muur uitstal
27
Leerdertaak
taakkaart om te
Die biodiversiteit van die Kowierivier
a Kyk na die plakkaat. Kan jy enige lewensiklusse op die plakkaat sien?
fotokopieer op a Kies twee plante of diere in die prent en teken elkeen se lewensiklus.
bladsy 59 Benoem elke lewensiklus. Sê waarvan die plant of dier afhanklik is om sy
lewensiklus te voltooi.
a Tel die biodiversiteit in hierdie prent en skryf die getal op jou afskrif van die
plakkaat.
a Waar, dink jy, pas mense in op hierdie plakkaat? Teken ’n mens en wys wat
die mens doen. Sal die mens enige van die plante en diere affekteer?
Skryf ’n sin om te verduidelik hoe.
a Waar in hierdie prent sal jy bye kry? Wat sal hulle doen? Teken ’n by in die
prent. Waar, dink jy, sal bye hul neste maak?
a Soek die volgende plante en diere in die prent en sê wat jy dink hulle nodig
het om te lewe.

Plante en diere Wat het hulle nodig, en waarom?


Spinnekop Bv.: ’n Plek om sy web te maak om insekte vir kos te vang

Slang

Bootmannetjie (insek)

Luiperd

Naaldekoker (klein nimf)

Oos-Kaapse kurper

Garnale

Dassies

Syselbos (struik)

Krap

Riete

Waterskilpad

Kaapse kastaiing (boom)

Otters

Likkewaan

Waterbok

28
Leerdertaak Vaslegging
Wat weet en verstaan jy nou oor biodiversiteit en waaroor sal jy nog graag
meer wil uitvind?
Praat, skryf en teken daaroor.
of
Skryf ’n lofgedig oor biodiversiteit.

Om meer oor die Kowierivier-plakkaat uit te vind, tree in verbinding met:


Dr. Jim Cambray
Makana Sentrum vir Biodiversiteit
Albany Museum
Somersetstraat
Grahamstad
6139

29
Voorgestelde werkskema
Periode 1 Periode 2 Periode 3 Periode 4 Periode 5
Leerervaring 1 Leerervaring 2 Leerervaring 2 (vervolg) Assesseringstaak vir Assesseringstaak
Biodiversiteit Sortering • Leerders teken bene en LU1: Ondersoek (vervolg)
• Onderwyser stel • Onderwyser stel bene skryf verduideliking oor biodiversiteit • Leerders vul
biodiversiteit bekend. bekend. gewerweldes. • Onderwyser berei klassifikasietabel in,
• Leerders sorteer prente • Leerders klassifiseer • Onderwyser doen leerders vir teken blare en skryf
en maak klasuitstalling. diere met behulp van vaslegging. assesseringstaak voor. daaroor.
• Onderwyser som op. sleutel en teken in tabel • Hou klasbespreking om • Stal werk in klaskamer
• Leerders skryf aan. ondersoek te beplan. uit.
opsomming in boeke. • Leerders gaan buitentoe
• Leerders voeg gedurende en versamel en sorteer NB: Besluit wanneer om
week by uitstalling. blare. terugvoering oor
• Onderwyser doen assesseringstaak te gee.
vaslegging.

Periode 6 Periode 7 Periode 8 Periode 9 Periode 10


Leerervaring 3 Leerervaring 3 (vervolg) Assesseringstaak vir Assesseringstaak Leerervaring 4
Voedselkettings en • Leerders werk LU2 (vervolg) Lewensiklusse
-webbe tuinvoedselweb uit en • Onderwyser berei • Leerders skryf oor wat • Onderwyser stel Madiba
• Onderwyser stel bekend: teken dit. leerders voor vir hulle oor voedselwebbe se lewensiklus bekend,
Ons is almal afhanklik • Onderwyser doen assesseringstaak. geleer het. klasbespreking.
van ander, vaslegging en verduidelik • Leerders teken en • Rangskik menslike
voedselkettings. begrippe in voedselweb: benoem hul eie NB: Besluit wanneer om lewensiklus op bord.
• Leerders teken produsente, verbruikers, voedselweb. terugvoering oor • Onderwyser verduidelik
voedselkettings. ontbinders, trofiese assesseringstaak te gee. storiewiel.
• Onderwyser verduidelik vlakke. • Leerders rangskik
voedselwebbe. lewensiklusse op
storiewiel.

Periode 11 Periode 12 Periode 13 Periode 14 Periode 15


Leerervaring 4 (vervolg) Leerervaring 4 (vervolg) Leerervaring 4 (vervolg) Leerervaring 5 Leerervaring 5 (vervolg)
• Leerders voltooi • Leerders maak • Onderwyser kontroleer • Onderwyser stel bye • Onderwyser verduidelik
lewensiklusse op lewensiklus van hul eie leerders se bekend en leerders proe waarom bye belangrik in
storiewiele en stal dit keuse. lewensiklusse en doen heuning. voedselweb is.
uit. • Hulle skryf en teken. vaslegging. • Bespreek verskil tussen • Onderwyser help leerders
• Onderwyser doen • Leerders stal heuning en stroop. om die feiteblad oor bye
vaslegging en skryf lewensiklusse uit. • Onderwyser lees storie te lees.
opsomming oor • Klasbespreking oor die oor appelboere en • Hou klasbespreking oor
lewensiklusse. belangrikheid dat diere bestuiwing bye en byeboerdery.
• Leerders skryf hul lewensiklus voltooi. • Leerders besoek blomme
opsomming af. om stuifmeel en bye wat
bestuif te sien.

Periode 16 Periode 17 Periode 18 Periode 19 Periode 20

Assesseringstaak vir Assesseringstaak Leerervaring 6 Leerervaring 6 (vervolg) Leerervaring 6 (vervolg)


LU3 (vervolg) Ons is almal afhanklik • Leerders doen taak oor • Onderwyser kontroleer
• Onderwyser berei • Leerders maak van mekaar die plakkaat. leerders se taak en doen
leerders vir individuele ontwerpe van • Onderwyser stel vaslegging.
assesseringstaak voor. byekorwe en verduidelik Kowierivier-plakkaat • Leerders praat, skryf en
• Leerders lees oor dit. bekend. teken oor biodiversiteit.
byekorwe en bespreek • Leerders kleur hul deel
dit in groepe. NB: Besluit wanneer om van die plakkaat in.
• Leerders maak ‘n terugvoering oor • Onderwyser lees inligting
opsommingstabel oor assesseringstaak te gee. oor die plakkaat.
korwe. • Hou klasbespreking oor
die plakkaat.

hierdie voorgestelde
werkskema aanvaar periodes
van 50 minute lank. maak jou
eie aanpassings
30
AFDELING 2
Hulpmiddels vir onderwysers
Leerdertaakkaarte om fotokopieer

Taakkaart 1 Sorteer die gewerweldes deur ’n klassifikasiesleutel te gebruik . . . . .32


Prente van diere
Taakkaart 2 Assesseringstaak vir LU1
Ondersoek die biodiversiteit van plante rondom ons . . . . . . . . . . . . . . . .37
Sleutel om blare te sorteer . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .39
Taakkaart 3 Voedselkettings en voedselwebbe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .40
Tuin-ekosisteem-legkaart . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .41
Taakkaart 4 Assesseringstaak vir LU2
Ons maak ons eie voedselweb . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .42
Identifikasiekaart van ongewerweldes . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .43
Taakkaart 5 Lewensiklusse van plante en diere . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .45
Prente van lewensiklusse . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .46
Taakkaart 6 Assesseringstaak vir LU3
Verskillende soorte byekorwe . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .53
Feiteblad: Waarom is bye so belangrik vir die wêreld? . . . . . . . . . . . . . . .56
Taakkaart 7 Die biodiversiteit van die Kowierivier . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .59
Plakkaat van die Kowierivier . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .60
Sleutel vir die Kowierivier-plakkaat . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .62
Sleutel vir die diere van die Kowierivier . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .64
Agtergrondinligting oor biodiversiteit . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .65

31
TAAKKAART 1 Taakkaart om te fotokopieer

Leerdertaak Sorteer gewerweldes met behulp van ’n


klassifikasiesleutel
1. Sorteer die prente van diere in gewerweldes en ongewerweldes. Sorteer
dan die gewerweldes in groepe. Gee ’n rede waarom jy sekere diere
saamgegroepeer het.
2. Gebruik die sorteersleutel op bladsy 5. Volg die vrae een vir een om jou
prente te sorteer tot jy vyf verskillende groepe het.
3. Gee elke groep ’n naam.
4. Wanneer jy die diere in hul klasse gesorteer het, trek jy die tabel hieronder
oor en vul dit in.

Klasse gewerwelde diere


Naam van klas
Visse Paddas Reptiele Voëls Soogdiere
Tekening van
een dier

Name van
nog
voorbeelde

Eienskappe
van klas

32
Sorteringsleutel vir Aktiwiteit 2
In biologie bestudeer ons lewende dinge. As ’n mens lewende
dinge bestudeer, help dit om hulle in groepe of stelle te sit. Ons
moet al die lewende dinge van dieselfde soort in elke stel sit. ’n vlermuis
Hier is veertien diere. Hulle lyk almal verskillend. Hulle kan almal
verskillende dinge doen. Ons kan hierdie diere in groepe verdeel.
’n geelbek

’n padda
’n akkedis

’n haai
’n bobbejaan
’n arend
’n volstruis ’n florel
’n haas

’n hoender

’n krokodil
’n leeu ’n slang

Kyk na die feite oor (eienskappe van) elke dier. Ons kan stelle diere met dieselfde
eienskappe maak. Skryf die name van die diere in elke stel neer.

FEITE (a) Sit al die diere met vere in een stel.


1. Waar woon die diere? (b) Kan al hierdie diere vlieg?
(a) Sit al die diere wat op land woon, in een (c) Sit al die diere met skubbe in een stel.
stel. (d) Is al hierdie diere visse?
(b) Sit al die diere wat in water woon, in ’n (e) Maak stelle van al die diere met:
ander stel. (i) vere
(c) Watter diere pas nie mooi in een van (ii) hare of pels
hierdie stelle nie? (iii) droë skubbe
2. Hoe beweeg diere? (iv) skubbe of vinne
(a) Sit al die diere wat vlieg, in een stel. (vi) ’n gladde, droë vel met segmente
(b) Sit al die diere wat swem, in ’n ander
stel. VOORBEELD:
(c) Sit al die diere met vlerke in een stel. • Diere wat op land woon: ’n slang, ’n
(d) Is alle diere wat vlieg, voëls? akkedis, ’n haas, ’n bobbejaan, ’n leeu, ’n
(e) Is alle diere wat swem, visse? arend, ’n vlermuis, ’n volstruis en ’n
(f) Woon alle diere wat bene het, op land? hoender.
3. Watter soort vel het diere? • ’n Krokodil woon op land en in die water.

33
Prente om te sorteer

Duisendpoot
Geometriese skilpad

Vinke

Brulpadda

Kat
Skoenlapper
Takbok
Impala

Hoenderhaan

Kobra Swart tobie

Kuiken Skink

Walvis

Kewer Kameelperd Seester

34
Volstruis

Krap Renoster

Boerbok Eekhoring Leervis

Duif

Sprinkaan Erdwurm Slak

Seeanemoon Nagapie Vlieg

Pikkewyn
Vis

Leeuwyfie Jellievis Uil

35
Broodboom

Denneboom

Aalwyn Seebamboes

Varing

Kremetartboom

Speldekussing Boerboom

Spelonktee Druiwe

Grape
Reuseprotea

Vetplant

Brandewynbos Madeliefie Aartappel

36
TAAKKAART 2 Taakkaart om te fotokopieer

Leerdertaak Asseseringstaak vor LU1


Ondersoek die biodiversiteit van plante rondom jou
Die doel van hierdie assesseringstaak is dat die leerders ’n ondersoek beplan en
uitvoer en hul bevindinge oordra.

A. Beplan die ondersoek


a Besluit waar jy blare gaan versamel.

B. Versamel en sorteer die blare


a Versamel soveel moontlik verskillende soorte blare in jou omgewing.
a Werk saam met jou groep en sorteer die blare wat jy dink bymekaar pas, in groepe.
a Verduidelik waarom jy hulle in daardie groepe sit.

C. Klassifiseer, beskryf en tel die blare en deel die resultate


a Kyk na die blaarvorms. Kyk ook na die blaarrande.
a Maak ’n tabel of plakkaat soos die een hieronder. (Jy sal ’n groot stuk papier
nodig hê.) Teken die vorms in die sleutel op bladsy 39 oor of knip dit uit en plak
elkeen langs die geskikte opskrif. Sorteer dan die blare wat jy gekry het volgens
die tabel.

Blaar-
vorms

Blaar-
rande Rond Hart- Ovaal Nier- Pylvormig Ellipties Palm- Hand- Riem-
vormig vormig vormig vormig vormig

Glad

Saag-
vormig

Getand

Hobbel-
rig

Golwend

Totaal

37
TAAKKAART 2 (vervolg)

a Sit elke blaar in die kolom volgens sy vorm. Sit dit in die ry langs die
korrekte blaarrand.
a As jy blare kry waarvan die vorm of rand verskillende van diee van die tabel
verskil, teken jy die vorm of rand en gee jou eie naam vir die rand of vorm.
a Voeg by op die totaal van elke soort dat jy gekry het.

D. Deel die resultate


Teken- en skryftaak
1. Kies drie verskillende blare wat jy interessant gevind het. Teken hulle. Maak
’n opskrif en skryf watter vorm elkeen is. Benoem hul rande.
2. Beskryf die blaar in ’n paar sinne. Beskryf sy vorm, sy rand, sy kleur en
enige ander interessante kenmerke.
3. Skryf ’n sin oor hoeveel verskillende soorte blare die hele klas altesaam
gekry het.
4. Stal jul tekeninge teen die klaskamermuur uit..

38
Sleutel om blare te sorteer

Verskillende blaarrande

a glad b saagvormig c getand d hobbelrig e golwend

Verskillende blaarvorms

a rond b hartvormig c eiervormig d niervormig e pylvormig f ellipties

g palmvormig h handvormig i riemvormig


(soos jou handpalm)

39
TAAKKAART 3 Taakkaart om te fotokopieer
Leerdertaak Voedselkettings en voedselwebbe
Voedselkettings
1. Kies enige soort kos wat jy vandag geëet het. Teken en benoem ’n voedselketting om
te wys waar jou kos vandaan gekom het. Wys die stappe terug tot by die son. Skryf
om jou voedselketting te verduidelik. Onthou, die pyltjies gaan vanaf die kos na die
dier wat dit eet.

Voedselwebbe
1. Gebruik die legkaart van die tuin-ekosisteem op bladsy 41.
2. Werk die voedselweb in die legkaart uit.
3. Teken dit dan in jou boek en sit die pyltjies in. Die pyltjies gaan vanaf die kos na die
dier wat dit eet. Daar sal meer as een pyltjie tussen sommige diere en plante wees.

Vrae
Beantwoord hierdie vrae oor die tuin-ekosisteem. Skryf die antwoorde in jou boek.
a Waarom begin die voedselweb met die onderste plante?
a Wat wys die pyltjies?
a Waarom het sommige diere meer as een pyltjie wat daarna gaan?
a Waarom het sommige diere en plante meer as een pyltjie wat van hulle gaan?
a Wat is ontbinding? Waarom is dit belangrik vir die voedselweb?

40
Tuin-ekosisteem

Mot/ruspe Erdwurm Spinnekop Liewenheers-


besie

Kriek Gousblom Duisendpoot Roosstruik

Plantluis Janfiskaal Padda Varkoor

DUISEND-
POOT
ONTBINDING

(PADDA)
AMFIBIE

GOUSBLOM
WURM
SPINNEKOP

VARKOOR
VOËL

INSEK

TUINLEWE
ROOSSTRUIK
INSEK
INSEK

INSEK

41
TAAKKAART 4 Taakkaart om te fotokopieër

Leerdertaak ASSESSERINGSTAAK VIR LU2


Ons maak ons eie voedselweb
Die doel van hierdie assessering is dat die leerders plante en diere benoem, beskryf
en in kategorieë sorteer.

Teken jou eie voedselweb


Die voedselweb moet die volgende bevat:
1. Daar moet ten minste tien lewende dinge wees, insluitend gewerweldes én
ongewerweldes.
2. ’n Mens moet deel van die voedselweb wees.
3. Byskrifte moet die name van die plante en diere aandui.
4. Pyltjies moet wys wat die verskillende diere eet.
5. Vir die uitbreidingsaktiwiteit: Byskrifte moet die primêre produsente, primêre verbruikers,
sekondêre verbruikers en tersiêre verbruikers aandui.
a Probeer om ’n paar regte plante en diere wat jy naby jou huis of skool gesien het, in jou
voedselweb te gebruik.
a Gebruik die identifikasielys van ongewerweldes op bladsy 43 om jou te help om van die
diere te benoem en te identifiseer.

Skryf
Skryf ’n paar sinne oor wat jy oor voedselwebbe geleer het.

42
Identifikasiekaart van ongewerweldes

Duisendpoot Plantluis

Skoenlapper

By Krap

Kreef
Miskruier

ERDWURM

Oorkruiper

Skoenlapperruspe (eet blare) Vlieg

Liewenheersbesie

Sprinkaan Slak

43
Identifikasiekaart van ongewerweldes

Snywurm (’n ruspe wat stingels vlak onder die


grond eet)

Bidsprinkaan

Duisendpoot

Mot
Dwaalkewer
Naaldekoker

Muskiet

Spinnekop
Skerpioen

Houtluis
Grondkewer Boktor

Plantkewers
Slak

44
TAAKKAART 5 Taakkaart om te fotokopieer

Leerdertaak Lewensiklusse van plante en diere


A. Orden ’n lewensiklus
a Orden die prente van ’n mens se lewe van geboorte tot bejaardheid. Jy
kan ook prente van jou eie gesin gebruik of teken.
a Skryf byskrifte vir elke stadium en sit dit onder die prente.
a Skryf die storie van die lewensiklus.

Groeptaak

B. Orden ’n lewensiklus op ’n storiewiel


a Orden die prente van ’n lewensiklus.
a Sit die prente op ’n storiewiel. Maak seker jy het genoeg spasies op die
storiewiel vir al jou prente.
a Benoem elke stadium.
a Wys en vertel jou ordening vir die klas.
a Skryf die storie van die lewensiklus langs die prente op die storiewiel.
a Skryf en verduidelik hoe die plante of diere in elke lewensiklus afhanklik
van ander lewende dinge is om hul lewensiklus te voltooi.
In d iv i due l e t aak
C. Maak jou eie lewensiklus
a Teken ’n lewensiklus van ’n plant of dier wat jy al gesien het of waarvan
jy weet.
a Sit jou tekeninge op ’n storiewiel. Maak seker jy het genoeg spasies vir al
jou prente op die storiewiel.
a Benoem elke stadium.
a Benoem elke proses wat die dier deurgaan soos wat dit ontwikkel.
a Skryf die storie van die lewensiklus langs die prente op jou storiewiel.
a Skryf en verduidelik hoe die plant of dier in die lewensiklus wat jy
geteken het, afhanklik van ander lewende dinge is om hul lewensiklus te
kan voltooi.

45
Lewensiklus van ’n vis

mannetjie

wyfie geswel met eiers

wyfie stel eiers vry

mannetjie stel sperm


oor die eiers vry

jong visse broei uit

46
Lewensiklus van ’n tamatie

47
Lewensiklus van ’n appel

48
Lewensiklus van ’n boontjie

49
Lewensiklus van die melkbosvlinder
Paring: ’n Volwasse melkbosvlinder moet ’n ander melkbos-
vlinder kry om mee te paar. Wanneer die mannetjie ’n wyfie vind,
vlieg hy net bokant haar. Hy gebruik swart stof wat hy van die
kolle op sy vlerke kry en sprinkel dit liggies op die wyfie se
voelers op haar kop. Die chemikalieë in die stof sê vir die wyfie
dat hy gereed is om met haar te paar. Dan paar hulle.
Die uitbroei van eiers: Die wyfie lê haar eiers nadat hulle gepaar
het. Sy lê een eier op ’n slag – elkeen op ’n blaar van die
melkbossieplant. Elke eier het pragtige patrone daarop en het ’n
klein luggaatjie. Na ’n ruk breek die klein ruspe uit die eier.
Volwasse
skoenlappers voor
paring

Die ruspe: Die ruspes eet Larwe hang van ’n


net die blare van die blaar
melkbossieplant. Al wat
hulle doen, is eet. Hul kake
werk soos ’n klein skêrtjie.
Die papie: Wanneer die
ruspe van al die eet
gegroei het, begin dit
stadiger beweeg en verloor Ruspes vreet
sy aptyt. Dit spin ’n blare
sydraadjie en hang
onderstebo onder ’n
skadublaar.
Stadig begin sy vel in ’n
harde groen en goud
bedekking verander. Die Ruspe broei uit die
ruspe is nou ’n eier
papie. Die ruspe se liggaam
begin stadig binne-in sy
harde omhulsel verander.

Volwasse
skoenlapper
Die verskyning van die skoen- verskyn uit die
lapper: Een oggend vroeg voor die larwe
son opkom, begin die harde
omhulsel om die papie oopbreek en
’n volwasse melkbosvlinder verskyn.
Eers is die skoenlapper se vel klam
en sy vlerke opgefrommel. Wanneer
die son op die skoenlapper skyn,
gaan die vlerke oop en begin
beweeg. Die volwasse skoenlapper
vlieg weg om ’n maat te soek.

Tekeninge: Beatrice Bramwell

50
Lewensiklus van ’n miskruier

Die
miskruier
versamel mis
en rol dit in
’n bol.

Die papie breek


oop en ’n jong
miskruier verskyn.
Die miskruier lê Die eier broei in
’n eier in die mis. Die eier groei. ’n larwe uit. Die larwe
word ’n
papie.

51
52
Werkby besig op die
heuningkoek in die korf
Werkby versamel stuifmeel
en nektar van ’n blom
Koninginby lê
eiers in selle
na sy met ’n
hommelby
(mannetjieby)
gepaar het
Lewensiklus van die by

Selle van die


Stuifmeelmandjie
heuningkoek
Bylarwe

Bypapie
TAAKKAART 6 Taakkaart om te fotokopieer

Leerdertaak ASSESSERINGSTAAK VIR LU3


Verskillende soorte byekorwe
Die doel van hierdie taak is dat die leerder maniere identifiseer waarop produkte en
tegnologie uit ander tye en kulture aangepas is.
Die leerder moet ook die positiewe en negatiewe uitwerking van wetenskaplike
ontwikkelings of tegnologiese produkte op die gehalte van mense se lewens en/of
die omgewing identifiseer.

Byekorwe
Daar word reeds duisende jare lank met bye in verskillende soorte korwe geboer.
Lees oor die byekorwe
Ou Egiptiese korwe. Hier is Egiptiese byeboere
wat heuningkoeke uit hul korwe
haal. Hierdie
korwe was hol
en van droë
modder uit die
Nylrivier
gemaak. Sulke
korwe is 4 400
jare gelede die
eerste keer
gebruik. Die bye
bou hul was-
heuningkoeke,
wat van die
bokant hang,
binne-in.
Moderne Egiptiese korwe. Hierdie byekorwe word vandag nog in Egipte
gebruik. Die korwe is van klei gemaak. Die bye bou hul washeuningkoeke, wat van
die bokant hang, binne-in. Die byeboer haal die heuning agter uit die korf.

Ingange vir
die bye

Kleipype

53
Taakkaart 6 vervolg

Afrika-boomstamkorwe
Hierdie korwe word van
stukke hol boomstompe
gemaak. Dit word in Kenia in
Afrika gebruik. Die bye bou
hul washeuningkoeke, wat
van die bokant hang,
binne-in. Die korwe word in bome gesit
waar die bye stuifmeel versamel. Hierdie
korwe word vandag nog steeds gebruik.
Die byeboer haal die heuning agter uit die korf. Ingang vir bye

deksel

heuningkoek
houtraam

Kripvormige korwe. Hierdie soort


gaatjies waar
byekorf is oorspronklik in Kenia en in
die bye kan
Tanzanië gebruik. Dit word nou ook in ander
ingaan
dele van Afrika gebruik. Die korwe word van
hout gemaak. Die heuningkoeke hang van
houtrame, wat verwyder kan word.
Langstroth-korf. Hierdie soort bokskorf Byeboer met
word in Afrika en in baie dele van die wêreld beskermende klere
gebruik. Dit is vernoem na die man wat dit
uitgevind het. Dit is van hout gemaak. Die
heuningkoeke hang van die rame, wat verwyder Roker
kan word. Hierdie korwe word gebruik deur
byeboere wat hul byekorwe aan boere uithuur.
Dit is maklik om van plek tot plek te beweeg. Raam met heuning-
Kommersiële byeboere gebruik spesiale klere koek pas in die boks
om hulleself teen bysteke te beskerm.
Heuningbokse
Groepwerk
2. Bespreek in jou groep: Broeiboks
a Hoe werk hierdie verskillende
byekorwe?
Skink heuning ... toe en nou
a Wat is goed aan hierdie bye-
korwe, dink jy?
a Het byekorwe baie sedert die
ou Egiptiese korwe verander?
a Wat is eenders in al die byekorwe?
a Waar sal jy ’n byekorf sit?
a Is byeboerdery nuttig vir die omgewing?
a Hoe help byeboerdery die omgewing?

54
TAAKKAART 6 (vervolg)
3. Trek ’n tabel soos die een hieronder en vul die inligting oor elke soort korf in.

Soort korf Waarvan is Waar gaan die Waar in die Waar maak Wat is die
die korf bye by die korf maak die die byeboer voordele van
gemaak? korf in? bye hul die korf oop hierdie soort
heuningkoek om heuning korf?
vas? uit te haal?

Ou Egiptiese
korwe

Moderne
Egiptiese
korwe

Afrika-
boomstam-
korwe

Kripvormige
korwe

Langstroth-korf

Assesseringstaak
Individuele werk
4. Maak jou eie ontwerp van ’n byekorf. Dit moet gerieflik vir die bye wees en maklik vir die byeboer
wees om te gebruik. Teken ’n prent van jou korf en die omgewing waarin dit is. Teken en skryf om
te verduidelik hoe dit werk. Verduidelik hoe bye en byeboere die omgewing help.

55
FEITEBLAD
Waarom is bye so belangrik
vir die wêreld?
Bye bestuif blomme. Na die blomme bestuif
is, ontwikkel vrugte en sade. Bye bestuif
amper al ons voedselgewasse. Daar is
duisende verskillende soorte bye.
Sommige bye, wat heuningbye genoem
word, maak groot hoeveelhede heuning.
Bye is bestuiwers
Bye besoek blomme om stuifmeel en nektar
te versamel en hulle bestuif die blomme ’n Heuningby bestuif ’n blom.
terselfdertyd. Hulle dra die stuifmeel terug na
hul korwe om vir hul kleintjies te voer.
Hulle neem nektar terug na die korf waar hulle
was en heuning maak.
Heuning en was
Die bye eet die heuning en maak was. Hulle
bou heuningkoeke van was in hul korwe.
a Hulle lê hul eiers in party van die
heuningkoeke.
a Hulle bêre heuning en stuifmeel in die
ander heuningkoeke om hul larwes te voer. Werkbye is op die heuningkoek in die korf besig.
Propolis Daar is drie soorte bye in elke korf.
Bye versamel die taai gom van die knoppe
van nuwe blare aan sekere plante. Die bye maak hierdie gom
in ’n chemikalie wat propolis genoem word.
a Propolis is soos ’n gom. Dit word “byegom” genoem en die
bye gebruik dit om hul korwe reg te maak.
a Die bye gebruik propolis om die binnekant van hul korwe
te bedek. Propolis is ’n sterk antibiotikum. Dit voorkom dat
die korf met kieme uit die lug besmet raak.
a Wanneer ’n dier, soos ’n muis of ander insek, per ongeluk Koninginby
in die korf kom, maak die bye dit dood deur
dit te steek. Gewoonlik verrot die liggaam en
die kieme daarvan kan die korf besmet. Maar
die bye bedek dit met propolis en die dooie
dier se liggaam droog uit en verrot nie. Die
bye byt dit dan in klein stukkies en gooi dit
by die korf uit.
a Propolis word ook as medisyne vir mense
gebruik
Werkby Hommelby

56
Hoe lewe heuningbye?
Heuningbye lewe saam in groot getalle en werk saam met
mekaar. ’n Groot groep bye wat saam lewe, word ’n kolonie
genoem. Hulle lewe gewoonlik in iets wat hol is, soos ’n ou
boomstam. Hierdie hol houer word ’n korf genoem. ’n
Swerm bye begin ’n kolonie wanneer hulle ’n koninginby
het wat eiers kan lê. Daar is drie soorte bye in elke korf.
Een groot koninginby lê elke dag na sy gepaar het,
omtrent 2 000 eiers ’n dag.
Duisende klein wyfiewerkbye doen die volgende werk in
die korf, afhangend van hul ouderdom:
a Hulle hou die larwes warm en voer hulle.
a Hulle maak die korf skoon.
a Hulle maak die was en bou die heuningkoek.
a Hulle bewaak die korf se ingang.
a Hulle bestuif blomme.
Byekorwe
a Hulle versamel stuifmeel, nektar,
propolis en water.
a Hulle maak heuning.
Die jonger werkbye bly in die korf en
doen die werk in die korf. Die ouer
werkbye gaan uit om stuifmeel en nektar
te versamel en hulle maak die heuning.
Groot hommelbye paar met die
koninginby sodat sy kan eiers lê.

Mense en heuning ’n Koninginby lê ’n eier omring deur haar


Versameling van heuning helpers.
Mense versamel nog altyd die soet
heuning uit byekorwe. Voor mense geweet het
hoe om suiker van suikerriet te kry, was
heuning die enigste soet kos wat hulle kon
kry. Heuning was dus kosbaar en bye is as
heilig beskou.
Byeboerdery
Mense het besef hulle kon met bye boer in
plaas van om dit in die veld te gaan soek.
Mense wat met bye boer, word byeboere
genoem. Die oudste bewyse van byeboerdery
kom uit Egipte in Afrika. Mense in Afrika hou
reeds duisende jare lank bye aan. Vandag is
daar byeboere deur die hele wêreld.
Wanneer ’n mens met bye boer, moet jy eers Byeboerdery is die eerste keer amptelik in
verstaan wat bye se lewensiklus is en hoe bye 2400 VHJ genoem. Ronde korwe soos in
optree. Dan moet jy ’n swerm bye uit ’n boom die prent uit die grafkelder van Pabasa in
of grot kry. Jy sit die swerm in ’n hol houer of Egipte is van klei gemaak.

57
jy sit die houer oor die swerm sodat almal na die lekker donker
houer (korf) vlieg waar die bye veilig en gemaklik kan voel. Die
bye bou hul heuningkoeke en maak nes in die heuningkoeke wat
in die houer hang. Die byeboer kan ’n deel van die heuning uithaal.
Wanneer die byeboer heuning wil uithaal, gebruik hy ’n roker. Die bye
dink daar is ’n brand eet vinnig van die heuning voor hulle wegvlieg.
Dit maak hulle lomerig sodat hulle nie die byeboer steek nie.

Die struktuur van ’n byekorf


’n Byekorf moet:
a ’n hol houer wees
a ’n opening hê waar die bye kan inkom en uitgaan
a ’n klein platform hê waarop die bye kan land en vanwaar
hulle kan vlieg
a hoog bo die grond wees vir veiligheid Bye bou die byekorf. Die
a plekke hê waar die bye die heuningkoeke kan bou bye vorm die was in selle.
(die heuningkoeke hang altyd van die bokant van die houer).
Sommige van die heuningkoeke is broeiheuningkoeke waar die eiers gelê word en die larwes
groei. Die koningin lê haar eiers in die heuningkoeke wat in die mees beskermde deel van
die korf is. Die ander heuningkoeke is waar die heuning gebêre word.
Die bye bêre die heuning in die heuningkoeke wat die naaste aan die buitenste deel van die
korf is.
a Die byeboer haal heuning uit die buitenste heuningkoeke sonder om die
broeiheuningkoeke waar die larwes groei, te steur.
a Die byeboer haal nooit al die heuning uit nie, want die bye het dit vir kos nodig in die
seisoene wanneer daar min blomme is waaruit hulle nektar en stuifmeel kan kry.
a Die korf moet op ’n veilige plek wees waar die bye kan uitgaan om nektar, stuifmeel en
propolis te versamel.
Om meer oor bye en byeboerdery uit te vind, tree in verbinding met die:
Stigting vir Heuningbye en Heuningprodukte
H/v Parow- en Milnerweg
Maitland, 7504
Kaapstad
Suid-Afrika
Tel: (021) 511 4567
Faks: (021) 511 9962
Lees ook hierdie nuttige boek: Byeboerdery: ’n praktiese gids vir Suider-Afrika,
deur D. Marchand & J. Marchand-Mayne, gepubliseer deur Aardvark Press, 2003
Nuttige webtuistes: The World Beekeeping directory (http://www.beehoo.com);
Beekeeping in Africa (http://www.biavl.dk/africa/).

58
TAAKKAART 7 Taakkaart om te fotokopieer
Ons almal is afhanklik van mekaar:
Leerdertaak Die biodiversiteit van die Kowierivier
a Kyk na die plakkaat. Kan jy enige lewensiklusse op die plakkaat sien?
a Kies twee plante of diere in die prent en teken elkeen se lewensiklus. Benoem
elke lewensiklus. Sê waarvan die plant of dier afhanklik is om sy lewensiklus te
voltooi.
a Tel die biodiversiteit in hierdie prent en skryf die getal op jou afskrif van die
plakkaat.
a Waar, dink jy, pas mense in op hierdie plakkaat? Teken ’n mens en wys wat die
mens doen. Sal die mens enige van die plante en diere affekteer? Skryf ’n paar
sinne om te verduidelik hoe.
a Soek die volgende plante en diere in die prent en sê wat jy dink hulle nodig het
om te lewe. Maak ’n tabel soos die een hieronder.

Plante en diere Wat het hulle nodig, en waarom?


Spinnekop
Slang
Bootmannetjie (insek)
Luiperd
Naaldekoker (klein nimf)
Oos-Kaapse kurper
Garnale
Dassies
Syselbos (struik)
Krap
Riete
Waterskilpad
Kaapse kastaiing (boom)
Otters
Likkewaan
Waterbok

Leerdertaak
Wat weet en verstaan jy nou oor biodiversiteit en waaroor sal jy nog graag meer
wil uitvind?
Praat, skryf en teken daaroor, of
Skryf ’n lofgedig oor biodiversiteit.

59
60
Die biodiversiteit van die Kowierivier

61
Bo die
water se
oppervlak

Onder die
water se
oppervlak

BIODIVERSITEITSTELLING Getal plante en diere

62
63
Die biodiversiteit van die Kowierivier
Sleutel vir diere op die Kowierivier-plakkaat
1. Oos-Kaapse kurper 2. Waterjuffer
3. Dassie of klipdassie 4. Geelkeel-pantserakkedis
5. Geelgesiggie-skoenlapper 6. Kleinoranjepuntjie
7. Lemoenskoenlapper 8. Naaldekoker
9. Platanna 10. Varswaterkrap
11. Langvinpaling 12. Eendagsvliegnimf
13. Warrelkewer of waterhondjie 14. Varswaterklipmossel
15. Hamerkop 16. Luiperd
17. Bloureier 18. Groototter
19. Rivier-dikkop 20. Visarend
21. Kaapse wewer 22. Kolgans
23. Swarteend 24. Waterloper
25. Bootmannetjie 26. Moerasskilpad
27. Boomslang 28. Knysna-loerie
29. Bosbok 30. Waterlikkewaan
31. Varswater-harder 32. Rivier-rondeharing
33. Varswatermossels 34. Goue wawielspinnekop
35. Blouvisvanger 36. Groenlintswaelstert
37. Geelstreep-rietpadda 38. Geskilderde rietpadda
39. Watertrapper 40. Platanna-paddavissies
41. Naaldekokernimf 42. Goud-ghieliemientjie
43. Naaldekokernimf 44. Kokerjufferlarwe

Die verhaal van die plakkaat


Hierdie plakkaat is ontwerp om Mense probeer die Kowierivier jaag die mannetjie die wyfie
ons te herinner dat alle plante bewaar om die biodiversiteit weg na sy die eiers gelê het, in
en diere, en ook mense, ander daar te bewaar. geval sy die eiers wil eet.
vorme van lewe (biodiversi- Die belangrikste vis op die Hierdie plakkaat, Kowierivier,
teit) nodig het om te kan lewe. plakkaat is die Oos-Kaapse tuiste van die bedreigde Oos-
Dit herinner ons ook dat as kurper. Die mannetjie paar met Kaapse kurper, geborg deur
diere en plante in staat is om die wyfie. Gedurende paring TOTAL SA, kan van die Albany
te broei en voort te plant, druk die mannetjie eiers uit die Museum gekoop word.
hulle in die toekoms sal oor- wyfie uit en die bevrugte eiers Dr. Jim Cambray
leef. Die plakkaat wys dat val in hierdie nes. Hy is ’n baie Makana Sentrum vir
riviere (soos die Kowierivier) goeie pa en beskerm die nes Biodiversiteit
plekke is waar baie plante en teen enigiets wat die uitbroei Albany Museum, Somersetstraat
diere kan lewe en voortplant. van die eiers bedreig. Soms Grahamstad 6139

64
Agtergrondinligting vir die
onderwyser
Die aarde se biodiversiteit is afhanklik van drie verskillende dinge:
A die genepoel
A baie verskillende spesies
A die landskap.

1. Die genepoel
1. Verskille tussen individue
Daar is verskille tussen individue van dieselfde spesie.
In enige bevolking plante, diere of mense is daar verskille tussen individue,
selfs al is hulle van dieselfde spesie (soort) plant of dier. Byvoorbeeld, in
plante van dieselfde soort groei sommige individue hoër as ander. Sommige het
groter blare of helderder kleure blomme, ensovoorts. ’n Ander voorbeeld is in
die katspesie. Sommige individuele katte kan vinniger of stadiger hardloop of
word groter, of het langer tande en kloue.
In mense het sommige individue sterker spiere as ander. Sommige mense is van
nature klein en rats; ander is van nature lank en sterk, en ander kan vinniger
of stadiger hardloop.
Hierdie verskille word variasies in ’n spesie genoem. Hierdie variasies kom voor
omdat individue met genetiese verskille gebore word. Wanneer ons na al
hierdie verskille saam in ’n bevolking plante, diere of mense kyk, verwys ons
na die verskille as ’n genepoel.
2. Groot en klein genepoele
Ons sê daar is ’n “groot” genepoel wanneer daar baie individue met baie
verskille is. ’n Groot genepoel is beter vir ’n spesie omdat dit beteken dat die
spesie ’n groter kans het om veranderinge in die omgewing te oorleef.
Wanneer die omgewing verander, is daar ’n groter kans dat sommige individue
oorleef omdat hulle verskillend is van dié wat nie kan oorleef nie. Byvoorbeeld,
jy het ’n genepoel van plante met sommige individue wat nie baie water nodig
het nie en ander wat baie water nodig het, al is hulle van dieselfde spesie. As
daar ’n droogte is, sal die plante wat baie water nodig het, doodgaan. Die
plante wat nie baie water nodig het nie, sal egter oorleef, en die spesie sal
voortgaan omdat dit ’n groot genepoel het.
As die genepoel baie klein raak omdat daar baie min individue is, is daar nie
genoeg variasie nie en die spesie sal uitsterf.

2. Baie verskillende spesies


Die aarde se biodiversiteit is ryk omdat daar baie verskillende spesies is.
Ons weet dat elke plant en dier afhanklik van ander plante en diere vir kos,
skuiling, bestuiwing, ensovoorts is. Elke keer wat ’n spesie in ’n habitat
uitsterf, affekteer dit al die ander plante en diere direk of indirek. Byvoorbeeld,

65
as al die bye in ’n habitat uitsterf, sal dit die plante waarvan die blomme deur
bye bestuif word, direk affekteer. Dit beteken hierdie plante sal nie vrugte maak
nie en dit sal weer die diere wat van die vrugte lewe, affekteer.
Wanneer ’n spesie uitsterf, affekteer dit ook die habitat. Byvoorbeeld, in
sommige habitats is daar miskruiers. Die miskruiers versamel die mis van groot
diere soos beeste en olifante. Hulle rol die mis in ’n bol en lê hul eiers in die
bol mis. Die miskruier begrawe dan die bol mis. Uiteindelik broei nuwe
miskruiers uit die mis uit. Die mis bevat egter ook die sade van baie plante. Die
sade ontkiem in die mis en groei dan. As al die miskruiers sou doodgaan, sal
die mis nie begrawe word nie en daar sal minder plante wees waarvan die sade
in die mis ontkiem. Gevolglik sal die habitat verander.
Elke plant of dier wat uitsterf (heeltemal verdwyn), affekteer die aarde se
biodiversiteit en almal se oorlewing. Tans sterf baie spesies as gevolg van
menslike bedrywighede uit. ’n Voorbeeld is in die tropiese reënwoude in Suid-
Amerika, Afrika en Asië. Hierdie tropiese reënwoude is die tuiste van miljoene
verskillende spesies. Daar is ook enorme bome, wat waardevolle hout vir
meubels en geboue verskaf. Baie lande koop hierdie hout. Hierdie groot bome
word vir hul hout afgekap. Die gevolg is dat al die soorte voëls, insekte,
soogdiere, reptiele en ander plante en diere wat afhanklik van die bome is, ook
nie kan oorleef nie. Honderde spesies sterf elke jaar op hierdie manier uit.
Mettertyd sal die biodiversiteit al hoe minder raak en dit sal plante, diere en
mense regdeur die wêreld affekteer. Dit affekteer ook die aarde se klimaat.

Die landskap
Die soort landskap bepaal watter plante en diere daar lewe. In ’n bergagtige
landskap is daar plante en diere wat in rotsagtige en onbeskutte plekke kan
lewe. In ’n woestyngebied is daar plante en diere wat in droë, moeilike
toestande kan oorleef. In ’n laagliggende, nat landskap is daar plante en diere
wat kan oorleef as hulle die meeste van die tyd nat is. In ’n baie rotsagtige en
klipperige landskap is daar klein plantjies wat op die rotse groei en diere wat
onder die klippe skuiling soek. In ’n landskap waar daar baie grotte is, is daar
plante en diere wat aangepas is om in of naby grotte te lewe.
Dit is dus belangrik om baie verskillende soorte landskappe te bewaar as ons die
aarde se biodiversiteit wil bewaar.
Baie landskappe word deur die mens se bedrywighede verander. Mense verander
die landskap wanneer hulle huise en stede bou. Hulle verander ook die landskap
wanneer hulle groot damme, snelweë, gholfbane en ander sportgronde bou. Die
ontginning van minerale soos aluminium en ystererts verander ook die landskap.
Hierdie mynbou beteken dat die landskap weggesny word en dat groot gruisgate
en oop myne gevorm word.
Al hierdie veranderinge aan die landskap vernietig die natuurlike biodiversiteit
in so ’n gebied.

66
AFDELING 4
Uittreksels uit die Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring
vir Natuurwetenskappe Graad R-9

Kernkennis en -begrippe vir Die Lewe en Lewende Dinge (HNKV) . . . . . . . . . . . .72


Leeruitkomste en assesseringstandaarde (HNKV) . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . . .78

71
16 .................................................................

Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R–9 (Skole)

KERNKENNIS EN -BEGRIPPE VIR DIE LEWE EN LEWENDE DINGE


Lewensprosesse en Interaksie in Omgewings Biodiversiteit,
Gesonde Leefwyse Verandering en
Kontinuïteit
Samevattende stelling: Samevattende stelling: Samevattende stelling: Die
Lewende dinge, met Organismes in ekosisteme is enorme diversiteit van
inbegrip van mense en vir hul oorlewing afhanklik lewensvorme kan verstaan
onsigbare organismes, kan van die teenwoordigheid word in terme van ’n
in terme van lewens- van abiotiese faktore en van geskiedenis van verandering
prosesse, funksionele hul verwantskap met ander in omgewings en in
eenhede en stelsels verstaan organismes. eienskappe van plante en
word. diere regdeur die wêreld
oor miljoene jare heen.

Grondslagfase

1 Baie van ons liggaams- 3 Ons is afhanklik van 6 Daar is ’n groot verskei-
dele, soos ledemate, kop, plante en diere vir kos. denheid plante en diere
oë, ore, voete, stem oor- Ons teel sekere diere en wat interessante sigbare
een met dele van diere, kweek sekere plante as verskille het, maar ook
en in baie gevalle gewasse. ooreenkomste
gebruik diere dit vir die- 4 Ons sien kulturele waarvolgens hulle
selfde doeleindes as ons. diversiteit in die soorte gegroepeer kan word.
2 Diere en plante het kos waarvan mense hou. 7 Plante en diere verander
soortgelyke behoeftes as 5 Party diere, soos vlieë soos hulle groei, soos die
ons ten opsigte van kos, en bosluise, dra kieme jare verbygaan en soos
water en lug. wat mense kan siek die seisoene verander.
maak.

Intermediêre Fase

1 Groen plante produseer 5 Diere kan nie hul eie 10 Nuwe plante kan uit
hul eie voedsel en groei voedsel maak nie; dus sommige dele van ’n
deur water en stowwe eet baie diere plante ouerplant groei. Dit
uit die lug en grond te terwyl sommige diere word vegetatiewe
gebruik. Ligenergie is ander diere eet. Alle voortplanting genoem
nodig om hierdie diere is uiteindelik en daarvoor is saad nie
eenvoudige stowwe in afhanklik van groen nodig nie. Die nuwe
voedsel en plant- plante vir hul voedsel. plante het almal die
materiaal te verander. eienskappe van die
Groen plante is die ouerplant.
enigste organismes wat

Kernkennis en -begrippe vir Die Lewe en Lewende Dinge

72
................................................................. 17

Natuurwetenskappe

Lewensprosesse en Interaksie in Omgewings Biodiversiteit,


Gesonde Leefwyse Verandering en
Kontinuïteit
Intermediêre Fase
voedsel in hul eie 6 Ekosisteme is selfonder- 11 Geslagtelike voort-
liggame kan produseer. houdende gebiede waar planting is die proses
2 Lewende dinge het ’n wye verskeidenheid waardeur twee
voedsel nodig vir plant- en diersoorte leef individuele plante of
energie, om te beweeg, en voortplant. Hulle is diere ’n ander geslag
om te groei en skade afhanklik van mekaar individue produseer.
aan hul liggame en van die nielewende Die volgende geslag
(“weefsels”) te herstel. omgewing. Die lewe en individue lyk soos die
Diere, insluitend mense, voortplanting van al die ouers, maar hulle verskil
het ’n spysvertering- organismes in ’n eko- altyd effens van die
stelsel om voeding- sisteem is afhanklik van ouers of van mekaar
stowwe uit voedsel te die voortdurende groei (“variasie”).
kry. Mense het ’n en voortplanting van 12 Suid-Afrika het ’n ryk
gebalanseerde dieet uit plante. fossielrekord van diere
spesifieke voedsel- 7 Organismes se habitat is en plante wat baie
groepe nodig om gesond die plek waar hulle kos miljoene jare gelede
te bly. kry, wegkruip, kleintjies gelewe het. Baie van
3 Alle lewende dinge kan kry en, in baie gevalle, hierdie diere en plante
op verskillende maniere die kleintjies beskerm was anders as dié wat
op hul omgewing totdat die kleintjies ’n ons vandag sien. Party
reageer: diere, insluitend beter kans op oorlewing hedendaagse plante en
mense, het gespesiali- het. Diersoorte leef in ’n diere toon sterk ooreen-
seerde sintuie. verskeidenheid sosiale komste met fossiele van
patrone in hul habitat oeroue plante en diere.
(alleen, saam met ’n Ons lei uit die
lewenslange maat, of in fossielrekord en ander
troppe of kolonies). geologiese waarnemings
8 Ekosisteme is van die af dat die diversiteit van
grond afhanklik. Grond lewende dinge,
word deur natuurlike natuurlike omgewings
prosesse van rotse en en klimaatstoestande
dooie plant- en lank gelede anders was.
diermateriaal gevorm. (Skakel met fossiele in
Dit neem egter ’n baie Die Aarde en die
lang tyd om te vorm. Ruimte.)
Stowwe wat deur plante
uit die grond opgeneem
word, moet vervang
word om die vrugbaar-
heid van die grond in

Kernkennis en -begrippe vir Die Lewe en Lewende Dinge

73
18 .................................................................

Hersiene Nasionale Kurrikulumverklaring Graad R–9 (Skole)

Lewensprosesse en Interaksie in Omgewings Biodiversiteit,


Gesonde Leefwyse Verandering en
Kontinuïteit
Intermediêre Fase

4 Lewende dinge kan stand te hou. (Skakel


hulself beweeg; diere, met grond in Die Aarde
insluitend mense, kan en die Ruimte.)
hulself van plek tot plek 9 Water speel ’n belang-
beweeg. Baie soorte rike rol in ekosisteme
diere beweeg hulself deurdat dit sowel plant-
deur middel van spiere as dierelewe onderhou.
wat aan een of ander Industriële, landbou- en
soort skelet, binne of huishoudelike bedrywig-
buite die liggaam, hede kan ’n ernstige
vasgeheg is. impak hê op die gehalte
en hoeveelheid van die
water wat in ’n gebied
beskikbaar is. (Skakel
met Die Aarde en die
Ruimte.)

Senior Fase

1 Mense ondergaan fisieke 10 Menslike voortplanting 16 Die nakomelinge van


veranderinge soos hulle is meer as bevrugting en organismes verskil in
ouer word. Puberteit geboorte; dit vereis dat geringe mate van hul
beteken dat die liggaam volwassenes kinders ouers en gewoonlik van
gereed is vir geslagtelike grootmaak, wat oordeel mekaar. Dit word varia-
voortplanting. en waardes vereis, en sie in ’n spesie genoem.
2 Menslike voortplanting gewoonlik afhang van 17 Natuurlike seleksie ver-
begin met die saam- die gedrag van ander oorsaak dat daardie
smelting van geslagselle mense in ’n gemeenskap individue van ’n spesie
van die moeder en en omgewing. wat nie die eienskappe
vader. Dié selle dra die 11 Elke dierspesie toon besit wat hulle in staat
patrone van sommige spesifieke gedrag wat sou stel om suksesvol in
eienskappe van albei. hulle in staat stel om hul omgewing te oorleef
3 Bevrugting word gevolg kos te kry, ’n maat te en voort te plant nie,
deur ’n reeks verande- vind, voort te plant, doodgaan. Individue wat
rings in die moeder se kleintjies groot te maak, die nodige eienskappe
liggaam, en gedurende in ’n bevolking van het, plant suksesvol
hierdie tydperk kan die dieselfde spesie te lewe, voort en party van hul
toekomstige gesondheid of van bedreigings in die nakomelinge besit
van die ongebore kind bepaalde omgewing te daardie suksesvolle
geraak word. ontsnap. Hierdie eienskappe. Natuurlike

Kernkennis en -begrippe vir Die Lewe en Lewende Dinge

74
Natuurwetenskappe

Lewensprosesse en Interaksie in Omgewings Biodiversiteit,


Gesonde Leefwyse Verandering en
Kontinuïteit
Senior Fase

4 Kennis van hoe om die waartydens die spesie- wanneer die omgewing
oordrag van seksueel bevolking in dieselfde verander; dit kan daartoe
oordraagbare siektes, omgewing gewoon het. lei dat die spesie uitsterf.
insluitend die MI-virus, te 12 Alle organismes het 18 Variasies in menslike
voorkom, moet deur aanpassings ontwikkel om biologiese eienskappe
gedragskeuses gevolg in hul habitat te oorleef soos velkleur en lengte is
word. (soos aanpassings om hul gebruik om groepe mense
5 Groen plante gebruik waterbalans te bewaar, om te kategoriseer. Hierdie
sonenergie, water en die soort kos wat hulle biologiese verskille dui
koolstofdioksied uit die nodig het te vind en te eet, nie op verskille in die
lug om voedsel deur en aanpassings vir natuurlike vermo‘ns van
fotosintese te vervaardig. voortplanting, beskerming die betrokke groepe nie.
DiŽ chemiese reaksie of ontsnapping van Sulke kategorisering van
vorm die kern van die roofdiere). groepe volgens biologiese
vermo‘ van alle 13 Õn Ekosisteem onderhou verskille is n—g
organisme om op die talle voedselkettings en wetenskaplik geldig n—g
aarde te oorleef. daar is mededinging presies; dit is Õn sosiale
6 Diere, insluitend mense, tussen verskillende beskouing.
benodig prote•en, vet, individue en bevolkings. 19 Biodiversiteit stel eko-
koolhidrate, minerale, Suid-Afrika het sekere sisteme in staat om lewe
vitamiene en water. ekosisteme wat buiten- te onderhou en van
Voedsel wat ingeneem gewone biodiversiteit veranderings aan die
word, word in die liggaam bevat. Alle gebruike van omgewing te herstel.
deur die ingewande hierdie gebiede moet op Verlies aan biodiversiteit
geabsorbeer. beginsels van volhoubare affekteer die kapasiteit
Surplusvoedsel word as ontwikkeling gebaseer van ekosisteme en die
vet of koolhidrate gestoor. wees. aarde om lewe te
14 Besoedeling meng in met onderhou. Klassifikasie is
natuurlike prosesse wat Õn manier om die groot
die interafhanklikheid en diversiteit van organismes
diversiteit van Õn te organiseer en dit
ekosisteem onderhou. makliker te maak om dit
te bestudeer. Die twee
hoofkategorie‘ diere is die
gewerweldes en ongewer-
weldes. Onder die
gewerweldes is daar vyf
klasse: amfibie‘, vo‘ls,
visse, reptiele en
soogdiere.

Kernkennis en -begrippe vir Die Lewe en Lewende Dinge

75
Lewensprosesse en Interaksie in Omgewings Biodiversiteit,
Gesonde Leefwyse Verandering en
Kontinuïteit
Senior Fase

7 Diere, insluitend mense, 15 Baie biologiese verande- 20 Menslike aktiwiteite, soos


het Õn sirkulasiestelsel wat rings, insluitend ontbin- die inbring van
die hart, are, slagare en ding en herwinning van indringerspesies, habitat-
kapill•re bloedvate insluit. materie in ekosisteme en vernietiging,
Dit vervoer voeding- menslike siektes, word bevolkingsgroei en oor-
stowwe en suurstof na alle veroorsaak deur klein matige verbruik, lei tot Õn
dele van die liggaam en organismes wat vinnig verlies aan biodiversiteit.
verwyder afvalprodukte. voortplant. Dit word duidelik
Suurstof wat deur die wanneer meer spesies
asemhalingstelsel voorsien bedreig raak, of uiteinde-
word, reageer met voe- lik uitsterf.
dingstowwe om energie 21 Natuurlike gebeurtenisse
vry te stel. (Skakel met veroorsaak ook dat spesies
Energie en Verandering.) uitsterf. Massa-
8 Alle lewende dinge, uitsterwings het in die
insluitend mense, beskik verlede plaasgevind, wat
oor middele om van ons laat dink dat enorme
afvalprodukte wat omgewingsverandering
gedurende lewensprosesse moontlik plaasgevind het.
geproduseer word, ontslae Hierdie veranderings het
te raak. Water speel Õn egter baie stadig gebeur,
belangrike rol in hierdie in vergelyking met die
proses. vinnige tempo waarteen
9 Õn Groot deel van lewende mense plant- en diersoorte
dinge bestaan uit water, en kan uitroei. (Skakel met
hul gesondheid hang af Die Aarde en die
van water wat op Ruimte.)
verskillende maniere deur 22 Die sel is die basiese
hul liggaam vloei. eenheid van die meeste
Strukture soos die niere, lewende dinge. Õn
vel of mond vervul hierdie Organisme kan uit een of
funksie. baie selle ontwikkel. Selle
gaan self voort met
lewensprosesse soos
voeding, respirasie,
uitskeiding en voort-
planting, wat die lewe van
die organisme as geheel
onderhou.

76
L&L Gr6 AFR 2/22/07 8:41 AM Page 82

8 ..................................................................

Leeruitkoms 1: Wetenskaplike Ondersoek


Die leerder is in staat om met selfvertroue op weetgierigheid oor natuurlike verskynsels te reageer, en om
binne die konteks van wetenskap, tegnologie en die omgewing verbande te ondersoek en probleme op te los.

Graad R-vlak Graad 1-vlak Graad 2-vlak Graad 3-vlak Graad 4-vlak

Beplanning van ondersoek


Leerder dra by tot Leerder beplan ’n Leerder beplan ’n Leerder gebruik Leerder dra idees
die beplanning ondersoek ondersoek as deel die materiaal wat oor bekende
van ’n ondersoe- onafhanklik. van ’n groep. deur die groep ge- situasies,
kende aktiwiteit. kies is om die behoeftes of
groep se plan te materiaal by en
kommunikeer. identifiseer
interessante
aspekte wat tot
ondersoek kan lei.

Uitvoering van ondersoek en versameling van data


Leerder neem deel Leerder neem onaf- Leerder neem onaf- Leerder neem kon- Leerder ondersoek
aan beplande hanklik deel aan ’n hanklik of as deel struktief aan die die moontlikhede
aktiwiteit. beplande aktiwiteit. van ’n groep deel aktiwiteit deel en in beskikbare
aan beplande verstaan die doel materiaal en vind
aktiwiteit. daarvan. uit hoe dit gebruik
kan word.

Evaluering van data en kommunikasie van bevindings


Leerder dink en Leerder dink oor Leerder wys en ver- Leerder verduidelik Leerder praat oor
praat oor wat wat gedoen is en sê duidelik wat beplan en dink na oor waarnemings en
gedoen is. wat uitgevind is. is en hoe dit gedoen watter optrede be- stel moontlike
is. plan is en of dit skakels met ander
moontlik was om situasies voor.
hierdie plan uit te
voer.

82
L&L Gr6 AFR 2/22/07 8:41 AM Page 83

.................................................................. 9

Graad 5-vlak Graad 6-vlak Graad 7-vlak Graad 8-vlak Graad 9-vlak

Beplanning van ondersoek


Leerder lys, met Leerder help om Leerder beplan Leerder identifiseer Leerder beplan ’n
bystand, wat fokusvrae vir eenvoudige toetse faktore wat in prosedure om
bekend is oor ondersoek duidelik en vergelykings en ondersoek in ag voorspellings of
bekende situasies te maak en beskryf dink na oor hoe om geneem moet word hipoteses te toets,
en materiaal en die soort inligting dit billik te maak. en beplan maniere met beheer van ’n
stel vrae vir wat benodig sal om data daaroor te steurende
ondersoek voor. word om die vraag versamel, oor ’n veranderlike.
te beantwoord. verskeidenheid
waardes heen.

Uitvoering van ondersoek en versameling van data


Leerder voer Leerder voer Leerder organiseer Leerder versamel en Leerder dra by tot
instruksies en eenvoudige toetse en gebruik toerus- teken inligting aan, stelselmatige
prosedures uit wat of opnames uit en ting of bronne om so akkuraat as wat dataversameling
’n klein aantal teken waarnemings inligting te versamel toerusting toelaat en ten opsigte van
stappe behels. of reaksies aan. en aan te teken. ondersoekdoeleindes akkuraatheid,
vereis. betroubaarheid en
die nodigheid om
’n veranderlike te
beheer.

Evaluering van data en kommunikasie van bevindings


Leerder doen Leerder bring Leerder veral- Leerder dink na oor Leerder soek
verslag oor die waarnemings en gemeen ten opsigte die mate waarin patrone en
groep se prosedure reaksies in verband van die relevante die gevolgtrekkings tendense in die
en die resultate met die fokusvraag. aspek en beskryf wat bereik is, data wat versamel
wat verkry is. hoe die data die redelike antwoorde is en veralgemeen
veralgemening op die fokusvraag ten opsigte van
steun. van die ondersoek eenvoudige
is. beginsels.

83
L&L Gr6 AFR 2/22/07 8:41 AM Page 84

Leeruitkoms 2: Konstruksie van Wetenskapkennis


Die leerder ken, interpreteer en pas wetenskaplike, tegnologiese en omgewingskennis toe.

Graad 4-vlak Graad 5-vlak Graad 6-vlak

Onthou van betekenisvolle inligting wanneer benodig


Leerder gebruik, ten minste, eie Leerder gebruik, ten minste, eie Leerder beskryf, ten minste, die
vlotste taal om voorwerpe, vlotste taal om kenmerke van kenmerke wat een kategorie dinge
materiaal en organismes te noem voorwerpe, materiaal en van ’n ander onderskei.
en te beskryf. organismes te noem en te beskryf.

Kategorisering van inligting om kompleksiteit te verminder en patrone te soek


Leerder sorteer voorwerpe en Leerder skep eie kategorieë Leerder kategoriseer voorwerpe
organismes na aanleiding van ’n voorwerpe en organismes en en organismes na aanleiding van
sigbare eienskap. verduidelik eie reël vir twee veranderlikes.
kategorisering.

Interpretasie van inligting


(Daar is geen verdere assessering- (Daar is geen verdere assessering- Leerder interpreteer, ten minste,
standaarde vir hierdie leeruitkoms standaarde vir hierdie leeruitkoms inligting deur alternatiewe vorme
in graad 4 nie.) in graad 5 nie.) van dieselfde inligting te gebruik.

Toepassing van kennis op probleme wat nie eksplisiet onderrig word nie
(Daar is geen verdere assessering- (Daar is geen verdere assessering- (Daar is geen verdere assessering-
standaarde vir hierdie leeruitkoms standaarde vir hierdie leeruitkoms standaarde vir hierdie leeruitkoms
in graad 4 nie.) in graad 5 nie.) in graad 6 nie.)

84
L&L Gr6 AFR 2/22/07 8:41 AM Page 85

Graad 7-vlak Graad 8-vlak Graad 9-vlak

Onthou van betekenisvolle inligting wanneer benodig


Leerder onthou, ten minste, Leerder onthou, ten minste, Leerder onthou, ten minste,
definisies en komplekse feite. prosedures, prosesse en beginsels, prosesse en modelle.
komplekse feite.

Kategorisering van inligting om kompleksiteit te verminder en patrone te soek


Leerder vergelyk kenmerke van Leerder pas klassifikasiestelsels op Leerder pas veelvuldige
verskillende kategorieë voorwerpe, bekende en onbekende voorwerpe, klassifikasies op bekende en
organismes en gebeurtenisse. gebeurtenisse, organismes en onbekende voorwerpe,
materiaal toe. gebeurtenisse, organismes en
materiaal toe.

Interpretasie van inligting


Leerder interpreteer inligting deur Leerder interpreteer inligting deur Leerder interpreteer inligting deur
kernidees in die teks te getabuleerde data na grafieke te lyngrafieke na teksbeskrywings te
identifiseer, patrone in verander, deur data van grafieke verander, en omgekeerd, deur uit
aangetekende data te vind en af te lees en deur voorspellings na patrone in tabelle en grafieke te
gevolgtrekkings te maak uit aanleiding van patrone te maak. ekstrapoleer om te voorspel hoe
inligting in verskeie vorme een veranderlike sal verander,
(bv. prente, diagramme en deur verbande tussen verander-
geskrewe teks). likes in tabelle en grafieke te
identifiseer, en deur moontlike
verbande tussen veranderlikes te
hipoteseer (veronderstel).

Toepassing van kennis op probleme wat nie eksplisiet onderrig word nie
Leerder pas konseptuele kennis Leerder pas konseptuele kennis Leerder pas beginsels toe en bring
toe deur ’n begrip wat onderrig is op ietwat onbekende situasies toe relevante begrippe in verband
met ’n variasie van ’n soortgelyke deur na gepaste begrippe en met mekaar om oplossings vir
situasie in verband te bring. prosesse te verwys. ietwat onbekende probleme te
ontwikkel.

85
L&L Gr6 AFR 2/22/07 8:41 AM Page 86

Leeruitkoms 3: Wetenskap, die Samelewing en die Omgewing


Die leerder is in staat om begrip van die onderlinge verband tussen wetenskap en tegnologie,
die samelewing en die omgewing te toon.

Graad 4-vlak Graad 5-vlak Graad 6-vlak

Begrip van wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis
Leerder beskryf hoe plaaslike Leerder identifiseer maniere Leerder beskryf ooreenkomste in
inheemse kulture wetenskaplike waarop produkte en tegnologie uit probleme en oplossings in eie en
beginsels en tegnologiese ander tye en kulture aangepas is. ander samelewings in die hede,
produkte vir spesifieke doeleindes die verlede en moontlik in die
gebruik het en steeds gebruik. toekoms.

Begrip van die impak van wetenskap en tegnologie op die omgewing en op mense se lewens
Leerder identifiseer kenmerke van Leerder identifiseer die positiewe Leerder stel maniere voor om
tegnologiese toestelle rondom hom en negatiewe uitwerking van tegnologiese produkte en
of haar, en sê wat die doel en nut wetenskaplike ontwikkelings of prosesse te verbeter en om die
daarvan is. tegnologiese produkte op die negatiewe uitwerking daarvan op
gehalte van mense se lewens die omgewing te verminder.
en/of die omgewing.

Herkenning van vooroordeel in wetenskap en tegnologie wat mense se lewens raak


Leerder identifiseer probleme wat Leerder beskryf die uitwerking Leerder stel maniere voor waarop
sommige mense moontlik met die wat ’n gebrek aan toegang tot tegnologiese produkte en dienste
gebruik van tegnologiese toestelle tegnologiese produkte en dienste toeganklik gemaak kan word vir
kan hê. op mense het. diegene wat tans daarvan
uitgesluit is.

86
L&L Gr6 AFR 2/22/07 8:41 AM Page 87

87